Filtered by:
Series: MP3 Preke
March 20, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Putin het die regte gesig van goddeloosheid vir die wêreld gewys: om absolute mag oor mense te hê. Hierdie preek wys hoe in goddeloosheid godsdiens as ʼn komplot teen menslikheid geglo word sodat hulle in hulself absoluut kan wees, maar hulle altyd voorhou as die slagoffers.
March 14, 2022
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Inhoud Hierdie preek wys hoe God God is vir ons in ons rousmart in die doodsoomblikke. God antwoord die vertwyfelde vraag of God nog steeds vir ons god in die dood kan wees in Christus met ʼn versekerde “Ja.” In Jesus Christus het God Homself bemagtig om alles wat Hy in ons lewe vir ons is, ook in en na die dood vir ons te wees.
March 13, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Christus verlos ons om vir God te leef. Ons deel een lewe met Christus as mens in die hemel. Só behoort aan Hom en daarom leef ons ons menslike lewe vir Hom. Wat ons as mens is, is ons saam met Hom en vir Hom! Wat ons as mens doen, doen ons saam met Hom en vir Hom! Goddeloses wil nie hul menslik lewe vir God leef nie. hulle wil God self beleef: hulle wil alles wat Hy as God in Homself is, as hul eie lewe en lewe, beleef.
March 6, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die Nagmaal bevestig dat ons ingesluit is en deel in die menswees van Christus van dag na vlees en bloed in die hemel en só met Chrístus as God versoen is. Die Nagmaal versterk ons geloof in ons vereniging met Chrístus se menswees vandag en ons geloof aan die kerk as sy liggaam, almal wie hy met Hom verenig. Uit hierdie geloof in Chrístus en aan sy kerk behandel ons mekaar volgens ons nuwe identiteit in Christus.
February 27, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat Chrístus sy kerk bou deur die geloofsvertroue in Hom dat Hy ons met Homself in sy menswees vandag verenig. Christus bou nie sy kerk deur ervarings, menings en opinies oor Hom nie.
February 13, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat ons in Christus en aan sy kerk glo. Dit is hoe ons die evangelie glo. Dit wys in die dubbele betekenis van die woord “liggaam” by Paulus waar dit tegelykertyd beteken die liggaam van Christus as mens in die hemel vandag en die kerk. Ons glo in wie Christus as mens is en aan die kerk wat met Christus verenig is. Die moderne Christelikheid verdraai die evangelie na “ons glo aan Christus en in die kerk. Hulle glo aan Christus as ʼn voorbeeld hoe geestelik hulle soos Jesus kan wees en in die groepe mense wat kamstig God se goddelikheid beliggaam, uitbeeld, uitleef en meedeel aan ander mense.
February 6, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus sy salwing met olie om Here te wees, verander het as ʼn salwing deur sy doop met water. Christus se doop met water is sy salwing om Here te wees. Daarom kan ons nooit soos Jesus gedoop word nie. Ons kan nie soos Hy as die Christus gedoop word nie. Ons word gedoop om te wys dat Christus ons so reg gemaak het dat ons alles kan onderhou wat God ons beveel. Ons onderhou alles wat God ons beveel as mense wat reg en heilig gemaak is.
January 30, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe God ons in ʼn vyandige openbare lewe instuur om Hom te dien, terwyl Hy self vir ons die uitkomste uit die gevare en bedreigings in ʼn vyandige openbare gemeenskap bewerk. Dit wys hoe goddelose predikante en pastore ons verlei om Christus as lewende Here te verloën om onsself teen vyandigheid en gevare uit die openbare gemeenskap te beveilig. Dit wys ook hoe Christus van hierdie geestelikes, hul byeenkomste en ondersteuners wyk om sonder hulle voort te gaan om Here van sy kerk te wees.
January 23, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here Jesus die lewende God is aan wie alle oorlog, botsings en konflik behoort. Hy beskik en bestuur dit alles om vir sy kerk die rus en veiligheid binne al die magte van hierdie wêreld te gee om Hom te aanbid. Die lewende God het een klip wat Dawid gegooi het in die geloof in die Here, gebruik om die Filistyne weermag te breek. In ons geloof in die lewende Here Jesus Christus sien ons die botsing van magte in die wêreld as dié van goddeloses teen die lewende God en sy kerk. Ons staar onsself nie blind teen die magte van die wêreld wat ons sien nie. Die Here oefen ons van kleinsaf in die vertroue dat ons Hom kan dien omdat Hy ons red uit die magte van hierdie wêreld.