• July 14, 2016

    Series: Brandpunte

    In hierdie dokument kry u die standpunt van die NG Kerkraad Levubu wat ingeneem is toe die Algemene Sinode leraars wou verplig om as voorgeskrewe plig God na te boots, in plaas daarvan dat hulle Christus moet navolg. U kry ook die volledige weergawe van hoe die kerkraad homself met hierdie standpunt kerkregtelik moes handhaaf teen die druk om hulle aan die mag van die geestelikheid van die moderne Christelikheid kerkordelik te moes onderwerp. Met hierdie verset het die kerkraad die druk om later die Belharbelydenis te moes aanvaar, omdat lidmate die predikante as geestelike bemagtigde leiers moes naboots, afgeweer.

  • July 10, 2016

    Inhoud Hierdie preek help lidmate om die aanslag van die nuwe goddeloosheid in die kerk op hulle te herken. Dit wys op die werklikheid dat die goddelose wêreld die kerk as sy sendingveld sien. Christene moet uit hul geloof in en toewyding aan die Here bekeer word om hulle sondige aard as hul ware godbestemde aard te herontdek. Om hierdie sekularisering van die kerk te bereik verkondig geestelikes godestories in die plek van die Woord van God.

  • June 19, 2016

    Inhoud. Hierdie preek verduidelik wat beteken dit dat ons ons kruis moet dra. Dit beteken dat ons innerlik en openlik weer aan die werklike bedoeling en plig van God se wet gebind is. Ons word verlos van die vernedering om God met ander take, pligte, eise en bedoelings te vereer as die wat God eis, omdat ons daarvoor te geskend sou wees. Christus bind ons hieraan omdat Hy in ons plek gebreek en uitgedoof was as sondaar. Omdat Hy hierdie kruis dra, kan ons die kruis dra van die eer om God se regte wet te onderhou.

  • June 19, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie preek verduidelik wat beteken dit dat ons ons kruis moet dra. Dit beteken dat ons innerlik en openlik weer aan die werklike bedoeling en plig van God se wet gebind is. Ons word verlos van die vernedering om God met ander take, pligte, eise en bedoelings te vereer as die wat God eis, omdat ons daarvoor te geskend sou wees. Christus bind ons hieraan omdat Hy in ons plek gebreek en uitgedoof was as sondaar. Omdat Hy hierdie kruis dra, kan ons die kruis dra van die eer om God se regte wet te onderhou.

  • June 16, 2016

    Series: Luther

    Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther 95 stellings aan die kasteelkerk in Wittenberg se deur as kennisgewing tot openbare debat opgesit. Hier kry u ʼn Afrikaanse vertaling van hierdie stellings deur ds. PJ Kriel ter herdenking aan die 500 se Reformasie na hierdie gebeurtenis.

  • June 15, 2016

    Series: Luther

    Hierdie preek van Luther is baie vroeg in 1518 in druk uitgegee en waarskynlik nog selfs in 1517 gepreek. Dit is ‘n samevatting van die 95 stellinge en verduidelik dit eenvoudig aan die gemeente in Wittenberg. Daarin probeer Luther dit vir die lidmate verduidelik en verstaanbaar maak.

  • June 12, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die preek wys hoe Jesus nie ons goeie leermeester is nie maar die Here wat ons Goeie Herder is. Dit verduidelik wat beteken dit om ʼn volgeling van die Here te wees. Om die Here Jesus te volg is om Hom te vertrou en te gehoorsaam as die Goeie Herder. Ons vertrou Hom vir sy omvattende sorg as Here en luister na sy gebooie omdat Hy God is wat die Goeie Herder is. Ons luister nie na die gebooie van God om soos Jesus te wees nie.

  • June 12, 2016

    Inhoud Die preek wys hoe Jesus nie ons goeie leermeester is nie maar die Here wat ons Goeie Herder is. Dit verduidelik wat beteken dit om ʼn volgeling van die Here te wees. Om die Here Jesus te volg is om Hom te vertrou en te gehoorsaam as die Goeie Herder. Ons vertrou Hom vir sy omvattende sorg en luister na sy gebooie omdat Hy God is wat die Goeie Herder is. Ons luister nie na die gebooie van God om Jesus ons leermeester na te boots nie.

  • June 10, 2016

    Series: Luther

    In hierdie brief van Martin Luther aan die hoof van die Augustynse orde waaraan hy behoort het, herinner Luther Staupitz aan hulle gesprek oor boetedoening en wattter nuwe insig dit vir hom gebring het. Dit was nog voor die 95 stellinge. Hy stel ook dat net voor sy 95 stellinge het hy al die nuwe betekenis van die woord “bekering” in die Grieks teruggevind in plaas van die Latynse woord “boetedoening” waarmee die woord “bekering in die Vulgata vertaal was.