Filtered by:
Series: MP3 Preke
May 2, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons weer nuut maak om ons naaste lief te kan hê. Die
krag van goddeloosheid is die wet dat jy jou naaste moet lief hê soos jouself. Goddeloses het
hul naaste lief soos hulle self, hulle goeie ou sondige self. Juis deur hul naaste soos hul self
lief te hê verniel en verinneweer goddeloses mense. Christus vernuwe ons deur ons geliefde
ou self , te herskep met ons regverdige self wie Hy ons laat wees. Op hierdie wyse maak die
Here dat ons weer aan die liefdesgebod gehoorsaam kan wees, deur ons naaste te kan liefhê
volgens ons regverdige self.
April 25, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus se lyding, kruisiging en dood is die wyse waarop die Vader en Seun mekaar as God verheerlik. Dit is nie die wyse waarop hulle mekaar verneder oor ons sondigheid nie. Wat die Vader en Seun vir mekaar doen, doen hulle in hul liede vir mekaar. God het Homself lief en sluit ons in in die liefde wat Hy vir Homself het. God maak nooit liefdesverklarings waarvan ons uitgesluit is nie of liefdesverklarings oor ons terwyl Hy in Homself oor ons verdeeld en grimmig is nie. God laat ons leef in die rus van die liefde wat Hy vir Homself het. Hy ontwrig ons nie met liefdesverklarings terwyl Hy Homself oor ons self verinneweer en verneder nie.
April 18, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat God se teen stand teen ons sowel as ons vyandskap teen God in Christus se begrafnis finaal deur God beëindig is. Daardeur skep God ʼn vrede tussen hom en ons waar die werke waarvoor Hy ons voorberei het weer ons vreugde en ons lewe is. God maak ons nooit sy goeie werkers nie maar sy geliefde kinders wat met die goeie werke van hul Vader saam met Hom in sy skepping besig is. Só beëindig Christus ons vyandskap teen God waar ons sy aanstelling tot goeie werke opeis as ons magsposisie en hom van sy werke ontneem.
April 11, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die spesifieke heilsbetekenis van die begrafnis van Christus en dat ons saam met Hom begrawe is. Christus het ons arbeidersposisie in God se skepping begrawe en het ons sy vriende gemaak. Op hierdie wyse in God nie meer ons teenstander nie maar ons hulp en ons krag.
April 10, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat God altyd alles vir sy kinders is . Daardeur maak God dat niks wie ons is of wat ons doen ooit tevergeefs is nie en kan ons altyd vervuld leef met Hom en vir Hom tot in ewigheid.
April 4, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die graf van die Here leeg was omdat Hy as mens na liggaam, siel en gees uit die dood uit opgestaan het en daardeur alles wat ons van God en sy liefde kan skei, vernietig het. Dit wys op die totale ongeloofwaardigheid dat dissipels wat nooit in die opstanding van Jesus uit die dood uit geglo het nie, en Hom daaroor verraai, verloën en verlaat het, skielik twee dae na sy dood ʼn geestelike opstanding van Jesus se gees in hulle sou beleef het.
April 2, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus met die Nagmaalsbeker ons verseker dat Hy die lyding van godverlatenheid alleen dra sodat Hy vir ons die verbond vervul dat God altyd met ons is. Met die Nagmaalsbeker wys hy ons dat ons nie sy lydensbeker kan drink nie, maar net die Nagmaalsbeker waarmee Hy ons verseker dat Hy ons in sy lyding insluit sonder om self vir ons sondes te ly.
March 28, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen Judas se bekering en die struikrower aan die kruis se bekering. Judas het homself geoffer vir sy sonde nadat hy nie by die tempel vergifnis kon kry nie, terwyl die struikrower hom tot Chrístus gekeer het. Die moderne Christelikheid preek vandag Judas se bekering vir die Christelike kerk in die plek van die bekering van dis struikrower van saam met die Here in die paradys is.
March 21, 2021
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die slagspreuk van die seksuele rewolusie in die Afrikaanse gemeenskap: liefde is liefde, nie die liefde is waartoe gelowiges verbind is nie. Dit wys ook dat Jesus nie gekom het om God se oordeel dat sonde sonde is, weg te vat nie, maar vir sy kinders die oordeel te dra sodat hulle weer volgens die wet kan lief hê. Dit wys dat hierdie slagspreuk, onder die skyn van liefde, niks anders beteken as “lustigheid is lustigheid” nie. Wie in hierdie lustigheid as liefde glo, het Jesus die bron en regverdiging van seksuele lustigheid gemaak.