Clear

Filtered by:

Series: Nagevors en Gepubliseer

  • February 1, 2020

    Die moderne Christelikheid keer verbondskinders van die Here weg van Christus as Here en God om Jesus as afgod te ervaar. Met die moderne Christelikheid se drie godservarings van 1. God se bekering binne in die mens is, (wat hulle bekering en wedergeboorte noem), 2. God se ontlediging van sy krag binne die mens in (wat hulle vervulling met die gees noem) en 3. die mens wat ‘n uitbeelding van God word, ( wat hulle getuig noem), verdring hulle die geloof in en liefde vir God in gelowiges deur hulle identifikasie met God. Dit doen hulle deur die Woordbediening, die sakramente en kerklike tug as genademiddels binne die kerk van die Here op te eis as die magsmiddels vir hulle godsbedryf. Op hierdie wyse maak hulle van die kerk van die Here net nog ‘n kultus, net nog ‘n plek om afgodsdiens in te bedryf en te vier. Hierdie biografie van ds. PJ Kriel is ‘n geloofsgeskiedenis van hoe die moderne Christelikheid hom as verbondskind van die Here deur en in die NG Kerk van die Here vervreem het om Jesus as afgod te beleef. Dit is ‘n geloofsgeskiedenis waarin hy as verbondskind van die Here deur die Woord en sakramente se openbaringsinhoud weer geloof in en liefde vir die Here terug gevind het. Dit is ‘n geloofsgeskiedenis van hoe hy uit sy identifikasie met God weg gebreek het om Jesus weer as Here en God te kan vertrou en lief he deur die evangelie.

  • February 1, 2020

    Hierdie boek is die geloofgeskiedenis van die NG Gemeente Levubu van 1972 tot 1986. In hierdie tydperk het die lidmate in Levubu ʼn geloofsgemeenskap gevorm en ʼn welvarende landbougemeenskap geskep. Die boek wys hoe hulle as gelowiges deur afgodsdiens, wat in die NG Kerk as ʼn aanvaarde spiritualiteit gesien en bedryf word, gekaap was, sodat hulle as gelowiges in hulle eie gemeente deur hulle eie leraarspaar en mede-lidmate as onbekeerde en geeslose mense veroordeel was, en uit die geloofsgemeenskap wat hulle self oor jare opgebou het, verstoot is. Dit wys hoe die NG Kerk se kerklike vergaderinge en teologiese instellings hierdie kaping of ondersteun het of só geïgnoreer het, dat hulle in hierdie afgodsdiens bevange moes bly leef. Dit vertel ook hoe die lidmate weer die gemeente uit hierdie afgodsdiens bevry het om Christus weer onbevange as Here te kan aanbid. Hierin is die NG Gemeente Levubu se geskiedenis die verhaal van wat feitlik in elke NG Gemeente op een of ander manier afspeel.

  • January 30, 2020

    Geloofsdokument. Na die openbare optrede van dr. Manie Malan en die verslae van die NG Gemeente Levubu, het die NG Kerk twee innerlik teenstrydige geestelikhede as reg probeer regverdig. Hierdie boek het gewys dat die twee-en-een poging ʼn valse geestelikheid is.

  • January 30, 2020

    Speaker: Petrus Kriel

    Hierdie boek stel die afgodsdiens van die moderne Christelikheid se inhoud teenoor die Woord van God se openbaring. Dit wys die sogenaamde “evangeliese geestelikheid” uit as alternatief op die evangelie en wet. Dit wys ook op die impak wat dit op die gemeenskap het.

  • March 12, 2017

    Dr. Manie Malan het die ys gebreek in die NG Kerk. Hy het die probleem uitgewys bínne die NG Kerk wat tot en met hom nog net in binnegesprekke buite die openbare lewe van die NG Kerk gestel is: die NG Kerk bedien dieselfde verkeerde bekering, geloof en vroomheid as die Pinksterkerke. Voor Manie Malan is hierdie waarheid verdoesel met allerlei verduidelikings oor hoe mooi die “twee strome” in die NG Kerk mekaar aanpas, aanvul en verryk. Die gewildste ontkenning van die geestelike sweer binne die NG Kerk was om te praat van die mooi Gereformeerde leer en die warm evangeliese bekerings. Manie Malan het hierdie ontkenning deurbreek met sy boek “die Trojaanse Perd” en die afgodsdiens wat die NG Kerk bedien openbaar aan die orde gestel. Met die tydskrif “Swart op Wit” het hy hierdie innerlike teenstrydigheid binne die NG Kerk aangespreek.

    Die volledige versameling van “Swart op Wit” tydskrifte kan u hier op hierdie webwerf kry onder die hoof opskrif hierbo aan “Nagevors en gepubliseer”

  • March 8, 2017

    VDM was die tydskrif wat die inisiatief van dr. Manie Malan se tydskrif “Swart op Wit” opgevolg het. In hierdie inleiding kry u die vertelling van hoe VDM ontstaan het deur ds. Danie O’Reilly wat die redakteur van VDM was. Dit dien as inleiding vir die VDM tydskrifte wat u dan hier nou gratis kan lees.

  • March 8, 2017

  • March 8, 2017

  • March 8, 2017