20150117 God laat ons altyd in sy verbondstrou meer wees as wat ons van ons self dink, voel en glo

January 17, 2015
Series: MP3 Preke
Audio Download

Inhoud Hierdie preek stel die verskil aan die ore van wie ons as mense dink en voel ons is teenoor wie God ons vir hom as Here laat wees. Die mens se waarde lê en kan nie gevind word in wie ons in en met mekaar is nie. Die waarde van ons menswees gaan oor dat ons aan God behoort en Hy ons in sy raadsplan altyd meer en anders laat wees as wat ons self kan dink en voel. Daarom kan ook die dood ons nie definieer vir wie ons is en wat ons lewe beteken nie. Wie Christus ons altyd vir God laat wees bepaal wie ons is. Daarom kan die wyse waarop ons doodgaan ook nie wat ons vir God beteken verlore laat gaan nie.