Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • February 2, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die werklik saak waaroor die koningskap van Christus gaan, die belangrike saak van die koninkryk is om in die gawe dat ons en ons liefde vir God reggemaak is, in die vrede en blydskap van liefde wat nie verwerp word nie, te kan leef en die Here te kan dien. Gelowiges ontdek mekaar as mense binne hierdie gawe van God – liefde wat God reg laat wees in Christus. Wie ingestel is op hierdie gawe van God en wat hierdie gawe ons vir God laat wees, onderskei tussen onbelangrike en belangrike sake. Belangrike sake is die regte liefde waarin God ons laat leef: die liefde van Christus volgens die Wet van die Here. Dit is die sake waarin ons mekaar as reg vir God vind en ontdek. Daarom doen Paulus die beroep op gelowiges om nie onbelangrike sake dieselfde waarde te gee as hierdie regte saak nie: om deel te wees van die gawe van reg-gerekende liefde, ten spyte van eie gebroke en halfhartige liefde. Daarom kan gelowiges in onbelangrike sake met mekaar verskil, soos régtig verskil ook in die huwelik.

  • February 1, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen Christelike liefde en goddeloses se goddelike liefde. Christelike liefde is altyd liefde wat dink en doen, liggaamlik doen en verstandelik bedink. Christelike liefde is meningsvormend, waardebepalend en verantwoordelik. Christelike liefde is nie ’n misterieuse onbekendheid of ’n geestelike ervaring wat nie as liggaamlike daad geken mag word nie. Goddeloses het anders lief. Wêreldse liefde is liefde wat nie bedink en gedoen word nie. Wêreldse liefde is altyd een of ander geestelike ervaring waar jy nie mag dink of doen nie. Hierdie wêreldse liefde word vandag in afgodsdiens “oorgawe” aan God genoem. Hierdie oorgawe beteken jy moet “niks vir God doen” nie. Hierdie “niksdoen” is glad nie geloof in die Evangelie nie. Geloof is nooit “niksdoen” nie. Geloof is om God te ken in Sy liefde, en ook mense te ken in hulle liefde. Geloof is om God te vertrou vir Sy liefde, en ook mense te vertrou vir hulle liefde.

  • January 25, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die wyse waarop die owerheid Christene se lewe beïnvloed deur hulle as misdadigers te brandmerk terwyl hulle diensbaar probeer leef, nie hul bestemming kan verander nie. God bepaal ons bestemming in sy diens. Hy is die skeepskaptein wat ons gekies het vir die vrag wat ons moet dra en hawe waarheen Hy ons met die vrag neem. In hierdie openbare geweld teen ons mag ons nie toegee aan die kollektiewe skuld waarmee die owerheid en geestelikes ons van ons roeping wil vervreem nie. Ons moet bly leef met die heerlikheid: “Ek het ’n vrag!”, “Ek het ’n hawe, ’n bestemming” en “Ek het ’n kaptein wat my deur die storms stuur.”

  • January 24, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die dood van ʼn mens ook vir God ʼn verlies is: Hy word die eer en dank van sy dienaar binne sy skepping ontneem. Mense is nie gesiglose karakters binne ʼn massa wat God aanroep nie. Vir God is sy kinders se eer en dank in hierdie skepping belangrik. Daarom is Christus die skadebeheer en skadevergoeding op die dood van die mens. In sy regverdigmaking behou God die eer en dank van sy kinders vir ewig en bestem God dit om weer deel van die nuwe skepping te wees. In hierdie geloof kan ons van mekaar met die dood afskeid neem.

  • January 18, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen gelowiges en goddeloses se hoor van die evangelie. Christene hoor die evangelie as verslossing van sonde. Goddeloses hoor dit as veroordeling van hul liefdes. Daarom soek goddeloses ʼn ander evangelie waarin hulle nie van sondeskuld verlos word of van die mag van sonde verlos word nie. Hulle soek ʼn evangelie in die Naam van Jesus wat sonde as liefde regverdig. Hierdie verskil word verduidelik met die voorbeeld van die verskil tussen insekdoders en velverfrissers.

  • January 17, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek stel die verskil aan die ore van wie ons as mense dink en voel ons is teenoor wie God ons vir hom as Here laat wees. Die mens se waarde lê en kan nie gevind word in wie ons in en met mekaar is nie. Die waarde van ons menswees gaan oor dat ons aan God behoort en Hy ons in sy raadsplan altyd meer en anders laat wees as wat ons self kan dink en voel. Daarom kan ook die dood ons nie definieer vir wie ons is en wat ons lewe beteken nie. Wie Christus ons altyd vir God laat wees bepaal wie ons is. Daarom kan die wyse waarop ons doodgaan ook nie wat ons vir God beteken verlore laat gaan nie.

  • January 11, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen God as Onderdrukker en God as Versorger van sy kinders. God is deur sy wet elke goddelose mens se groot Onderdrukker. Hy verniel hul goddeloosheid en maak hulle gevangenes van hul eie wetteloosheid. Goddeloses probeer met afgodsdiens God as hul bevryder voorhou om hul goddeloosheid te regverdig. God is terselfdertyd vir sy kinders Versorger. Hy voed en lei sy kinders in hulle diens en liefde vir
    Hom. Hulle sonde maak hulle nie maar dieselfde as goddeloses en God hul Verdrukker nie. Hy bly ten spyte van hul sonde hul Versorger.