Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • November 22, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die liefde van gelowiges en die liefde van Jode. Christelike liefde is liefde wat ʼn gawe is wat ontvang en gegee word net omdat dit liefde is. Die Joodse liefde, soos alle moralistiese liefdes in al die geestelikhede van hierdie wêreld, is nie liefde nie maar net krag en mag wat as kragdadige en magtige liefde geglo word. Met hierdie sogenaamde kragdadige liefde wil mense hulself en ander mense reg kry en heel maak vir God en mekaar. Christelike liefde word nie gegee om mekaar reg en heel te maak nie, maar net omdat liefde is wat ontvang en gegee word. 1 Korintiërs 13 beskryf die liefde wat net liefde is se werksaamheid teenoor die kragtige liefde van alle geestelikhede.

  • November 15, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil in die verbintenis tussen God en mens deur Christus en deur goddeloosheid. Christus verbind ons met ontsag aan sy Vader en met respek aan gesagsdraers, met broederliefde tot ons medegelowiges en respek vir alle mense. Goddeloosheid draai hierdie verbintenis om met ontsag vir gesagsdraers en respek vir alle gode, en broederlike liefde vir die gemeenskap en minagting vir almal wie nie in hierdie broederlikheid deel nie. Die moderne christelikheid wil hierdie verbroedering in die wêreld voorhou as die nuwe liefde van Christene vir God en die wêreld.

  • November 8, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil om in lyding met goeie werke te volheid teen die geweld van die regering en gemeenskappe teen ons en mense wat die landbougemeenskap se lyding wil misbruik vir hulle geestelike en godsdienstige oorloë. Dit wys hoe Petrus eers as Boeremag-lid met Christus wou veg ens sterf en dan as nuut gemaak word om met Christus te leef en te dien. In hierdie geloof leef gelowiges met hoop, in geregtigheid en vryheid, en veg nie daarvoor in burger-, geestelike- of godsdienstige oorloë nie.

  • November 1, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat binne die nuwe verbond wat Jesus Christus vir ons waar laat wees, is kindskap dissipelskap. Daarom is dissipelskap vir gelowiges om in en vir God se liefde te leef. Dissipelskap is nie om deur geestelike mentors en leermeesters met skolingskursusse in spirituele ervarings en morele vaardighede geleer en geoefen te word nie. Dit is dissipelskap in die ou verbond – geestelike vakmanskap. In die nuwe verbond leef van die kleinste tot die grootste in die dissipelskap van kindskap.

  • October 31, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Bevestiging goeie en slegte dominees. Hierdie preek wys wat is die verskil tussen goeie en slegte dominees volgens die Here se eie woorde en Paulus se verduideliking van die verskil. Slegte dominees wil Jesus verteenwoordig by lidmate terwyl goeie dominees Jesus verkondig as Christus en Here, en dit met die sakramente verseël. Slegte dominees wil vir lidmate God se leiers, vaderfigure en leermeesters wees. Goeie dominees verkondig Christus as die enigste Leier, Seun van die Vader wat sy Vader ons Vader laat wees en enigste Leermeester.

  • October 25, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Plaasmoorde verset. Hierdie preek wys wat is die eiesoortigheid van plaasmoorde en plaasaanvalle wat dit anders as ander misdaad maak. Dit is die tipe geweld deur die regering, gemeenskap en kerke om landbouers as mense wat goed doen, te gekriminaliseer as mense wat onwettig die eiendom van ander beset. Daardeur word misdadigers bemagtig om hulle misdaad as ʼn vorm van regstellende aksie op boere te pleeg. Dit is die motief vir die wreedaardigheid – om hul magteloosheid ten toon te stel. Hierdie is die tipe lyding wat Petrus beskryf as “om in Christus se lyding te deel.” Gelowiges se verset is om nie die mag te glo van hulle wat hulle buite die grens van die staat wil stel nie, deur aan te hou goed doen, dit is aan te hou boer.

  • October 18, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus God se verbondsbeloftes waar maak en ʼn werklikheid in ons en ons kinders se lewe maak. Dit is wat Paulus bedoel wanneer hy stel Christus is die “ja” op al God se verbondsbeloftes. Christus is nie ʼn jabroer wat ja sê terwyl jy eintlik self God se verbondsbeloftes in jou lewe ʼn werklikheid moet maak nie. Christus bevestig God se verbondsbeloftes en daarvan is die doop ʼn teken, dat Hy ja sê. In afgodsdiens word die doop en herdoop ʼn teken dat mense met hul bekering “ja” sou gesê het op nuwe alternatiewe beloftes wat God nog nooit teenoor mense gemaak het nie: om hulle aan sy goddelikheid te laat deel. Daarom soek mense bevestiging dat God hierdie alternatiewe afgodsdiensbeloftes waarmaak deur ʼn nuwe alternatiewe doop.

  • October 11, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat ons in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees gedoop word, omdat ons nie met Jesus se doop gedoop kan word nie. Ons kan nie saam met Hom ly, gekruisig word, sterf en uit die dood uit opstaan soos Hy nie. Ons word in Jesus se Naam gedoop omdat Hy ons laat deel in alles wat Hy vir ons bewerk, nie omdat ons ook doen wat Hy doen nie. Wie in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees gedoop is, kan elke dag in hierdie Naam tot bekring kom volgens God se wet as dienaar van God. Wie soos Jesus met sy doop gedoop wil wees, identifiseer deur Jesus met God se mag en krag en kan nooit weer as ʼn dienaar van God volgens God se wet bekeer nie.

  • October 10, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen tradisiegodsdiens en ʼn lewende godsdiens volgens die Woord van God. Tradisie godsdiens is godsdiens volgens mensewoorde en ʼn lewende godsdiens is ʼn godsdiens deur en volgens die Woord van God. In die moderne Christelikheid van vandag draai hulle dit om. Hulle noem wat die Woord van God as tradisie godsdiens uit wys, ʼn lewende godsdiens en wat die Woord van God openbaar as ʼn lewende godsdiens noem hulle tradisiegodsdiens. Tradisiegodsdiens maak hulle opgewonde en vrolik terwyl lewende godsdiens vir hulle dood voel.