Filtered by:
Series: MP3 Preke
March 5, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Christus het Homself as ‘n dooie offer vir ons sondes gegee sodat ons onsself as lewende offers vir God kan gee. Die lewende offer wat ons aan God wy is ons liefde wat Hy vir ons geheilig het deur Christus se liefde vir hom verlore liefde te laat wees.
February 26, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat Christene kan onderskei tussen wat is die regte stryd in die geloof en wat nie ‘n stryd in die geloof is nie. Christene hou nie bekgevegte met goddeloses om God se eer te handhaaf nie. Hulle stry teen hulle eie sonde en spreek sonde in die openbare gemeenskap aan.
February 19, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe die sakrament van die doop die wyse is waarop Christus ons vereniging met Hom as mens in die hemel verbind. Dit wys ook hoe geestelikes van die doop ‘n versiering van vroomheid maak.
February 12, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe ons god vir sy sorg deur reën vereer: deur vir God te leef in die liefde en barmhartigheid wat Hy net soos die reën vir ‘n goeie oesjaar oor ons uitstort. God gee volhoubaarheid en die chaos in die wêreld word deur goddeloosheid veroorsaak, nie deur God se skepping nie.
February 11, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe Dawid soek na ‘n gevoel, gedagte, ervaring, plek en gebeurtenis waar God nie sou wees nie, net om te ontdek dat hy altyd en orals ingesluit is in God se omvouende liefde van voor en agter . Ps. 139
February 5, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud hierdie preek wys die verskil tussen hulp as om mekaar reg te help of mag as om mekaar reg te kry wanneer geliefdes deur sonde oorval word. Christus is die offer vir ons sonde sodat ons mekaar net kan reghelp. In die moderne Christelikheid kry mense mekaar reg deur slagter en slagoffer te speel.
January 31, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges God se getuies in die wêreld en nie God se mede-bestuurders in die wêreld is nie. Hulle kommervryheid in God se sorg oor sy beskikking van wêreldgebeure wys in hulle sorgvuldigheid met hulle werksaamheid waarmee hulle God vereer. Hulle is kommervry oor God se sorg en sorgsaam in hulle eie werk vir God. Dit wys ook dat geestelikes gelowiges angstig oor God se sorg wil maak om god se mede-bestuurders van sy voorsienigheid te probeer maak – wat hulle as missionaliteit benoem het. .
January 29, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat om Jesus die gekruisigde en opgestane Christus as God aan te roep is aanbidding omdat Jesus Christus is hoe God is wat Hy is. Dit wys dat die spirituele verering van Jesus Christus is ontheiliging van God in die Naam van Jesus.
January 15, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe die Here aan ons tydelike lewe waarde gee deur ons ‘n ewige toekoms te gee.