Filtered by:
Series: MP3 Preke
November 8, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Biddag vir reën. God se eer is sy oorvloedige sorg. Mense onteer God deur sy skepping te verniel en die tekorte van hierdie sonde aan God toe te skryf. Wie bid vir reën moet bid dat God goddeloosheid sal vernietig.
November 6, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Gelowiges begryp die liefde wat God vir hulle in Christus Jesus het, maar hulle verstaan nooit die raadsplan van God met hulle lewe. Daarom kan hulle met die lewenskuns leef om alles te begryp sonder om die raadsplan van God te verstaan.
November 3, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die openbaring van die Here as Herder maak Hom bekend in sy omvattende sorg. Die geloof in hierdie om vattende sorg word bely met die woorde: Ek kom niks kort nie.
November 1, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die openbare belydenis van geloof in Jesus Christus is ʼn wegkeer van al die tipe bekerings wat vandag in die kerk verkondig word as die wyse waarop ʼn mens tot god moet bekeer. Geloof in Christus is die bekering tot God vir sy liefde en genade.
October 25, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
God openbaar egskeiding as ʼn daad van geweld. Daarom is die voorwendsel van vriendelike egskeidings ʼn leuen wat mense skep om god die oorsaak te maak van die ellende wat hulle sel skep vir mekaar as gesin.
October 11, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die doop is ʼn teken van die pad wat die Here alleen geloop het sodat ons elke dag met Hom kan wandel. Moderne Christelikheid maak die doop die teken dat jy die pad van Jesus oorgeloop het soos Hy en noem dit wandel met God.
October 4, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Ons bekerings van sonde en ons geloof in Christus is hoe ons met die Gees wandel. Ons sonde doen en bekeer is die wandel met die Gees. Daar is nie ʼn wandel met die Gees waar sonde die wandel stop nie. God wandel met ons terwyl ons sondaars is en doen.
September 27, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Bekering in die Woord van god is ons toekeer tot God na en in sy toesegging van liefde. Moderne Christelikheid verdring hierdie bekering met die goddeloosheid van die mens wat God na die mens bekeer en so van God ʼn bekeerde te maak.
September 26, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die Here verbind man en vrou in egte, spontane liefde waarin man en vrou hulle self mekaar gee in ʼn eenheid van lewe, toekoms, liggaam, inkomste en tuiste. Hierdie liefde kan net as gawe gevind en gegee, dit kan nie kunsmatig opgewek word nie.