Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • March 30, 2025

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen rituele en sakramente. Rituele is menslike seremonies waardeur God niks doen nie. Sakramente is tekens waardeur God self handel. Rituele godsdiens is niks. Dit is nie regtig godsdiens nie. Regte godsdiens is om deel van die weldade van God se verbond te wees en dit bewerk Jesus Christus vir ons deur een offer eenkeer vir altyd. God haat rituele godsdiens want dit maak van Hom as God ‘n nabootsing en afbeelding en van mense goddelike wesens. Ons kinders se doop is hoe God regtig bekragtig dat Hy hulle harte regte gereinig het. Spirituele leiers maak van die doop iets wat nie regtig is nie sodat hulle hul rituele godsdiens regte godsdiens kan maak en van die liefde en goeie werke wat Christus deur sy een offer skep, net ‘n skadu in mense se lewens maak. Deur hul doop ‘n skadu te maak en van hulle rituele die regte geestelikheid te maak plaas spiritueles kinders in die posisie dat hulle God moeg en sat maak vir hulle.

  • March 24, 2025

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Homself die Christus gemaak het wat die Kneg van Jesaja 53 is in teenstelling met die Christus wie sy dissipels Hom wou gehad het. Jesus se dissipels het voor sy opstandig as lewende mens van vleis en bloed uit die dood nooit sy koninkryksvisie en missie aanvaar nie maar geglo in die koninkryksvisie en missie van die Duiwel – ‘n Christus wat welvaart bring, die tempel God se magsetel op aarde en wie hulle die spirituele oorheersers van alle nasies sal maak. Wie saam met Jesus wil ly om saam met Hom te regeer is besig met verbondsverbreking. Hulle wil God se oordeelsbeker en nie die Here se Nagmaalbeker drink nie. Die Here straf hierdie verbondsverbreking deur vir hulle wat sy verbond verbreek die valse Messias te wees in wie hulle wil glo en nie die Kneg te wees nie.

  • March 23, 2025

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here aan die kruis die beker met suur wyn gedrink het as teken dat net Hy alleen die oordeelsbeker van God drink sodat Hy vir ons die soetwyn van die Nagmaalsbeker gee wat bevestig ons leef in God se liefde en nie sy oordeel nie. Ons neem daarom die Nagmaalsbeker altyd op in die geloof – Syne is myne en myne is Syne – Hy is die sondaar in my plek en ek is heilig en reg vir God se liefde in sy plek. Die spiritueles van vandag maak die Nagmaalsbeker God se oordeelsbeker waarin jy met jouself doen wat met Jesus in sy lyding, kruisiging, dood en opstanding gebeur het sodat jy een met God se lewe, krag en mag kan wees.

  • December 22, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Ons moet ons kinders die teken gee dat hulle deel van die Here se kudde is en dat Hy hulle Goeie Herder is – die doop. Ons kinders is deel van die Here se kudde, nie deel van sy slagtrop as hulle nie hul self kan bewys teenoor God om deel van sy stoetery te wees nie. Kinders moet hulle self nie eers prysgee, weg gee of op hulle self opgee voor hulle vir God aanvaarbaar is nie. Ons moet Jesaja 40 lees saam met Jesaja 61 as die aankondiging vir wie God ook vir ons klein kindertjies is. Hy is die Slaglam sodat hulle ook as kinders in die Genadejaar van die Here kan leef. Hulle leef nie onder die gedwonge arbeid van hierdie wêreld se geestelikes en hulle afgodsbeelde nie. Hulle skuld vir al hul sonde is deur God afbetaal en vir hulle is daar ‘n dubbele straf gedra toe die Here as hulle slaglam aan die kruis al hul sonde vir altyd weg geneem het. (Jes. 40: 1, 2) So is die Here Jesus vir ons kinders die Goeie Herder wat hulle in sy arms teen sy bors dra. (Jes. 40:11)

  • December 7, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie is die preek met die bevestiging van proponent Johan Mostert deur ds. Petrus Kriel as die nuwe leraar van die NG Gemeente Levubu. Hierdie preek wys dat God self bedienaars van sy Woord skep in en deur die goddeloosheid van spirituele leiers wat die kerk hulle eie spirituele speelplek maak.

