Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • August 29, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys wat is die geloofsinhoud van navolging en die volg van Christus asook wat die geloofsinhoud van “voorbeeld volg” is. Dit wys ook hoe die moderne Christelikheid hierdie geloofsinhoud verdraai deur die navolging en volg van Christus te verander na die volg van geestelike gidse en mentors.

  • August 27, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Christus maak ons diens aan God onverganklik, onbesmet en onverwelklik, omdat Hy ons as mense liggaamlik weer uit die dood sal laat opstaan. Ons diens vandag aan die Here is deel van ons toekoms, nie deel van ons verlede nie. Met hierdie hoop kan ons aanhou goed doen deur swaarkry heen.

  • August 22, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen oulike liefde vir God en gehoorsame liefde vir God. Dit is die verskil tussen kuier-liefde en bly-liefde! Christus laat ons in God se liefde bly en maak dat ons Hom en ons naaste volgens sy wet wil lief hê. In afgodsdiens wil ons oulik wees deur so groot en magtig soos God te speel en só bemagtig te word deur tussen mense groot en magtig te speel.

  • August 15, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Kerk van de Here nooit ʼn gemeenskapskerk is nie. Daarom kan gelowiges nooit saam met ongelowiges besig wees met gemeente en kerkbou nie, terwyl hulle in alle ander gemeenskapsake saam met die gemeenskap betrokke is. Daarom kan gelowiges nie vandag saambou aan spirituele kerke, missionale kerke, gender-kerke, vols- en nasie-kerke nie.

  • August 8, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Ps. 42 ʼn gebed van ʼn persoon in die angs en depressie van selfisolasie is en uit hierdie angstigheid in God se lewende teenwoordigheid die standvastigheid vind om deur sy wisselvallig te gaan sonder om in sy angs op te gaan of depressie weg te sak. Dit spreek die werklikheid aan van ʼn gemeenskap wat in skok is oor sy misplaaste geloof in die onaantasbaarheid van die lewe en as gemeenskap besig is om in ʼn kollektiewe rousmart in te gaan.

  • August 1, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die oorsaak van die mislukte staatsgreep in Suid Afrika is die korrupsie in die regering en die kerk. Beide omhels mag om die magtiges bokant regsaanspreeklikheid en wetstoepassing te verhef asof dit versoening is. Die mislukte staatsgreep was ʼn poging om die herstel van wet en orde om ver te gooi. Die moderne Christelikheid is egter nie tot wet en orde in ʼn land verbind nie maar om voor die magtiges te buig en omhels te word, en dit versoening te noem.

  • July 25, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek hoe God self rebelle wat ʼn staatsgreep beplan, se staatsgreepplanne in hulle eie gemoed só vorm dat hulle eie planne hul ondergang is. Dit doen God omdat Hy reg en geregtigheid lief het. In en deur sy reg en geregtigheid skep en onderhou God self wet en orde in gemeenskappe. God hou mense regsaanspreeklik binne wet en orde op so wyse dat selfs nie of priesters of konings verhewe is bo die reg nie. God voer sy raadsplan uit om wet en orde te skep en te handhaaf ook deur die magsvergrype van magtiges.

  • July 18, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die oorsprong, inhoud en verloop van Absalom se beplande staatsgreep teen Dawid. Dit wys ook Dawid se staatsmanskap tydens hierdie staatkapingspoging en hoe God sy raadsplan om Salomo koning te maak uitvoer deur Absalom as moordenaar en anargis met sy eie geweld te vernietig. In hierdie uitleg van hierdie staatsgreep kan gelowiges ontdek hoe God voor, tydens en deur ʼn staatsgreep konings aanstel wie in sy guns is en mense wat in mense se guns is met hulle eie geweld waarmee hulle na mag gryp vernietig.

  • July 11, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat ons in die geloof leef in Christus se onsigbare liefde en sy vervulling van al God se ondernemings met ons lewe. Ons leef nie met geloof in die missies en vissie wat ons vir ons eie lewe sien nie. Wie leef in die geloof in hulle eie doelstellings en doelwitte sal deur die vernieling van hierdie pandemie die sigbare waarin hulle glo, verloor, moeg word en uitsak. Omdat ons in die onsigbare Chrístus glo, sal ons nie ons geloof in Hom verloor, moeg word en uitsak op die lewe nie, want Hy hou aan met ons en voltooi alles wat Hy met ons onderneem het vir en met ons.