Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • April 23, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus God se wet vir ons die wet van die Gees maak en so maak dat ons na God se bevele kan luister en dit lief het omdat ons weet sy wet maak ons kosbaar. Ook dat God ons nie met die wet van sonde en dood regeer soos Hy die wêreld regeer en hulle verniel om onder sy mag so klein soos gewone mense te wees.

  • April 16, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus God se wet vir ons die verbondswet maak. Deur ons in te sluit en te laat deel in God se bedoeling vir ons, ons sy beeld te maak verander Christus die werking van die wet as dreigemente, veroordelings, strafmaatreëls en regulasies, na verbondsvoorskrifte, verbondsbepalings, verbondsriglyne en verbondsverordeninge. So maak God Hom ons Afrigter terwyl Hy vir die wêreld Skeidsregter is.

  • April 9, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus self as mens van vleis en bloed uit die dood uit opgestaan het om vandag Christus en Here te wees. Hy was die Kneg van Jesaja 53 om so Here te wees. Die Here het sy opstanding bevestig met grafte wat oopgegaan het en mense wat uit die dood uit opgestaan het en weer lewend was. Vandag laat geestelikes mense glo hulle moet Jesus met herlewings en belewenisse in hulle laat opstaan om deel van God se lewe en krag te word. Hulle bevestig die opstanding van God in hulle met sogenaamde goddelike brabbeltale.

  • April 7, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here Jesaja 53 as sy Paasplan gekies en uitgevoer het. Jesaja 53 was sy doelstelling en agenda vir Paasfees en sy lyding, kruisiging, dood, opstanding, Hemelvaart en sit aan die regterhand van die Vader was sy strategie om hierdie agenda uit te voer. In afgodsdiens maak hulle Jesaja 53 God se plan met mense se lewens.

  • April 2, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen hoe Jesus Christus die Here is en Satan se Christusse. Jesus Christus is die offer vir ons sonde sodat Hy self God met ons in sy liefde is. Satan se Christusse is altyd geestelike figure en leiers wat welvaartsgodsdiens preek, ‘n offerkultus oprig en deur geestelike offers vir skuld mag oor gemeenskappe uitoefen. Die Jode het so ‘n godsdienstige vryheidsvegter bo die Here Jesus wat ons onskuldig in God se liefde laat leef gekies. Dit is vandag nog die keuse in kerke: hulle verkies vryheidsvegters teen onderdrukking en vir welvaart bo die Here. Christus laat ons altyd in God se liefde leef terwyl Satan se apostels ons vir een Christus Hosanna skree, hom dan kruisig en weer Hosanna vir ‘n nuwe Christus laat skree. Geestelikes kies altyd Jesus Barabbas bo Jesus Christus die Here.

  • March 26, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen wat Jesus met sy bloed doen en wat die geestelikes van hierdie wêreld met Jesus se bloed doen. Jesus Christus maak Homself Herder en God met ons met sy bloed maar die geestelikes van hierdie wêreld laat die bloed van Jesus oor ons en ons kinders kom

  • March 19, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen Christus wat die offer vir ons sondes is en Judas wat die voorbeeld is hoe ons onsself vir God moet opoffer vir ons sonde. Dit wys ook dat die geestelikheid van die kerk is vandag om Judas se voorbeeld te volg deur net “ in die Naam” van Jesus” by te voeg by wat Judas met homself gedoen het. So moet mense vandag gelei deur die geestelikes van hierdie wêreld hulle voor Jesus soos Judas offer.

  • March 12, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat verbondsouers se kinders het burgerskap van die koninkryk van Jesus Christus. Christus regeer as Here deur die Abrahamsbelofte vir ons en ons kinders waar te maak in ons lewe. Só is kinders burgers van Christus se koninkryk. In die koninkryke van geestelikes vervul hulle geen van God se beloftes vir kinders nie en kan kinders nie burgerskap kry van hulle magsinstellings nie, en probeer hulle kinders vreemdelinge en bywoners van God se beloftes maak.

  • March 11, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat niks in ons menswees is onbreekbaar nie. Daarom is ons behoud nie in onsself nie maar in Jesus Christus die Here wat ons as sy kleipotte gebruik. Hy hanteer ons so dat ons nie vir liefde en diens gebreek word en verlore gaan nie. Die skat in ons is ons eenheid met Jesus Christus wat God vir homself behoue laat bly.