Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • January 17, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons seker laat leef van die onsigbare, die evangelie. Omdat ons uit hierdie sekerheid van God se liefde in Christus leef, kan ons in al die onsekerhede van al die sigbare dinge in die wêreld steeds volhard in ons taak teenoor God. God sal alles wat Hy onderneem hoe om God vir ons te wees, ons in begelei en in en met ons voltooi. Wie Christus verdraai om die Here te wees van hulle eie planne, doelstellings en doelwitte in sigbare dinge, sal vir die lewe waarvoor God hulle bestem het, moeg word en uitsak.

  • January 10, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen ons gewoon en normale menslike angs vir die dood en verlies, en die angs van godverlatenheid. Christus het die straf van godverlatenheid alleen gedra sonder ons altyd in alle swaarkry, verlies en selfs binne die sonde wat ons doen, nooit godverlate maar in God se liefde is. Daarom kan ons angstig wees in al die onsekerhede van die lewe en dood sonder om oor God beangs te wees. Ons kan aanhou glo, as voel en dink, en al is dit so dat dit klaar is met ons. God is nooit klaar met ons nie.

  • January 5, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat elke gelowige se dood is ingesluit in die dood wat die Here gesterf het. Daarom sterf geen gelowige godverlate nie. Christus het hierdie krag van die dood vernietig in sy dood. Daarom kan die dood nooit die manier wees waarop God klaar is met ons en ons lewe nie. Hy laat ons altyd vir Hom leef ook deur die dood heen. In ons eie doodsangs en doodsvrees kan ons nooit die angs van godverlatenheid beleef nie omdat ons ingesluit is in Christus wat dit vir ons gedra het om dit vir ons te spaar.

  • January 3, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here Jesus Christus die mag ontvang het om die wêreldgeskiedenis te laat gebeur en ontvou. Hy laat alle magte los in die wêreld. Met sy krag en mag as Here oor die wêreld verniel Hy die goddeloses om Hom uit vrees te eer terwyl Hy sy kerk Hom uit liefde laat dien en lief hê. Hy het die Corona-19 virus gemaak en as pes beskik en sal vir sy kerk deur hierdie mag heen die Here wee wat vir hul sondes geslag was. God slag ons nie met hierdie virus vir ons sondes nie.

  • December 25, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Kerspreek Hierdie preek wys dat die Here ons verlos uit die geloof dat die gevolge van ons eie magspeletjies is sy lot vir ons. Met hierdie ongeloof leef ons in die mag van ons vyande deur dat ons hulle mag oor ons ervaar as liefde vir ons. God maak ons sonde nie ons lot nie maar maak ons beurt vir sy straf en ons saak met God, sy beurt en sy saak. Dit doen Hy deur in ons plek mens te word op Kersdag sodat ons nooit weer ons sonde en die gevolge van ons sonde as God se lot vir ons kan glo nie. Ons glo en leef nou uit God se ontferming.

  • December 20, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen kinders van die Here en kinders wat as godsdienstige slawe gebore word en groot word. Kinders is deel van God se verbondsseëninge omdat hulle aan Jesus Christus behoort. Hulle kan nie aan God se verbond behoort sonder om aan Christus te behoort nie. God koop hulle los van die vloek van die wet waar hulle kultusse moet aandryf met hul liefdes en aanbidding. Die Here bou en dryf sy kerk deur die evangelieprediking sodat sy kinders Hom en mekaar kan dien en liefhê, sonder die las dat hulle die kerk moet bou en aandryf. God is kinders het godsdienstige vryheid van kultiese mag.

  • December 13, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe dat ons kinders met selfverloëning kan leef omdat hulle in Christus ingedoop is. Ingedoop in Christus is Christus hulle sonde en is hulle Christus se heiligheid en geregtigheid. Ouers moet hul kinders so beskou en leer om hulle self ook só te beskou. Hulle mag nie kleintjies se sonde eers oorsien en verskoon omdat hulle klein is en dan skielik as hulle tieners en jongmense word, hul van hul volwassenheid wil bekeer om weer kleintjies te moet wees nie. Ingedoop in Christus kan ons vandat ons klein is tot ons volwasse en oud is, onsself vir God wees omdat ons onsself as dood vir sonde en lewend vir God sien.

  • December 6, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus oor Homself getuig omdat net Hy geloofwaardig is om oor homself te getuig, geen mens nie. Hy is God wat deur sy verlossingswerke van sy lyding tot sy verhoging sy eie geloofwaardigheid, waarheid en geldigheid bevestig. Geen mens se vertelling kan aan Hom as Here en God geloofwaardigheid en geldigheid gee of die waarheid oor wie Hy is bevestig nie, Daarom aanvaar die Here nooit sulke getuienisse oor hom nie. Ons getuig net deur te glo in sy getuienis oor Homself. In vandag se kerke word Christus se getuienis oor Homself nie meer verkondig nie, maar mense geleer hoe om God as geloofwaardig, geldig en waar te bemark.

  • November 29, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat God ons deur Jesus Christus in sy liefde insluit en daardeur in ons menslike liefde, geloof en hoop skep. God gee ons nie slimmigheid oor Hom en mense nie. Slimmigheid is hoe mense hul sondigheid en sonde wil lief hê as dit wat God in hulle skep. 1 Korintiërs 13 wys hoe liefde in gelowiges van hierdie slimmigheid verskil om jou sondes as jou liefdes te glo en uit te leef. Daarmee wys Paulus dat die hele verskuiwing vandag in die Christelike Kerke van geloof na sogenaamde spiritualiteit is niks anders as die verskuiwing van gelowige liefde na die slimmigheid om sonde as jou liefde uit te leef nie.