Filtered by:
Series: MP3 Preke
December 25, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Kersdag is die dag waarop God self vlees geword het – self mens sonder sonde, ingesluit in die sonde van hulle wat in sonde ontvang en gebore word. Só woon God nou onder sondaars. (1:14) “ Woon” beteken self tuismaak. God het ons sy tuiste gemaak. Tuis omdat God gemaklik God is onder ons wat sondaars is. Jesus Christus wat vlees geword het, sondaar mens in ons plek, is hoe God God is – Tuis met ons en tuis onder ons. Só sien ons weer in alles wat God in sy skepping is die heerlikheid dat God liefde is.
December 16, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud In die verskil tussen Jonathan en Saul sien ons die verskil tussen geloofsdurf en wraak in God se Naam. Ons vier met Geloftedag die geloofsdurf wat God in ons skep om te doen wat nodig is
December 11, 2022
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Inhoud Ouers wie aan Christus behoort is self belofte-kinders, erfgename, en hulle kinders behoort ook aan Jesus Christus en word só vry gebore net soos Isak. Vry om binne God se liefde te leef sonder enige skuld vir enige sonde. Christus se een offer het hulle vir altyd van enige sonde-skuld vir die res van hulle lewe losgekoop.(1:4) Belofte-ouers mag hul kinders as vrygeborenes laat doop. Hulle kinders erf wat hul ouers ook geërf het. Watter ouers mag nie hulle kinders ten doop bring nie? Slawe-ouers mag nie hul kinders ten doop bring nie, want hulle is slawe kinders.
December 4, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Wie vergeef, glo in God se vergifnis waar Hy die offer vir ons kwaad bedoelde optredes gee, sodat God ons só in sy liefde kan hou. Wie uit die geloof vergewe, vergewe om mekaar te kan bly liefhê. Wie sondes glo as goedbedoelde liefde, vergeef niemand nie, maar vang elkeen vas in die mag dat hulle mekaar se sondes as hul goedbedoelde liefdes moet glo. Goedbedoelde liefde waar mense net goedbedoelde foute begaan wat jy kan verskoon en hulle met ʼn jammer kan regmaak, sonder enige offer vir sondes.
November 27, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here Jesus die ware openbaring van God is en nie net nog ‘n geestelike mening van mense oor God is nie.
November 20, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Die kerk van die Here veg nooit vir godsdienstige geregtigheid nie! Nie om dit te verkry nie en nie om dit op te rig nie. Hulle is deur Jesus Christus vir God geregverdig.
Die valse kerk van Abisai ( 2 Sam. 19: 21) is die kultus wat altyd vir God se geregtigheid veg en mense aan God se geregtigheid onderwerp deur die mag van regerings. Christene veg nie om hulle self of om ander mense reg te kry nie. Hulle getuig oor hierdie gawe en baklei nie om mense reg te maak nie. Hulle dien in liefde en so is hulle die gemeenskap waar ʼn koning vandag kan weet hy is die koning.
November 6, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Openbare geloofsbelydenis. Ons word met Christus se waterdoop gedoop. Sy doop is die teken dat Hy in ons sondes ingedoop is en ons doop is die teken dat ons in sy heiligheid en geregtigheid ingedoop is. Ons doop mag nooit ‘n bekeringsdoop wees nie want Christus se doop was nie ‘n bekeringsdoop nie. ‘n Bekeringsdoop vervreem ons van Christus. In die Nagmaal ontvang ons weer ‘n teken dat Syne is myne en myne is Syne. Wie nie hierdie teken so gebruik nie eet en drink ‘n oordeel oor Homself want dan word dit ‘n teken wat wys dat ek met myself moet doen wat met Jesus gebeur het.
October 23, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons God vrymoedig laat aanbid teenoor die aanbidding in afgodsdiens waarin jy jouself moet misken, minag, self pateties en deemoedig voor God moet stel. Dit wys dat Christus se menswees vandag in die hemel ons ʼn vrye toegang tot God self gee terwyl geestelikes met hulle liggame vir ons die weg tot God versper
October 9, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die kerk wat die Here self bou en die kultusse wat mense opbou. Die Here bou sy kerk op die geloofsbelydenis in Hom as Christus en Here. Kultusse word opgebou uit die geestelikes belewenisse, drome, visies en missies van mense. Dit wys hoe geestelikes die kerk van die Here wil omvorm om net nog ʼn kultus te wees.