Filtered by:
Series: MP3 Preke
August 14, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat ons en ons kinders ingedoop is in Christus en daarom het ons ʼn Here wat ons altyd vir sy liefde heilig, foutloos en onberispelik maak. Omdat die Here ons so in sy liefde laat wees kan ons ʼn lewe kan lei wat waardig is; vrug kan dra met die goeie werke , aanhou om geduldig te volhard met wat ons moet doen en vervuld leef met die volle kennis van wat God van ons verwag.
August 10, 2022
Series: MP3 Preke
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. Hierdie vertelling berig hoe die Levubu vallei toeganklik geword vir die uitle van plase deur die gebiedsbeheer van die privaatweermag van Joao Albasini
August 7, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe God se goedheid ons ons sonde laat herken en bely as sonde. Deur ons nie te straf vir ons sonde, maar ons sonde as sonde te openbaar en vir ons goed te bly, skep God in ons ʼn gees sonder bedrog. ʼn Gees wat nie in sonde kan volhard nie, maar dit as sonde herken en bely. Bekering in Christene se lewe is nie hoe hulle God goed stem nie, maar net hoe hoe hulle ophou om in sonde te volhard.
August 5, 2022
Series: MP3 Preke
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. Hierdie vertelling wys hoe die Tonga en Afrikaanse gemeenskap in die Soutpansberg aangekom het
July 31, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys met die voorbeeld van Dawid en Batseba wat volharding in sonde beteken: volharding in sonde is verontmensliking van mense en ontgoddeliking van God. Dit is nie om met een of meer sondes in jou lewe te sukkel nie maar om ʼn sonde as liefde en geregtigheid te glo. Bekering in Christene se lewe is hoe hulle nie in sonde volhard nie.
July 29, 2022
Series: MP3 Preke
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. Hierdie vertelling fokus op die eerste politieke koninkryk wat gevorm is onder die Singo of Vhazenzi groep wat in 1688 – 1720 in die Soutpabsberg aangekom het.
July 25, 2022
Series: MP3 Preke
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. Hierdie vertelling gee ‘n oorsig oor die koms van die Venda gemeenskap in die Soutpansberg vanaf die Kameroen in die jaar 1000 n.C.
July 24, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die Here Jesus Christus kom om ons as sy kinders te verheerlik en om die wêreld te veroordeel. Sy wederkoms is vir ongelowiges die oordeelsdag, maar vir ons die dag waarin Christus ons in sy liefde sal verheerlik. Christus skei gelowiges van ongelowiges en behandel hulle verskillend: sy kinders verheerlik Hy en ongelowiges veroordeel Hy. Almal is nie maar vir die Here dieselfde nie en almal word nie deur die Here maar dieselfde behandel nie. Dit is die getuienis van die hele Woord van God.
July 22, 2022
Series: MP3 Preke
Hierdie vertellings vier die 50 jarige bestaan van die Levubu NG Gemeente en die 83 jarige bestaan van die Levubu gemeenskap. Hierdie vertelling gee ‘n geologiese beskrywing van die Soutpansberg, toegspits op die Levubu vallei