• July 31, 2016

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here se verlossing ons sondige aard verander volgens die beloftes van Esegiël 36: 24 – 31 e.a. Dit wys ook hoe hierdie heilsdaad van die Here ontken word deur geestelikes wat in die vaste orde van die natuur glo en verlossing net kan sien as reiniging van skuld, maar nie as ook die verandering van die sondige natuur van die mens nie. Dit wys dat hierdie ontkenning die Here Jesus verloën en spreek hierdie nuwe goddeloosheid wat in die Christelike kerk as ʼn nuwe geestelikheid van Jesus voorgeleef word aan.

  • July 27, 2016

    Series: Brandpunte

    In hierdie artikel word gewys wat die werklike mag van die werklike Bose is. Dit is die wet van God, die Tien Gebooie. Dit wys dat Jesus Christus ons volledig van hierdie mag verlos het. Dit wys ook hoe geestelikhede wat die wet van God en bekering as weg van saligheid voorhou, die werklike mag van die Bose vandag is. Dit wys dat die sogenaamde Satanisme net ‘n skepping van die moderne Christelikheid is om die werklike mag van die Bose te verskans. Dit is die bekering volgens die wet wat hulle as redding verkondig.

  • July 25, 2016

    Series: Brandpunte

    Hierdie dokument ontknoop die verwarring oor wat die evangelie is. Die evangelie is nie slagspreuke oor Jesus wat jou onderwerp aan die wet nie. Slagspreuke oor Jesus is feitlik die enigste wyse waarop die evangelie vandag nog in kerke gehoor word. Die inhoud van die evangelie is ‘n baie spesifieke saak in die Woord van God. Daarom moet hierdie verwarring tussen evangelie as slagspreuk en evangelie as die inhoud van ons verlossing ontknoop word. Die geskiedenis van hoe hierdie ontknoping binne die NG Gemeente Levubu plaasgevind het, word ook weergegee.

  • July 24, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die gawe wat die Here ons gee om reg te wees vir sy liefde en diens, geregtigheid, ʼn gawe is waarin die toekoms van die skepping opgesluit is. Hierdie gawe is die toekoms van die nuwe skepping. Dit wys hoe gelowiges kan tuis raak om met inspanning te leef in ʼn goddelose wêreld, wat die wêreld met menslike wetgewing wil inrig volgens hulle sondige begeertes. Dit wys ook die rede vir hoekom mense wat lidmate is vandag die kerk verlaat en die Here spot oor sy wederkoms: hulle wil nie in die inspanning leef van die gawe van geregtigheid in ʼn wêreld van ongeregtigheid nie.

  • July 24, 2016

    Inhoud Hierdie preek wys dat die gawe wat die Here ons gee om reg te wees vir sy liefde en diens, geregtigheid, ʼn gawe is waarin die toekoms van die skepping opgesluit is. Hierdie gawe is die toekoms van die nuwe skepping. Dit wys hoe gelowiges kan tuis raak om met inspanning te leef in ʼn goddelose wêreld, wat die wêreld met menslike wetgewing wil inrig volgens hulle sondige begeertes. Dit wys ook die rede vir hoekom mense wat lidmate is vandag die kerk verlaat en die Here spot oor sy wederkoms: hulle wil nie in die inspanning leef van die gawe van geregtigheid in ʼn wêreld van ongeregtigheid nie.

  • July 22, 2016

    Series: Brandpunte

    Die eerste nuwe veroordeling van gelowiges as Christene sonder die gewilligheid en bevoegdheid om versoening prakties in die land te kan maak, het nou van die kant van dr. Isak Burger van die AGS gekom in Die Beeld van 22 Junie 2016. In hierdie veroordeling word die Christelike Kerk in die land veroordeel omdat hulle nie die massabyeenkoms van 11 Junie op die Orlando Stadium in Soweto bygewoon het nie. In hierdie artikel word hierdie veroordeling en hierdie geestelikheid se waanbeeld oor versoening aangespreek.

  • July 22, 2016

    Series: Brandpunte

    Een van die motiverings vir die bywoning van die massademonstrasie van 11 Junie 2016 in Soweto is dat Christene moet demonstreer hulle is nou “Africans”. Hierdie nuwe geestelike kulturele indentiteit word as die bekering voorgehou wat die nuwe grondslag van ‘n nuwe gemeenskap in die land moet wees. Hierdie nuwe geestelike identiteit word gesien as die wyse waarop die land vredevol en welvarend sal word. Hierdie visie word hier aangespeek.

  • July 18, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoekom gelowiges gekweld en gepynig word in hierdie wettelose en beginsellose gemeenskap waarin ons nou leef. Dit wys op al die waanbeelde en veroordelings wat aan Christene toegedig word omdat hulle gekweld is en seer het. Dit wys ook dat dit nie verkeerd is nie maar hoe die genade van God ons juis so laat wees. Dit wys dat in hierdie pyn ons groei in die kennis van die Here en dat ons nie geestelikheid kan gebruik om aan hierdie seer te ontkom nie.

  • July 17, 2016

    Inhoud Hierdie preek wys hoekom gelowiges gekweld en gepynig word in hierdie wettelose en beginsellose gemeenskap waarin ons nou leef. Dit wys op al die waanbeelde en veroordelings wat aan Christene toegedig word omdat hulle gekweld is en seer het. Dit wys ook dat dit nie verkeerd is nie maar hoe die genade van God ons jui so laat wees. Dit wys dat in hierdie pyn ons groei in die kennis van die Here en dat ons nie geestelikheid kan gebruik om aan hierdie seer te ontkom nie.