Filtered by:
Series: MP3 Preke
May 22, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe gelowiges optree wanneer die regering hulle as staatsvyande verklaar en behandel omdat hulle die amp van owerheid as hul persoonlike magsposisie opeis en vertoon. Gelowiges neem die noodreg op om die dienste wat ʼn vervalle staat laat verbrokkel uit te voer en hulle diens ʼn teken te maak van God se heerskappy oor die owerhede van die wêreld. Gelowiges neem nooit nooddiens op as ʼn mag teenoor die owerheid nie.
May 15, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe sonde afhanklike verhoudings skep en gemeenskap disfunksioneel maak. Mense maak van bekering oorgawes aan die mag van afhanklike verhoudings en maak mekaar deur hulle geestelikheid mekaar se slawe. Deur ons sekerheid dat God ons altyd seën ook deur die kwaad wat ander ons aandoen, bly ons diensbaar en glo ons nooit in die mag van afhanklike verhoudings nie.
May 8, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen om aan te hou om sondes te doen en om in sonde voort te leef. Wanneer gelowiges sonde doen, moet hulle aan hulle doop dink. Die doop wys dat dit vir gelowiges onmoontlik is om in sonde voort te leef, al doen hulle nog sondes. Die Here het ons lewe ʼn lewe van diensbare liefde gemaak wat God vir Homself reg laat wees. Ons is nie besig om ons lewe vir God reg te maak deur ingestel te wees om al minder en minder sondes te doen nie. Ons is ingesteld op diensbare liefde en só is dit onmoontlik om in sonde voort te leef al doen ons nog sondes.
May 1, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud hierdie preek wys die verskil tussen om sonde te oorwin en om suksesvol of onsuksesvol te wees om met sondes op te hou. Die stryd wat gelowiges gewen het, is dat hulle hulself aan God se liefde kan toewy, al doen hulle nog sondes. Daarom is om sondes te doen en op te hou doen, soos veldslae in ʼn oorlog wat reeds gewen is. Die stryd was om aan God se liefde toegewy te wees, en dit is ʼn vir ons ʼn werklikheid deur Christus. In ons toewyding aan sy liefde kan ons dan soms suksesvol en soms onsuksesvol wees om met sondes op te hou.
April 28, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat in die gewelddadigheid van ʼn plaasmoord is ons God se drankoffer en nooit die skuld- en slagoffer wat geweldenare glo hulle ons maak en ons liggame voor uitstal nie. Daarom gee ons ons in ons doodsoomblik oor aan die Here en nie aan die mag van ons moordenaars nie. Dit doen ons as oorwinnaars terwyl hulle wat ons moor verslaan is in die triomftog van Christus.
April 24, 2022
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Inhoud Hierdie preek spreek die waarheidsoomblik in ons land aan dat die regstoepassing en regspleging disfunksioneel geword het. Dit is die werklikheid van die grusaamheid van plaasmoorde. Dit wys dat ʼn gelowige gemeenskap se opneem van hulle verantwoordelikheid binne ʼn vervalle staat en anargie ʼn plig en nie wraak is nie.
April 10, 2022
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen Jesus Christus wat godverlate vir sondaars aan die kruis gesterf het en die “ander Jesus” van Satan en die geestelikes van hierdie wêreld wat van die kruis afkom om hulle spirituele leier te word. Dit wys hoe mense met hul gehoorsaamheid God naby hulle spiritualiteit wil bring maar só godloos leef. Dit wys hoe Christus as godverlate Messias die enigste wyse is waarop God met ons as sondaars leef.
April 3, 2022
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Inhoud In hierdie lydenstyd preek word gewys dat Jesus Christus aanbidding van God skep terwyl die ander Jesus van die valse kerk roofaanbidding bedryf.
March 27, 2022
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Inhoud Hierdie preek vir lydenstyd wys die verskil tussen Jesus Chrístus en die ander Jesus. Jesus Christus wy ons in reinheid aan God se liefde. In ons reinheid gee ons liefde as toewyding. Die ander Jesusse van die wêreld gee mense belonings vir hul liefde. Daarom aanbid gelowiges een Here maar die wêreld soek sterk Jesusse met wie hulle hul liefde kan prostiteer