Clear

Filtered by:

Series: Geloofsonderrig

  • January 25, 2017

    Hierdie is ‘n opsomming en oorsig van die hele “Geloofsonderrig” kursus. Dit gee die trefwoorde van die geloofsinhoud met kort stellings en wys ook die samehang van ons geloof in die evangelie en die liefde vir die Here. Hierdie opsomming word elke jaar deurlopend hersien soos wat die kursus se inhoud aangepas word.

  • January 24, 2017

    Inleiding.

    Hierdie kursus is ʼn geloofsonderrig in die openbaring van God se liefde in die Bybel. Sy liefde waardeur hy in sondaars ʼn wederliefde skep. Die openbaring van die Here in die Bybel gaan oor liefde: sy liefde vir ons en ons liefde vir Hom.

    Hierdie twee dele word deur Paulus opgesom as geloof en liefde. Dit beteken die geloof in die liefde wat God ons by insluit en laat deel. Hy noem dit geloof omdat ons in hierdie liefde van God vir ons glo. En liefde beteken die Here skep in ons ʼn liefde vir Hom volgens sy wet.

    Hierdie geloofskursus wys wat is hierdie liefde wat God vir ons by insluit en wat is die liefde wat Hy in ons vir Hom en mense skep.

    Wat hierdie kursus anders maak is dat dit nie net wys hoe God sy liefde vir ons en ons liefde vir Hom openbaar, en ons daarin laat deel nie, maar dit wys die hele tyd die verskil tussen liefde en geestelike mag. Dit is wat afgodsdiens is: dit is die kunstigheid om God se liefde vir ons en ons liefde vir God te verdraai om geestelike mag te wees. Elke deel van die Bybel wys hoe God sy liefde meedeel terwyl goddeloses hierdie liefde verdraai in hulle eie gemoed om niks anders as geestelike mag te wees nie.

    Wat hierdie kursus nog anders maak is dat dit wys hoe hierdie afgodsdiens vandag besig is geloof en liefde te verdraai om geestelike mag te wees binne die Christelike kerke. Predikante, leraars, dominees, pastore, priesters en geestelike leiers is grotendeels vandag met afgodsdiens besig. Hulle verdraai liefde om geestelike mag te wees.

    Die naam vir wat hulle mee besig is, is die moderne Christelikheid. Hierdie uitdrukking beskryf die moderne afgodsdiens. Dit is moderne goddeloosheid. Dit wil lyk soos die liefde wat Christene by God ontvang en vir Hom het, maar dit is net ʼn voorwendsel. Dit wil net so lyk. Dit wil nie so wees nie. Dit wil goddeloosheid wees in die skyn van godsdiens. Dit is wat afgodsdiens volgens die Bybel is. Dit is goddeloosheid met die voorkoms of skyn van godsdiens. Dit is geestelike mag met die voorkoms of skyn van liefde.

    Hierdie kursus onderrig mense in die liefde wat God in die Bybel openbaar en terselfdertyd wys dit ook hoe die moderne Christelikheid hierdie liefde verdraai om geestelike mag te wees. Dit gee jou die vermoë om die liefde van God te kan onderskei van die geestelike mag van die moderne Christelikheid. Hierdie verdraaiing is so diep en algemeen dat gelowiges binne die kerk nie meer die verskil ken nie en so van die liefde van God en vir God vervreem is, terwyl hulle kinders van die Here is. Dit is die probleem wat hierdie kursus aanspreek: om mense wat God in sy liefde insluit maar deur geestelikes daarvan vervreem word, weer God se liefde te help ontdek as anders as die geestelike mag waarin hulle in kerke mee gedissiplineer word.

    Hierdie kursus is daarom bedoel om ʼn onderrig te wees in godsdiensvryheid. Die vryheid om deel van God de liefde te wees en om vry te leef met die wederliefde wat Hy in ons skep in sy wêreld, die vryheid van geestelike mag, afgodsdiens.

  • January 24, 2017

    VRAELYS OOR WET EN EVANGELIE: GELOOF EN WETSGEHOORSAAMHEID.
    Die volgende vrae gee jou die geleentheid om jou eie oortuigings te vind en te toets.

    Die vrae is ʼn hulpmiddel om jou te wys wat is jou eie oortuigings. Dit is nie ʼn vasvrakompetisie nie. Die vrae is so opgestel dat jou eie geloofsinhoude en godsdienstige oortuigings kan raaksien en kan onderskei van geloofsinhoude en oortuigings wat nie jou eie is nie. So kan jy agterkom wat glo jou en wat is jou waardes. Dit maak hierdie kursus anders. Ons wil nie net sommer dadelik sê wat sê die Bybel en dan moet jy dit net hoor en aanvaar nie. Hierdie manier werk nie. Want jy kry nie op hierdie manier kans om eers jou eie geloof en waardes te kan ontdek en herken nie.

    Het jy al ooit die geleentheid gehad om jou eie geloof en waardes te kan uitsorteer en om te sien wat leef in jou hart en gedagtes? Of moes jy nog maar altyd net hoor wat ander sê, aanvaar wat hulle oor die Bybel sê, sonder dat jy kans het om jou eie mening duidelik uit te sorteer? Dit is wat die vraelys doen. Dit vat die bekendste en algemeenste geloofsinhoude en gee jou ʼn kans om jou eie te kies en so te wys wat leef in jou eie gemoed: wat is jou eie geloofsinhoud en jou eie godsdienstige waardes!

