Filtered by:
Series: Levubu geskiedenis Mp3
September 16, 2022
Series: Levubu geskiedenis Mp3
September 8, 2022
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. In hierdie vertelling word gekyk hoe die Zoutpansberg distrik in die ZAR, waarvan die Levuvu-vallei deel was, in die jare 1886 tot 1897 die hoof voedsel produsent geword het vir die ZAR se goudvelde se verstedelikende inwoners deur ‘n tyd van malaria, slaapsiekte, droogte, runderpes en oorlog
September 5, 2022
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. In hierdie vertelling gesels Charles Leach oor van die heel eerste families in en om Levubu. Die Leach-familie is al vir 7 geslagte deel van die Levubu geskiedenis.
August 18, 2022
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. Hierdie vertelling verhaal die eerste Levubu nedersetting wat gevorm is in die jare 1870 tot 1888 en die ontruiming van hierdie plase deur die Tweede Vryheidsoorlog
January 4, 2017
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Retief, Pieter Eduard Retief Redelinghuys, gebore 5.11.1937 in die Paarl vertel hoe die Retiefs in Levubu aangekom het en van die jare van die 1939 en 1954 vestiging. Retief is na sy skooljare op Paarl Gimnasium na Australie om daar praktiese ondervinding in piesangboerdery op te doen. In 1957 het hy terug gekom en met piesangs in Levubu begin boer. Hy het diep spore in die piesangbedryf getrap en was jarelank ook op die piesangbeheerraad.
December 23, 2016
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Lionel Hartman gesels oor sy Levubu jare. Oom Lionel Hartman gesels oor die 1966 droogte, die nuwe ontwikkeling en uitbreiding van die pynappelbedryf in Levubu in die sestigs en sewentigs, Nthume sendingstasie en die vennootskap tussen Lionel en Piet de Jager, die ontwikkeling binne die Levubu kooperasie, die opkoms van die derde geslag jongboere in die 80’s en sy persoonlike lewe.
December 22, 2016
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Lionel Hartman gesels oor Levubu. Oom Lionel gesels oor die stigting van die eerste piesangsbemarkingsmaatskappy, die stigting van die Levubu Kooperasie, die skouervryf tussen gevestigde boere en proefhuurders, die reel van boeredae as inligtingsgeleentheid oor nuwe boerderytegnieke, die ontwikkeling van die E persele en die bestuur en uitleg van die Levubu nedersetting.
December 21, 2016
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Lionel Hartman gesels oor Levubu. Oom Lionel gesels oor die opleef van die piesangbedryf in 1952 -, die eerste pynappelbedryf in Levubu en die sitrus bedryf. Ook oor paaie, produkte en markte. Hy gesels oor die 1954 perseelontwikkeling na die bou van die Albasinidam en die opleef van die skoolgemeenskap deur hierdie invloei van nuwe boere.
December 20, 2016
Series: Levubu geskiedenis Mp3
Lionel Hartman gesels oor Levubu. Oom Lionel was sedert vroeg vyftigs boer op Levubu. Hy was van die begin af betrokke by die gemeenskap en NG Gemeente. Hy was die laaste jare van sy lewe leierouderling van die NG Kerk en die kulturele leier van die Levubugemeenskap. In hierdie gedeelte gesels hy oor sy studentejare, sy werk in Tanganyika en Swaziland en sy eerste jaar in Levubu.