Filtered by:
Series: MP3 Preke
March 13, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die nuwe gesinseenheid uit wat die Here skep wanneer Hy ʼn man en vrou verenig in die huwelik. Dit wys dat hierdie nuwe gesinseenheid tussen man en vrou ʼn einde maak aan die gesin waarin hulle as kinders groot geword het. Hulle is nie meer saam met hul pa en ma in ʼn gesin nie, maar in hul eie. Met hulle nuwe gesinseenheid is hul ouers nou nog net pa en ma as familie. Hierdie nuwe gesinseenheid is nie net ʼn voortsetting van die gesin waaruit hulle kom nie, maar ʼn nuwe een. Daarom moet pa’s en ma’s en kinders hierdie einde van een gesin en die begin van ʼn ander gesin eer en laat gebeur. Die man en vrou moet hul ouers só verlaat.
March 7, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat God kinders só skep dat ʼn kind vir net een pa en een ma of ʼn “son”of ʼn “daughter” kan wees. Dit is vir kinders volgens die aard van hul kindwees onmoontlik om vir twee pa’s of twee ma’s ʼn “son”of “daughter”te wees. Hierdie preek wys hoe selfdegeslag verbintenisse die kinders wat hulle aanneem in hul kindwees skend en hoe die NG Kerk hierdie skending as God se seën voorhou. Dit wys hoe ʼn kind hulself moet handhaaf in sulke aannemings en hoe die NG Kerk in effek nou hierdie kinders veroordeel as God se ongehoorsame kinders wanneer hulle hul kind wees probeer behou.
February 28, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe die kerklike besluit in die NG Kerk dat daar vir selfdegeslag verhoudings troues ingestel word, wat volgens die NG Kerk se Algemene sinode nooit huwelike mag wees nie, ʼn selfopgemaakte instelling is wat net met ʼn selfopgemaakte god geregverdig kan word. Dit wys hoe geestelikes ʼn kamma-kamma wêreld skep vir kamma-kamma liefdes buite die werklikheid van die regte skepping en God se regte liefde, en dan die Bybel onduidelik verklaar om selfgeregverdig in hul selfopgemaakte wêreld te kan leef.
February 21, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die Here se kinders en geestelike kultusse. God neem sy kinders aan terwyl in alle kultusse hulle God as hul God aanneem. Wie ʼn God aanneem, maak God die afwesige Vaderfiguur wie hulle wil verteenwoordig. Wie God aanneem verwag dat mense hom of haar met die ontsag en verering van God sal aanvaar. Wie hul aanneming deur God glo, aanvaar mekaar as broers en susters met respek en eerbied vir mekaar, sonder om ontsag en verering vir mekaar te hê.
February 14, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe die verdraaiing van Jesus Christus as God na ʼn afgod menslike verhoudings verwring. Mense maak Jesus ʼn afgod sodat God hulle besitting kan wees. Hulle maak God hulle besitting met dade soos om God aan te neem en God hul eie te maak. Wie God hul besitting maak, is bemagtig om mense ook hul besittings te maak sodat hulle mense maak soos hulle mense sien en wil hê, en volgens hul begeertes gebruik, terwyl almal in hierdie disfunksionele menswees glo hulle ervaar ware liefde. Christus verlos mense uit hierdie verlorenheid deur hulle net aan Hom te laat behoort en aan mekaar te gee soos Hy as God hulle as mense vir mekaar bedoel.
February 7, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus dissipels as apostels gekies en aangestel het voor hulle in sy lyding en opstanding uit die dood uit geglo het. Die Here Jesus maak van vervolgers van sy kerk, bedienaars van sy Woord en tekens. Ons moet hierdie geloof in die Here behou in ʼn kerk waarin kerkvergaderings en teologiese skole hulle wie die Here geroep het, oplei om van die aanbidding van die Here puinhope onder die baniere van hulle geestelikheid te maak.
January 31, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat God die Herder van sy skepping is en deur alle skeppingsgebeure sy skepping onderhou en versorg. Dit gee hierdie Psalmskrywer die vrymoedigheid om by god te kla oor die verval van die tempel en te bid vir die herstel van die tempel. Sonder die tekens van die Here en predikers van God se verbond voel hy God het sy skape uitgelos, maar in wat hy sien hoe god Herder vir sy skepping is, weet hy dat God die Herder van sy kerk sal bly. God herstel self die aanbidding van sy kerk in eredienste. Aanbidding wat deur goddelose wetenskaplike en vroom spiritueles afgebreek is vir hulle godlose spiritualiteit binne die kerk.
January 24, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wat is regte verlossing van regte sonde. Christus maak ons reg vir God se liefde sodat ons vir God kan leef. Dit is wat regverdigmaking beteken. Christus verlos ons van die afgode waarmee ons met God wil speel op so manier dat ons sy eer en dank om God te wees ons eie maak. Die moderne Christelikheid maak van Chrístus die pop, die afgod waarmee ons met God speel om so ons sonde ons liefdes en ons ware godsdiens te maak.
January 23, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Preek Hierdie preek wys dat in die huwelik leef ons uit twee geheimenisse: ons vereniging met Jesus Christus en ons vereniging as man en vrou. Beide hierdie vereniging is nie verhoudings nie maar verbintenisse wat God deur ʼn magsdaad skep waarin Hy twee met mekaar verenig om een te wees. Hy verenig ons met Hom as mens in die hemel om ons sondes te deel en ons sy heiligheid, smetloosheid en onberispelikheid te laat deel. Hy verenig ons as man en vrou om in en vir mekaar “husband” and “wife te wees. In ons vereniging met Christus aanvaar ons mekaar as man en vrou soos Hy ons aanvaar, en nie hoe ons onsself aanvaar nie, skuld ons mekaar vir ons sondes niks behalwe liefde en kan ons liefde van onbelangrike dinge onderskei.