September 1, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus Homself as die Here openbaar van Jesaja 6: 6 – 8, wie Hom vir geestelikes hul afgod laat wees terwyl Hy vir sy kinders Here en God is, Wie die Here hul geestelike maatjie maak, het van Hom ʼn afgod gemaak wie hulle as God wil stil hou. Dit is wat geestelikes met die Here Jesus doen wanneer hulle van Hom hul bekerings – en doopsmaatjie maak. Hulle maak Hom die afgod wie hulle Hom in hulle lewe wil hê. Vir hulle laat die Here Hom hul afgod wees, sodat hulle hul nie tot Hom as die Here wat vir hulle as mens gely en uit die dood uit opgestaan het, kan bekeer nie. Sy kinders hou die Here só in sy liefde vas dat hulle hul altyd tot Hom as Here en God in aanbidding bekeer.
August 30, 2019
Series: Preekdagstukkies
August 25, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat goddeloses gewelddadig optree teen gelowiges omdat hulle goed doen. Die rede vir hierdie geweld is om die onderskeid wat God maak tussen offers wat mense vir Hom gee en die offer wat Hy vir mense gee, sy eie Seun, te vernietig. God se offer wat Hy gee maak sondaars en hul liefde vir God weer goed. Mense se offers vir God maak God die afgod van hul eiemagtigheid. Goddeloses en hul geestelikes sal hierdie onderskeid wat God maak tussen wie Hy goed laat wees deur sy offer en hoe mense hulle self vir God goed maak deur hulle offers, met geweld gelykmaak in hierdie wêreld. Daarom straf hulle gelowiges wat goed doen, as mense wat sleg is, om te wys hul God sal hul nie anders laat wees as wat hulle is nie, en God sal in hierdie wêreld net die afgod wees wat hulle Hom wil hê. Hy sal nie die God wees wie Hy homself vir sy kinders maak nie.

August 23, 2019
Series: Preekdagstukkies
August 18, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die nagmaal ʼn teken van die nuwe verbond is wat Christus in effek stel en in ons lewe laat werk. In die nuwe verbond onderneem God dat Hy ons God sal wees en dat Hý, nie ons nie, sal sorg dat ons sy kinders sal wees wat Hom liefhet. Die nagmaal kan nie ʼn teken wees van die ou kontrakverhouding waarin ons moet gehoorsaam wees om geseën te word en nie ongehoorsaam moet wees om nie vervloek te word nie. (Deuteronomium 28) Wie die nagmaal ʼn teken van die ou kontrakverhouding met God maak, gebruik die nagmaal onvanpas en stel homself daarmee onder die vloek van die ou kontrakverhouding met God. Wie in die nagmaal met die tekens van brood en wyn hul vereniging en eenheid met Jesus se menswees in die hemel ontvang, gebruik die nagmaal gepas en leef in die seëninge van die nuwe verbond wat die Here met sy bloed beseël.

August 16, 2019
Series: Preekdagstukkies
August 11, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen geloofsekerheid en absolute selfversekerdheid. Christene het geloofsekerheid dat God hulle en hul liefde vir God regverdig gemaak het, in en deur Jesus Christus. Hulle het sekerheid oor geregtigheid. Ongelowiges het absolute selfversekerdheid oor hoe hul vir hul self die hemel verkry of oor hoe hul eie besluite, planne en oortuigings God se eie besluite, planne en oortuigings is. Alles wat Christene uit die geloof in God se regverdigmaking doen, met al die foute, gebreke en oortredings daarin, is vir God volmaakte gehoorsaamheid. Alles wat ongelowiges uit absolute selfversekerdheid reg doen, is sonde vir God.