Filtered by:
Series: MP3 Preke
April 17, 2016
Series: MP3 Preke
Inhoud. Die gemeenskap van gelowiges word hier onderskei van die geestelike verbroedering in die afgodsdiens van die moderne Christelikheid. Dit wys op twee maniere waarop mense aanvaar kan word, in die geloof as medegelowiges of in mekaar se begeertes in geestelike groepe.
April 10, 2016
Series: MP3 Preke
Inhoud. Ons nader God vrymoedig as God omdat Hy in Homself ons menswees met ons deel. Daarom het ons geen tussengangers tussen ons en God nie. Die moderne Christelikheid is onderhandeling met God oor ons begeertes, nie aanbidding nie.
April 3, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die Here is sy kerk, Hy het nie ʼn kerk nie. Die onderskeid wat die Here maak tussen hulle met wie Hy een is en wie nie, is die eenheid met Hom as mens in die hemel. Met sy Kerk is die Here een in alles wat Hy met hulle laat gebeur.
March 27, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Paassondag Jesus is vandag mens van vleis en bloed in die hemel en sluit ons deur die krag van sy godheid in, in wie Hy as mens is en wat Hy as mens gedoen het. Jesus het nie ʼn geestelike nalatenskap geskep wat ons vir ons self moet toeëien nie.
March 25, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Paasvrydag is die klimaks in die botsing van twee maniere van redding. Christus is die offer vir sondaars se sonde terwyl geestelikes mense oortuig dat hulle hul self moet opoffer vir die saak van God wat hulle in God se Naam bedryf.
March 20, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Hoe Christus deur Judas se selfmoord die hele selfregverdigingsbedryf van die moderne Christelikheid aan die kaak stel teenoor sy verlossing.
March 13, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die wyse waarop Christus se genade werkers en werkgewers tot ʼn nuwe arbeidsverhouding verbind.
February 28, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die verskil tussen versoening met God en God se voorsienige beskikking. God verander alles in Homself om hom met ons te versoen. Versoening is nie die manier waarop mense God se voorsienige beskikking vir hulle lewe kan verander nie.
February 21, 2016
Series: MP3 Preke
Christus bevry ons om ander mense se skuld of aanspreekliheid te wil dra maar verbind ons om mekaar in ons verantwoordelikhede by te staan.