October 2, 2016
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die bekering van die koninkryk van Christus en die bekering van die koninkryk van geestelikes. Die Here skep sy eie gesag waardeur Hy aan die regterhand van die Vader alles wat God onderneem as ons Vader vir ons vervul. Geestelikes skep ʼn magsposisie waarin hulle self mense se geestelike vaders, leiers en leermeesters word. Hulle gee voor dat hierdie magsposisie is die gesag van Christus maar dit is nie. Gelowiges keer hulle tot Christus aan die regterhand van die Vader in die vertroue dat Hy God is wat doen wat God onderneem. Om Christus as Here te vertrou is die koninkryksbekering. Geestelikes en hul bekeerlinge wil Christus wegkeer uit sy gesag as Here om hul eie magsposisie te bekragtig as vaders, leiers en leermeesters. Wie hulle tot hierdie Christus bekeer is besig met die bekering waardeur jy hel toe gaan.
October 2, 2016
Series: Preke manuskripte

September 25, 2016
Series: MP3 Preke
Inhoud. Hierdie preek wys dat die Here Hom laat doop het om sondaar vir sondaars te wees en hul sondes op hom te neem en weg te vat met sy dood en opstanding. Dit wys dat die Here kinders insluit in die seëninge van sy dood en opstanding. Daarom moet kinders gedoop word met die doop waarmee die Here gedoop is as mens vandag. Hy is saam met hulle ʼn gedoopte omdat Hy in hulle sonde ingedoop is. Die preek wys ook op die afgodsdiens van die wat geestelike magtiges wil wees en daarom kinders uitsluit uit die koninkryk van God. Dit wys dat met die bekeringsdoop van hulle wat glo hulle is die magtigste dissipels, sluit hulle kinders uit God se koninkryk uit. Die Here het nie ʼn bekeringsdoop gehad nie. Dit wys op die kontras dat geestelikes kinders uitsluit uit God se koninkryk terwyl die Here hulle insluit en ook op die kontras dat die Here die magtige geestelikes uit sy koninkryk uitsluit terwyl hulle glo hulle is die bestuurders van sy koninkryk.

September 21, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud Die preek wys die verskil tussen God se liefde wat geopenbaar is en gedemonstreerde liefde. Geopenbaarde liefde is liefde waarin God ons insluit en in laat deel. Afgodsdiens maak van God se liefde ʼn gedemonstreerde skouspel waarby jy nie ingesluit is voor jy nie met God geïdentifiseer het nie. Geloof in Christus is om Hom te ken en te vertrou vir die liefde waarin Hy ons insluit en laat deel. In afgodsdiens word hierdie liefde, en die kennis van en vertroue in hierdie liefde, geminag vir godservarings waarin God se mag as sy liefde geëien word. Daarom minag afgodsdiens die Here se liefde as die kerk se tradisie, die kerk se verstaan van God en die kerk se manier van glo wat nog nie ware liefde met God sou wees nie.
September 18, 2016
Series: MP3 Preke
Inhoud Verootmoediging in die gebed vir reën. Hierdie preek wys die verskil van hoe gelowiges bid vir die sorg van God en hoe ongelowiges tot God bid vir reën. Dit wys hoe die “ons” van die “Ons Vader” hulle is wat met Christus verenig is en daarom altyd deel in die welbehae van die Vader net soos die Seun. Op dieselfde wyse waarop die Vader geweet het wat ons vir ons verlossing nodig het en gesorg het vir wat ons vir ons verlossing nodig het, weet en sorg Hy ook vir ons daaglikse brood. Die gebed vir reën is ʼn gebed in die vertroue dat Hy reeds weet en sorg vir wat nodig is. Hierteenoor staan die selfverminking van ongelowiges voor God. In en deur hulle selfverminking moet hulle vir God wys wat hulle nodig het. Moet hulle ʼn afsydige en ongehaaglike God beweeg om vir hulle te wil doen waarvoor Hy nog nie voorsien het nie.

September 11, 2016
Series: MP3 Preke
Inhoud Die preek wys die verskil tussen God se liefde wat geopenbaar is en gedemonstreerde liefde. Geopenbaarde liefde is liefde waarin God ons insluit en in laat deel. Afgodsdiens maak van God se liefde ʼn gedemonstreerde skouspel waarby jy nie ingesluit is voor jy nie met God geïdentifiseer het nie. Geloof in Christus is om Hom te ken en te vertrou vir die liefde waarin Hy ons insluit en laat deel. In afgodsdiens word hierdie liefde, en die kennis van en vertroue in hierdie liefde, geminag vir godservarings waarin God se mag as sy liefde geëien word. Daarom minag afgodsdiens die Here se liefde as die kerk se tradisie, die kerk se verstaan van God en die kerk se manier van glo wat nog nie ware liefde met God sou wees nie.
September 4, 2016