20150207 En enigiets wat 'n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie is sonde (Troue JG en Magda de Lange)

February 2, 2015
Series: MP3 Preke
Audio Download

Inhoud Die werklik saak waaroor die koningskap van Christus gaan, die belangrike saak van die koninkryk is om in die gawe dat ons en ons liefde vir God reggemaak is, in die vrede en blydskap van liefde wat nie verwerp word nie, te kan leef en die Here te kan dien. Gelowiges ontdek mekaar as mense binne hierdie gawe van God – liefde wat God reg laat wees in Christus. Wie ingestel is op hierdie gawe van God en wat hierdie gawe ons vir God laat wees, onderskei tussen onbelangrike en belangrike sake. Belangrike sake is die regte liefde waarin God ons laat leef: die liefde van Christus volgens die Wet van die Here. Dit is die sake waarin ons mekaar as reg vir God vind en ontdek. Daarom doen Paulus die beroep op gelowiges om nie onbelangrike sake dieselfde waarde te gee as hierdie regte saak nie: om deel te wees van die gawe van reg-gerekende liefde, ten spyte van eie gebroke en halfhartige liefde. Daarom kan gelowiges in onbelangrike sake met mekaar verskil, soos régtig verskil ook in die huwelik.