Filtered by:
Series: Preke manuskripte
April 14, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys uit die verhaal van Daniël in die leeukuil die verskil tussen ‘n staatsdiens en staatsmag en hoe God ons as sy dienaars altyd bewaar om sy dienaars te bly deur alle magsverskuiwings deur in hierdie wêreld. Dit wys hoe God korrupte staatsamptenare die slagoffers van hul eie korrupsie maak.
April 7, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons en ons kinders ingedoop is in Christus en só deel in die seëninge van Christus. Dit wys hoe ons en ons kinders Christus se erfgename is. Ook hoe geestelikes ons kinders se plek in Christus se testament ongeldig probeer maak en Christus se testament vir ons en ons kinders met byvoegings probeer verander. Dit wys hoe hulle hul goeie wense as alternatief stel vir die seëninge van Christus in kinders se lewe.
March 17, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus in Getsemane sy Knegskap volgens Jesaja 53 aanvaar het, al wou Hy dit aanvanklik nie gedoen het nie. Christus weet Hy moet die haat van die Vader in Homself dra sodat sondaars nooit godverlate sal wees nie. Deel van sy Knegskap is dat sy dissipels nie in Hom as die Kneg glo nie en Hom daarom ook nie ondersteun nie maar verlaat. In die geestelike narsisme van vandag wil mense hul eie angste inleef in wat met Jesus Christus in Getsemane gebeur het en nie die rus vind in sy godverlatenheid nie .
March 10, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die godsdienstige raad van die Jode die moord van Jesus moord beplan, georganiseer en uitgevoer het omdat Hy die offerkultus afgeskaf het en alle magsposisies van die offerkultus beëindig het. Dit wys hoe geestelikes vandag die karaktermoord van Jesus Christus pleeg om hulle offerkultus en geestelike magsposisies binne hulle offerkultus binne die kerk van die Here te kan behou.
March 3, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud hierdie preek wys dat Jesus Christus met sy donkie-intog in Jerusalem gewys het Hy is die Messies-Koning wat die Kneg van Jesaja 53 is wat God se beloftes vir ons vervul. Hy is nie wie mense droom en wens Hy moet wees nie. Hy is nie die Leier van die onderdruktes teen die onderdrukkers wat die Joodse nasionaliste begeer het, die leier van die offerkultus wat mense in skuld voor God stel wat die priesters begeer het nie en ook nie die rolmodel vir die geestelike reëls waarmee die Fariseërs die wêreld wou transformeer na ‘n godstaat toe nie. Ons is die kerk van die Messias wat die Kneg was en so vir ons ‘n vrederyk geskep het.
February 25, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die Here deur ons die ewige lewe te gee, bevry het van die magsbeelde van die goddelose wêreld. Ons dien god as Een en Neig en respekteer ons naaste soos onsself. Ons respekteer nie alle gode en gee so absolute mag aan mense in ons lewe nie.
February 18, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat dit die barmhartigheid van God is waarin Hy Hom oor ons ontferm en nie vir ons skaam nie, wat ons die krag gee om ons van ons sondes te bekeer en nie ons sondes ons trots te maak nie. Geestelikes maak God die krag vir hulle sondes deur te maak asof hulle hul nie van ‘n sonde kan bekeer maar oor ‘n sonde hul self en eie lewe vir God moet opgee,
February 11, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe ons die volle heerlikheid van God ken deur in sy volle liefde met Hom te leef maar nie God in onsself te kan beleef asof ons een met Hom is in wie Hy as God is nie. Ons leef met God. Ons kyk nie na ‘n fliek oor God om Hom te beleef nie.
February 4, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die doop van ons en ons kinders wys dat die Here ons ‘n hartoorplanting gegee het deur die hart wat afgode aanbid te vervang het met ‘n hart wat God en sy wet liefhet. Ons innerlike besnydenis is dat ons ingeënt is in Christus en so die nuwe hart van God se verbond ontvang volgens Esegiël 36: 24 – . Die moderne christelikheid glo nie in die besnydenis van Christus nie, maar in selfverminking. Hulle vermink hulself deur hulle eie ek dood te reken, hul hart vir God te gee en ironies dan te glo hulle is deel van God se lewe – met hul selfverminking kry hulle weer die hart wat afgodsdiens beoefen. So probeer hulle ons kinders se nuwe harte vervang met die ou hart van afgodsdiens. .