Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • April 12, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die geskil uit in die geloofsgehoorsaamheid aan God van gelowiges teenoor die geestelike praat van die moderne Christelikheid se geestelikes wat geen gehoorsaamheid aan God is nie. Gelowiges is verbind om iets te maak van die gawes van God aan God en vir God. Vir gelowiges is die Here Hy wat alles maak, alles toevertrou en al die werk doen, sodat Sy kinders Hom onbevange, in liefde en vreugde kan dien: werkers in sy groot skeppingsonderneming. Deur ons te regverdig in Christus skep Christus getrouheid in sy diens as God. ’n Getrouheid om diensbaar alle gawes op te neem, om daarmee iets vir God te doen en iets vir God te maak. In die moderne Christelikheid se geestelikheid glo hulle in God as die harde God, as die God wat met kragdadigheid alles wat jy het en doen, wil vat en opeis. Met hierdie wangeloof in God is hulle besig met ʼn skyn gehoorsaamheid van praat en nie doen nie. Hulle praat gedienstig maar doen niks met God se gawes vir God nie. Alles wat God vir hulle as gawes in sy diens gee, gee hulle aan God terug as offer omdat hulle niks daarmee wil doen nie. Jesus Christus noem hierdie geestelikheid van die moderne Christelikheid waar jy jou lewe, hart, beheer, kinders, land, taal en gemeenskap vir God moet teruggee – nutteloosheid. Nie die trots en eer van gehoorsaamheid nie, maar die nutteloosheid van slegtheid en luiheid met verantwoordelikheid en aanspreeklikheid teenoor God.

  • April 5, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe die werklike opstanding van die Here as mens uit die dood die waarheidsoomblik vir geloof in Hom as God is. Dit wys ook hoe die Jode eers probeer het om ʼn opstandingskultus te probeer voorkom het. Hulle wou keer dat daar ʼn mite ontstaan dat die Here uit die dood opgestaan het omdat dit geestelike moeilik is om teen mites te veg. Hulle poging om hierdie mite te keer was totaal onnodig omdat daar by geen dissipel so ʼn tipe geloof of poging tot so ʼn tipe geloof was nie. Hulle wou Hom nie herleef nie omdat hulle nie meer in Hom as die Messias geglo het nie. Die waarheidsoomblik van die Here se opstanding as mens uit sy dood om weer mens te wees, het gemaak dat die Jode, nie die dissipels nie, die opstandingsmite geskep het oor die Here. Die dissipels het geen geloof in Jesus gehad om so mite te skep nie. Die dissipels het die lewende Here ontmoet en so tot die geloof gekom dat Hy God met hulle is – ʼn geloof wat hulle ook nie voor sy opstanding gehad het of wou gehad het nie. Die moderne Christelikheid vermy net soos die Jode die waarheidsoomblik van die Here se opstanding as mens liggaamlik uit die dood deur Hom geestelik in hulle te herleef. Hulle wil nie glo dat Hy vandag as mens leef nie en glo in die mite dat Jesus nou deur hulle leef.

  • April 3, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie preek wys op die teenstelling tussen die mag wat Christus as Messias vestig om aan die regterhand van die Vader te sit teenoor die magsdrif van die geestelikes van hierdie wêreld. Die geestelikes sien die Here se oorgawe aan die godverlatenheid van sy Vader as as sy oorgawe aan hulle spirituele mag terwyl die ironies genoeg die magsdaad is waardeur Hy die Here sal wees om sondaars nooit as God ooit te verlaat nie. Hierdie teenstelling tussen wat die Here regtig vermag en wat hulle glo hulle met die Here vermag, gaan oor die teenstelling tussen die mag van die Here en die mag van geestelikes. Die Here skep die mag om God in liefde teenwoordig vir sondaars te wees sodat hulle ook in hulle sonde nooit godverlate sal wees nie. Geestelikes skep die spirituele mag om mense aan hulle geestelikheid te onderwerp en die waan dat hulle mense godverlate kan hanteer. In hierdie geestelike godverlate onderwerping van mense is hierdie spirituele leiers niks anders as die geweldenare van hierdie wêreld wat gelowiges die potskerwe en wurms onder hulle magsgeweld wil maak nie. Christus het juis sy mag so gevestig dat Hy ons in hierdie geweld van geestelikes en goddeloses nooit godverlate sal laat wees nie.

