Filtered by:
Series: MP3 Preke
December 16, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die slag van Waarseêrshoogte deur Gideon word vergelyk met die slag van en eer. Goddeloses skryf dit toe aan tegnologie en afgodsdiens maak dit ʼn geestelike mag Bloedrivier. Militêre oorwinning is ʼn beskikking van God. Gelowiges gee aan God die roem
December 13, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Heiligheid en geregtigheid beteken die regte en volkome liefde vir God. God maak ons selfgeldend in liefde. Die gelykstelling tussen reg en geregtigheid in menseregte met geregtigheid in die Bybel maak die kerk weerloos teen goddeloosheid se minagting.
December 6, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Ons vind ons identiteit in wie Christus as Herder vir ons is, nie in die seer van die magsmisbruik van goddelose mense teen ons nie. Christus vervul sy raadsplan met ons deur die magsmisbruik van hierdie magtiges.
November 29, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Met die doop stel Christus Homself aan sy kinders bekend as die Een wat hulle in sy liefde insluit en laat bly. Dit is hoe die leraars dit moet bedien. Die doop is nie ʼn teken waarmee die geestelikes hulle bekeerlinge bekendstel nie.
November 15, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Christus bevry ons van sonde tot diensbaarheid. In moderne Christelikheid word mense vry gemaak van diensbaarheid aan God en die eis gestel dat die kerk nie mag onderskei tussen verlossing en bevryding van aanspreeklikheid teenoor God nie.
November 8, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Biddag vir reën. God se eer is sy oorvloedige sorg. Mense onteer God deur sy skepping te verniel en die tekorte van hierdie sonde aan God toe te skryf. Wie bid vir reën moet bid dat God goddeloosheid sal vernietig.
November 6, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Gelowiges begryp die liefde wat God vir hulle in Christus Jesus het, maar hulle verstaan nooit die raadsplan van God met hulle lewe. Daarom kan hulle met die lewenskuns leef om alles te begryp sonder om die raadsplan van God te verstaan.
November 3, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die openbaring van die Here as Herder maak Hom bekend in sy omvattende sorg. Die geloof in hierdie om vattende sorg word bely met die woorde: Ek kom niks kort nie.
November 1, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die openbare belydenis van geloof in Jesus Christus is ʼn wegkeer van al die tipe bekerings wat vandag in die kerk verkondig word as die wyse waarop ʼn mens tot god moet bekeer. Geloof in Christus is die bekering tot God vir sy liefde en genade.