Filtered by:
Series: MP3 Preke
March 19, 2026
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat terwyl die Here vir ons verlossing bewerk het Hy terselfdertyd deur sy verlossingswerk die dissipels goeie en betroubare getuies van sy lyding, kruisiging, dood en opstanding gemaak het. Die Here het net die dissipels getuies gemaak en niemand anders kan naas hulle die Here se getuies wees nie. Ons glo en leer die verkondiging en leer van die apostels, die betroubare getuies van die Here wat die Nuwe Testament vir ons as hulle getuienis gegee het. Hierdie preek wys ook hoe spirituele leiers hulle selfverklarings wil voorhou as of hulle die Here se getuies is sodat hulle ons spirituele vaders, gidse en leiers kan wees in die plek van die Here Jesus Christus.
March 8, 2026
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here aan die kruis die suurwyn drink om te bevestig dat Hy in die Nagmaal vir ons die beker met soetwyn gee. Hy drink ons oordeelsbeker van God sodat ons die beker drink waarmee die Here bevestig dat ons deel van God se genade, liefde, goedheid en barmhartigheid is. Dit wys ook hoe geestelikes die Nagmaalbeker vir ons ‘n oordeelsbeker maak waarmee ons in die Nagmaal God se oordeel oor onsself moet drink.
February 15, 2026
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die liefde van God waarby Hy ons insluit en die liefdesverklarings en geskenke waardeur hulle ons uitsluit van God se liefde. God se liefde kies ons, neem ons aan, maak ons heilig en onberispelik vir sy liefde deur die werke van Christus en die toeëning van die Heilige Gees. Spiritueles se “love bombing” onderwerp ons aan hulle mag waar geen liefde gegee of ontvang word nie.
January 11, 2026
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die toekoms van ons beplanning, ooreenkomste en afsprake teenoor ons toekoms binne God se verbondsbeloftes. Hierdie verskil speel uit in die gemeente Korinte tussen die Joodse geestelikes en Paulus. Hulle verwyt Paulus sy “ja’ is tegelykertyd “ja-ja” en ‘nee-nee”. Paulus antwoord hulle verwyt teen sy evangelie met die aankondiging: “want Jesus Christus, die Seun van God, wat deur ons aan julle verkondig is, deur my en Silvanus en Timoteus, was nie “ja” en “nee” nie – inteendeel in hom het dit “ja’ geword. Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle “ja”. Daarom sê ons deur Hom “amen” aan God, tot sy eer.” Twee evangelies in een gemeente! Die evangelie waar God jou ondernemings waarmaak met jou “ja” vir God teenoor die evangelie waar Jesus God se ondernemings waarmaak en jy net “amen” sê.
January 4, 2026
Series: MP3 Preke
Inhoud die hele geloofsonderrig waardeur ons toegang tot die Nagmaal kry word in die trefsin “Syne is myne en myne is Syne” saamgevat. Die evangelie is die goeie nuus van wat God met ons in christus doen. Dit is nie ‘n mooi storie oor God nie. In hierdie evangelie ontdek jongmense dat die Nagmaal verseël aan ons dat God ons liefhet ten spyte van ons sondigheid en sy liefde ons weer innerlik vernuwe om Hom ten spyte van ons sondige neigings volgens die Tien Gebooie te kan liefhê. Wie die Nagmaal nie so gebruik nie, Syne is myne en myne is Syne, eet en drink ‘n oordeel oor homself en is skuldig teenoor die liggaam en bloed van die Here. Want dan eet en drink jy die tekens so – my sondes is myne en sy heiligheid en regverdigheid is Syne. Dan word die Nagmaal tekens van hoe ek my hart en lewe vir God opoffer vir sondes en beloof om te probeer om heilig en regverdig te leef. – so maak jy jou deur die tekens van die Nagmaal skuldig voor God en stel jy jou met die tekens van die Nagmaal onder God se oordeel. Die teken wat God gebruik om presies net die teenoorgestelde aan jou te bevestig.
December 21, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Christus se geboorte begin die tyd waarin ons nie meer vir God sondaars is nie. In ons lewe begin ons sondeloosheid vir God vanaf die tyd wanneer ons ingelyf is in wie Jesus Christus as mens vandag is. vir ons as verbondskinders is dit van ons konsepsie af. God verlos ons van ons vyande wat ons weer sondaars vir God wil maak. Dit is wat Sagaria noem – die vergewing van hulle sondes, danksy ons God se genadige ontferming! (Luk. 1: 77) Vergifnis van sondes wat ‘n kragtige verlossing deur ‘n kragtie Verlosser is, is iets anders as die kragtelose boetedoening deur magtelose mense. Kragtige vergifnis is nooit kragtelose boetedoening nie.
November 30, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie wys hoe mense God se voorsienige sorg mites, legendes en stories van die verlede maak sodat God hulle visies, missies en toekomsdrome moet vervul asof dit God se eie droom is. So maak hulle van God die afgod van die verlede om hulle godloosheid hul toekoms te maak. God is wie Hy is en doen wat Hy as Skepper doen. Daarom is sy voorsienige besluite altyd iets nuuts en skep Hy deur hierdie nuwe dade vir sy volk altyd uitkoms uit die mag van goddeloses en ‘n toekoms deur die mag van goddeloses heen.
October 5, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil om in droomland of binne die beloftes van God in sy skepping te leef. In droomland is alle berigte oor die werklike land en gemeenskap vir mense skrikbeelde wat hulle in hul roeping en dagtaak laat vries, laat veg met mekaar en uit God se beloftes vlug. In ons vertroue in God se beloftes sien ons nie skrikbeelde van eie magtiges en wetteloses se grootsheid en ons nietigheid nie, maar hoe maklik hulle die prooi van hul eie goddeloosheid is, en maklik verslaan kan word. Wie God vertrou, besef die werklikheid van God se skepping, neem besluite oor hul roeping en bestuur en beplan hul dagtake.
August 30, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Gelowiges se toekoms lê in God se verbondstrou, nie die hoop op ‘n nuwe nasie of magsbedeling nie. God was, is en sal altyd vir ons deur alle magsbedelings, ouers en nuwes, God wees wat vir ons aan sy verbond met ons getrou bly. Die Here Jesus is nie die kerk se nasie-god wat die nuwe nasie en Afrika seën nie. Hy is die Here wat die minagting en verbreking van sy wet oordeel – en sulke nasies verniel en laat val. Al sing die spiritueles die hele dag lank in die tempels – God seën Afrika. God is die Here van die nasies en Hy beskik die opkoms en val van nasies deur die oordeel van sy wet. God het vir hulle wat ʼn nuwe nasie, nie die kerk van die Here in hierdie wêreld wou wees nie, die Here van die nasies geword: “Ja, so sê die Here, die hele land sal verwoes wees.”(Jer. 4: 27)