  • March 22, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud In hierdie preek word die verskil tussen die gees van die moderne Christelikheid en die Heilige Gees wat die Here Jesus aan sy Kerk gee, uitgewys. Die gees van die moderne Christelikheid is ʼn valse gees. Hierdie gees word deur spirituele leiers voorgehou as die gees wat mense se geestelike verwagtings en versugtinge sou vervul. Hy word ook voorgehou as die gees wat mense se versugtinge vervul wanneer hulle die Here loof, prys en met gebede wag op sy vervulling. Die Heilige Gees is die Gees wat die Here aan ongelowige, verwagtinglose en gebedlose dissipels gegee het om getuies van sy lyding en opstanding uit die dood te wees. Daarom is die gees van die moderne Christelikheid die gees van hulle wat Jesus feestelik ontvang het met sy ingang in Jerusalem. Die Heilige Gees is die Gees wat die Here gee aan die dissipels wat bang, depressief, ongelowig en verward in die bokamer weg gekruip het en geen verwagtings meer van Hom gehad nie. Die Heilige Gees gee aan die Kerk van die Here sy vergifnis op grond van sy lyding en opstanding. Hy vervul nie die massas se geestelike versugtinge en verwagtings nie.

  • March 15, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Christus skep tussen ons en God handelvrye aanbidding. Die saak waaroor dit in die Here se tempelreiniging gaan, is nie geldmakery bý die Kerk, of inkry van fondse deur die Kerk nie. Christus maak ’n einde aan die offers wat in die tempel as deel van die Joodse aanbidding van God plaasgevind het. Hulle het in die tempel met God handelgedryf deur hierdie spiritualiteit dat “as ons vir u iets gee, dan gee U weer vir ons iets: ons gee ons self as offer as U ons vergifnis sal gee. Hierdie Joodse spiritualiteit het van God as tuiste vir Sy kinders, ’n tuiste in die liefde, sorg, trou, genade, bewaring en barmhartigheid, ’n handelsbedryf gemaak. Met “huis van die Vader” word bedoel God as tuiste vir Sy kinders in Sy liefde en trou. In die Joodse geestelikheid gebeur wat in alle geestelikhede buite die geloof in Christus gebeur: alle geestelike is ʼn handelsbedryf met en van God. In die heilige van die tempel word met God as handelaar handelgedryf oor God en wat Hy doen. Hy word as handelsitem bedryf en so word sy krag, sy seën, sy liefde en goedheid verhandel vir liefde, bekerings, toewyding, oorgawe en onderhorigheid. Hierdie is die handelgedryf van die moderne Godsbedryf waar mense met God self oor God handeldryf: mense gee vir God wat Hy wil hê omdat Hy vir hulle gee wat hulle wil hê. Christus het gekom om hierdie godsbedryf te vernietig, nie om hierdie godsbedryf reg te kry of te suiwer nie. Christus skep in sy lyding en opstanding handelvrye aanbidding van God in liefde wat net liefde vir God is. Die tipe Jesus wat die Jode die middelpunt van die hele wêreld sou maak en die Jode die handelaar in die godsdedryf sou gemaak het: offers aan God vir God se lewe, krag, Naam, sorg, bewaring, vergifnis en versoening, is die godsbedryf van die moderne Christelikheid vandag

  • March 7, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die toerusting om ’n getuie vir die Here te wees, en die toerusting van die Kerk met die Heilige Gees. Die prediking, sakramente en tug is die krag waarmee die Heilige Gees die Kerk van die Here toerus. Hierdie drie bedieningsmiddele is die kragtige instellings van die Here waardeur Hy mense, in Sy volle genade laat deel en hulle deur Sy genade regeer om in hulle volkome verlossing te leef. Die gawe waarmee die Here sy dissipels toerus om sy getuienis te wees, is hulle geloof in Hom. Dit is twee verskillende soorte toerusting. Die dissipels was deur die gawe van geloof in die evangelie, ten volle toegerus om die Here se getuies te wees. In hulle geloof in Sy lyding en opstanding, deel die dissipels die volle verlossing van en deur die vergifnis van sonde. Naas hierdie magsdaad van die Here op die Sondagaand, waarin Hy hulle met Hom verenig en in hulle die kennis en vertroue skep as Here, is daar geen ander geestelike ervaring met die Here wat hulle meer verlos, meer gelowig en meer gehoorsaam aan die Here gemaak het nie. Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag het niks toegevoeg aan hulle geloof en gehoorsaamheid aan die Hom nie. Dit het drie nuwe bedieningsmiddele toegevoeg aan die kerk wat die kerk nooit voorheen gehad het nie. Om te getuig vir die Here kan daar nooit weer ’n wag-opdrag wees nie! Die kerk is eenkeer vir altyd met die bedieningsmiddele van die prediking van Christus, die tekens van Christus en die tugtiging na Christus toegerus. Net so min as wat die Kerk eers weer moet wag dat die Here moet ly, gekruisig word, dood moet gaan, begrawe moet word en uit die dood moet opstaan om na die Hemel op te vaar, net so min sal die Kerk van die Here ooit weer hoef te wag vir die toerusting van die Kerk!