  • November 30, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus ons goeie Herder is volgens Psalm 23. Hy lei ons deur vir ons met sy lyding, kruisiging, dood en opstanding die regte pad oop te trap waarin ons Hom in vertroue kan volg. Die Here bewaar sy kerk deur hulle sy stem te laat ken en so nooit die stem van valse Christusse te volg nie. Die Here laat nie sy kerk spirituele leiers se vanghok word nie. Die geskiedenis van die NG Gemeente Levubu wys hoe die Here sy kinders sy stem laat ken en sy kinders lei om Hom en nie valse Jesus-karaktertjies te volg nie. Ds. Petrus Kriel se laaste preek as voltydse leraar vir Levubu-gemeente.

  • November 24, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus ons binnekant is en nie ons spiritualiteit nie. Paulus het weggedraai van sy Joodse spiritualiteit na Jesus Christus toe. Alles wat Paulus eers as sy innerlike van sy godsdiens geken het, het vir hom uiterlike dinge geword in sy vereniging met Jesus Christus. Dit is die krag en impak van Paulus se geloofsverklaring oor sy vereniging met Christus Jesus. Alles wat ons vandag ken as mense se innerlike ervaring met God noem Paulus nou deur sy geloof in Christus – vuilis! (Fil.3: 8) Die Gees van Christus is besig met sy lyding, sy kruisiging, sy sterwe, sy opstanding en sy verhoging aan die regterhand van die Vader en Hy laat ons hierdie dinge oordink. Die Gees van Christus is besig met hierdie innerlike dinge – Hy verenig ons met Christus as mens in die hemel op so wyse dat ons ingesluit is en deel het aan die lyding, kruisiging, sterwe en opstanding van Christus. So is Jesus Christus nou ons binnekant! .

  • November 17, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe die magtiges met hulle vertoon van politieke, wetenskaplike en militêre mag jou jou lot binne hulle mag wil laat sien asof dit ‘n natuurkrag is wat jou lot bepaal. Dit is die kulkuns van spirituele leiers – om jou lot in die mag van mense in die gode, die sterre, te moet raaksien. Daarenteen openbaar God dat alle skeppingskragte is in sy mag en Hy versorg ons self deur die uiterstes van snerpende koue en versengende hitte. Daarom kan gelowiges in wat ongelowiges as rampe sien die sorg van God sien. Gelowiges rig nooit hulle lewe in volgens die lot van magtiges se mag wat spirituele leiers ons kamstig in die natuur wys nie, maar volgens die wil van God wat hulle deur sy skepping versorg.

  • November 10, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Jesus Christus maak my vir God se liefde volkome heilig deur sy heiligheid as mens my heiligheid vir God te laat wees. In hierdie geloof leef ons met die wete dat my liefde vir God laat Hy vir hom volkome liefde wees. So is ek bevry om my liefde vir God volkome te probeer maak. Jesus laat my liefde vir God met al my oortredings, gebreke en foute vir God reg wees. So is ek bevry om deur my liefde myself vir God reg te probeer maak. So verlos die Here ons van Griekse slimmigheid en Joodse krag! (1 Kor. 1:22) Dit is die heidense slimmigheid waar mense hulle eie idees oor God en die wêreld as die regte en volmaakte idees glo en so God die stil afwesige god vir hulle godloosheid maak. Dit is die wêreld se spiritualiteite waarin hulle glo hulle waardes en beginsels is die krag waarmee hulle die wêreld sal transformeer en regeer. Hierdie slimmigheid en morele krag is die afgodsdiens waarin mense in die dwaasheid leef om nooit die wysheid van die ware liefde van God se wet hoor of na te streef nie. Dit is die dwaasheid om nie in Jesus Christus as die krag en wysheid van God te glo nie – God laat ons vir sy liefde heilig en reg wees. (1 Kor. 1: 24, 25)