    Ons gaan dit met elke gesprek doen, jou eers kans gee om jou eie mening te ontdek en dan gesprek te voer oor die inhoud van die Woord van die Here. Op hierdie wyse kan ons dan gesels oor jou eie oortuigings en geloofsinhoude en die inhoud van die Woord van die Here. Dit gee ons die geleentheid om te kyk hoe jou oortuigings en geloofsinhoude verskil of ooreenkom met die Woord van die Here.

    Dit gee jou ook die geleentheid om eie nuwe geloofsinhoude en geloofswaardes te ontdek. Dit gee jou ook die vermoë om verskille te kan raaksien en jouself los te maak van oortuigings en waardes wat jy gehad het, maar nie meer wil aanvaar nie. Dit gee ons dan ook die geleentheid vir gesprek: Hoekom glo jy glo en doen jy wat jy doen? Hoekom wys die Woord van God ons wat om te glo en wat om te doen? Die enigste manier waarop hierdie vraelys kan werk, is as jy dit gebruik om te kies wat jy regtig self glo. As jy dit invul omdat jy dink daar is iewers ʼn regte antwoord en jy raai die regte een, dan gaan jy jouself en ons bluf. Dan gebruik jy nie die geleentheid om jou eie mening te kan raaksien nie.

    Die eerste en belangrikste vraag is:
    1. Wat moet ons doen sodát God ons sondes vergewe?
    2. Wat moet ‘n mens doen sodát jy ‘n kind van God wórd?
    3. Wat moet ‘n mens doen sodát jy Hemel toe te gáán?
    Hoor en lees die vraag reg.
    Die aksent lê op die woorde: sodát, en ʼn kind van God wórd, hemel toe gáán. Wat moet ons doen sodat hierdie dinge regtig deel is van ons lewe!

    Merk jou eie oortuigings af.
    Maak teenoor die volgende antwoorde ʼn regmerk as jy saamstem dat dit is wat jy moet doen en ʼn verkeerdmerk as jy voel dit is nie iets wat ʼn mens moet doen nie om deur God vergewe te word, ʼn kind van God te word of om hemel toe te gaan nie. Byvoorbeeld. a. Jy moet om vergifnis vra. ×
    b. Jy moet sê dat jy jammer is. √

    Maak nog ʼn stel merktekens.
    Vir die meeste mense is hierdie drie sake maar dieselfde sake met dieselfde antwoorde. As dit so is, maak net een stel reg- of verkeerdmerkies na die sinne a tot u. Maar as jy voel dit is vir jou verskillende sake met verskillende antwoorde, dan kan jy vir elke vraag ʼn stel reg of verkeerdmerkies na sinne maak: een stel vir vraag een, vraag twee of vraag drie. Byvoorbeeld
    a. Jy moet om vergifnis vra. × √ ×
    b. Jy moet moet sê dat jy jammer is. √ √ ×

    Kies jou eie en sien wie jy is!
    Hier is die mees algemene oortuigings wat die meeste mense gewoonlik het.

    a. Jy moet vir God om vergifnis vra.
    b. Jy moet vir God sê dat jy jammer is.
    c. Jy moet berou hê oor jou sonde.
    d. Jy moet glo dat jy vergewe word.
    e. Jy moet die Evangelie glo.
    f. Jy moet beloof om dit nie weer te doen nie
    g. Jy moet probeer om dit nie weer te doen nie
    h. Jy moet volgens die Here se wil leef.
    i. Jy moet volgens die Tien gebooie leef.
    j. Jy moet probeer om die Here lief te hê
    k. Jy moet die Here liefhê.
    l. Jy moet Jesus in jou lewe innooi.
    m. Jy moet God in jou lewe innooi.
    n. Jy moet jou hart vir die Here gee.
    o. Jy moet God aanneem.
    p. Jy moet Jesus aanneem.
    q. Jy moet die beheer van jou lewe vir Jesus gee.
    r. Jy moet gereeld bid.
    s. Jy moet anders lewe.
    t. Jy moet glo Jesus het vir jou sondes gesterf.

  • January 23, 2017

    Hierdie kursus is so ontwerp dat u na hierdie les op skrif kan kyk terwyl u luister na die selfde les inhoud op mp3. Die pdf en mp3 lesse het ooreenstemmende titels. Hierdie les wys wat beteken die woord “wet”in die Bybel.

  • January 23, 2017

    Indien u net na hierdie les luister kan u die volgende Skrifgedeeltes in die Bybel gereed hou Exodus 20 Romeine 2 Psalm 119

  • January 22, 2017

  • January 22, 2017

    Die Skrifgedeeltes wat u gereed kan hou vir hierdie les is in volgorde Romeine 3 vers 20 Exodus 20 en Psalm 119

  • January 21, 2017

  • January 21, 2017

    U kan die volgende tekste gereed hou in volgorde vir die les
    Matteus 22 verse 34 tot 40
    Deutronomium 5 verse 1 tot 5
    Levitikus 19 vers 18
    Romeine 13 vers 9 en
    1 Johannes 5 vers 2