  • March 1, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die diepste greep van sonde en die mag wat die mens die mens van God vervreem, is skaamte. Die diepte van skaamte is die vrees dat God Hom vir my skaam. Skaamte gaan oor die werklikheid dat my Skepper vir my as mens skaam is vir wie en wat ek is, en dat Hy skaam is om my God genoem te word. In die afgodsdiens van die moderne Christelikheid verkondig hulle ʼn nuwe god: hierdie god het skaamteloos geword vir sondaars in hulle sonde. God het nie meer ʼn afkeur in die sonde van sondaars nie. Hy self het ʼn skaamtelose God geword. Met hierdie nuwe skandegod omhels mense hulle eie onheiligheid, om skandelike drifte as ware liefde te glo. Christus het in ons plek mens geword om die skaamte van ons verwronge liefdes, ons misplaasde liefdes en ons skewe liefdes op Hom te neem sodat Hy ons onheiligheid met sy heiligheid as mens kan bedek. In sy barmhartigheid bedek Hy ons skaamte en maak ons weer innerlik verbonde aan liefde wat liefde en nie begeertes is nie. So help Hy ons uit ons skaamte om trots mens vir God in heiligheid te wees.

  • February 28, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen ware predikers van die evangelie en valse predikante. Predikante wat die lewe van Christus in sy geboorte, lyding, kruisiging, sterwe en opstanding verkondig, is getuies van die Here. Predikante wat hulle eie lewensverhaal aan gemeentes voorhou is valse predikante. Paulus wys hoe dit verkeerd is om jou eie lewensverhaal ʼn middel te maak waardeur God sy genade sou bewerk deur self te roem in sy eie geestelikheid, maar dit dan dadelik as dwaasheid uit te wys. God gebruik nie sulke geestelike verhale oor mense om mense deel van sy genade te maak nie. Dit is alleen deur die verkondiging van die Here se lewe dat God mense met Christus verenig. Daarom mag ʼn leraar nooit hom self aan lidmate voorhou asof lidmate in en deur sy lewe nader aan God sal kom of enige heilservaring sal beleef nie. Hy mag nie sy eie geestelike lewe voorhou asof dit ’n heilsmiddel is waardeur God werk nie. Hy moet ook in sy leiding aan die kerkraad hierdie dwaasheid uit die kerkraad en byeenkomste van die gemeente weer.

  • February 22, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys wat is die verskil tussen die gesag van Jesus as Christus en Here teenoor die gesag van geestelike en morele leiers. Net Christus sit aan die regterhand van God terwyl geestelikes altyd op die stoel van Moses sit. Christus se gesag is om die las van die wet van God self op Hom te neem en die oordeel en eis om heiligheid self te dra. Geestelikes se gesag is om die wet van God se liefdeseis self op mense te plaas en self die oordeel van liefdeloosheid van hulle te eis. Met hierdie voorbeeld wat hulle stel, bind hulle altyd skuld-, oordeel-, vloek- en verwerpingslaste op hulle volgelinge. Christus verwerp hulle gesag om voorbeelde te wees want hulle vertoon van geestelikheid en moraliteit sal altyd iets anders wees as gehoorsaamheid aan die wet van God en sal altyd ʼn uiterlike vertoon wees van simbole waarvan hulle die leermeesters is. Hulle vertoon is nooit gehoorsaamheid aan God se wet nie. Die kerk van die here luister nie net na geestelike rolmodelle nie. Die Kerk van die Here luister onbevange na enige mens, ongeag sy posisie of eie geestelike lewe, indien hierdie persoon wys hoe God se Wet gehoorsaam moet word.