Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • July 31, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here se verlossing ons sondige aard verander volgens die beloftes van Esegiël 36: 24 – 31 e.a. Dit wys ook hoe hierdie heilsdaad van die Here ontken word deur geestelikes wat in die vaste orde van die natuur glo en verlossing net kan sien as reiniging van skuld, maar nie as ook die verandering van die sondige natuur van die mens nie. Dit wys dat hierdie ontkenning die Here Jesus verloën en spreek hierdie nuwe goddeloosheid wat in die Christelike kerk as ʼn nuwe geestelikheid van Jesus voorgeleef word aan.

  • July 31, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here se verlossing ons sondige aard verander volgens die beloftes van Esegiël 36: 24 – 31 e.a. Dit wys ook hoe hierdie heilsdaad van die Here ontken word deur geestelikes wat in die vaste orde van die natuur glo en verlossing net kan sien as reiniging van skuld, maar nie as ook die verandering van die sondige natuur van die mens nie. Dit wys dat hierdie ontkenning die Here Jesus verloën en spreek hierdie nuwe goddeloosheid wat in die Christelike kerk as ʼn nuwe geestelikheid van Jesus voorgeleef word aan.

  • July 24, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die gawe wat die Here ons gee om reg te wees vir sy liefde en diens, geregtigheid, ʼn gawe is waarin die toekoms van die skepping opgesluit is. Hierdie gawe is die toekoms van die nuwe skepping. Dit wys hoe gelowiges kan tuis raak om met inspanning te leef in ʼn goddelose wêreld, wat die wêreld met menslike wetgewing wil inrig volgens hulle sondige begeertes. Dit wys ook die rede vir hoekom mense wat lidmate is vandag die kerk verlaat en die Here spot oor sy wederkoms: hulle wil nie in die inspanning leef van die gawe van geregtigheid in ʼn wêreld van ongeregtigheid nie.

  • July 18, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoekom gelowiges gekweld en gepynig word in hierdie wettelose en beginsellose gemeenskap waarin ons nou leef. Dit wys op al die waanbeelde en veroordelings wat aan Christene toegedig word omdat hulle gekweld is en seer het. Dit wys ook dat dit nie verkeerd is nie maar hoe die genade van God ons juis so laat wees. Dit wys dat in hierdie pyn ons groei in die kennis van die Here en dat ons nie geestelikheid kan gebruik om aan hierdie seer te ontkom nie.

  • June 19, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie preek verduidelik wat beteken dit dat ons ons kruis moet dra. Dit beteken dat ons innerlik en openlik weer aan die werklike bedoeling en plig van God se wet gebind is. Ons word verlos van die vernedering om God met ander take, pligte, eise en bedoelings te vereer as die wat God eis, omdat ons daarvoor te geskend sou wees. Christus bind ons hieraan omdat Hy in ons plek gebreek en uitgedoof was as sondaar. Omdat Hy hierdie kruis dra, kan ons die kruis dra van die eer om God se regte wet te onderhou.

  • June 12, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die preek wys hoe Jesus nie ons goeie leermeester is nie maar die Here wat ons Goeie Herder is. Dit verduidelik wat beteken dit om ʼn volgeling van die Here te wees. Om die Here Jesus te volg is om Hom te vertrou en te gehoorsaam as die Goeie Herder. Ons vertrou Hom vir sy omvattende sorg as Here en luister na sy gebooie omdat Hy God is wat die Goeie Herder is. Ons luister nie na die gebooie van God om soos Jesus te wees nie.

  • June 5, 2016

    Series: MP3 Preke

    2016.06.05 Inhoud. Die preek wys wat is die verskil tussen Jesus Christus as Here en God en Jesus wat ʼn afgod is, soos Hy in die moderne Christelikheid aangebied word. Christus is hoe God God is. Christus is hoe God is wat Hy is. Jesus as afgod is ʼn mens wie ons wys hoe God lyk. Christus word as Here en God aanbid terwyl God in Jesus as afgod bewonder word en die wyse is waarop mense op God verlief raak. Die preek wys op die verskil tussen aanbidding en liefde teenoor bewondering en verliefdheid.

  • May 29, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud God se oordeel oor goddeloses is dat Hy vir hulle die afgod is waarin hulle glo.
    Christus het gesterf in hierdie oordeel dat God vir Hom niks anders as ʼn afgod is nie, sodat God, sy Vader, ons Vader kan wees. Hierdeur bevry Christus ons van die waan om onsself te sien as mense wat met die groot sake van God besig is, om weer mense te wees wat met die menslike take en roeping besig is, in die vertroue dat net Hy God is

  • May 15, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Vergifnis as magspel van geestelikes word uitgewys teenoor vergifnis uit geloof en liefde met die voorbeeld van die verskil tussen die manier waarop Josef sy broers vergewe het en die manier waarop hulle hom omvergifnis gevra het. Dit is die verskil tussen die versoening wat die NG Kerk as magspel in sy vergaderinge bedryf en versoening in die Woord van God.