September 22, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek ter geleentheid van Anton O’Reilly se openbare belydenis in die NG Gemeente Kimberley wys dat ons getuig deur wat ons oor Christus sê en hoe ons lewe wys dat ons in sy liefde leef. Ons bely dat Hy ons met Hom verenig sodat Hy ons sonde was en ons sy heiligheid en regverdigheid as mens is. Só is ons en ons liefde vir God reggemaak. God se liefde vir ons wys in die goeie werke waarin ons sommer net gehoorsaam is aan sy wet, sonder enige verwagting van straf of beloning, met die regte wet wil by sukkel en wil luister na ons oortredings en eise van die wet sonder dat ons skuldig of sleg is daaroor. In afgodsdiens word hierdie getuienis só verwring dat mense oor hul spesiale liefde vir God praat, nie meer oor sy liefde vir hulle nie en hulle God se goddelike mag wil uitbeeld en nie meer hul menslike goeie werke volgens God se wet wil wys nie.
September 15, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat wie ingesluit is in wie Jesus Christus vir hulle as mens is by God, nooit weer sal honger en dors na God se behae nie, nooit weer in God se onbehae sal leef nie. Hulle sal elke dag in alles wie hulle is en doen in die behae van God as hul Vader leef, net soos alles wie kinders is en wat hulle doen hul ouers behaag. Dit staan teenoor die ongeloof van geestelikes dat mense iets spesiaals moet wees en doen om God spesiaal te laat voel. Dit is soos kleintjies wat altyd iets spesiaals, spesiale toertjies vir ander mense moet doen, sodat hul ouers kan goed voel oor hulself. Hierdie ongehaaglike god wat net spesiaal oor homself kan voel wanneer mense geestelike toetjies uitvoer is ʼn afgod. God het ʼn behae in ons as sy kinders net omdat ons sy kinders is.
September 13, 2019
Series: Preekdagstukkies
September 8, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat God se sorg en beskerming steeds die sekuriteit van hulle is wat in die angs leef van getraumatiseerde geweld. Dit wys dat God nie die God van ons angsvolheid is, maar die God is wat ons in die werklikheid van sy liefde en sorg vashou, al is dit nie meer vir ons aanvoelbaar in ons trauma nie. God en wie Hy is vir die werklikheid van ons lewe, nie die bedreigings en vereensaming wat ons aanvoel in ons angs nie.

September 6, 2019
Series: Preekdagstukkies
September 6, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Christus het uit die dood uit opgestaan sodat Hy altyd God in alles en vir alle vir ons kan wees. Daarom kan die dood nie ons niks vir God laat wees nie. Ons kan rou oor ons geliefdes dat God alles vir hulle is in hul dood waar ons niks vir hulle kan wees nie.

September 1, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus Homself as die Here openbaar van Jesaja 6: 6 – 8, wie Hom vir geestelikes hul afgod laat wees terwyl Hy vir sy kinders Here en God is, Wie die Here hul geestelike maatjie maak, het van Hom ʼn afgod gemaak wie hulle as God wil stil hou. Dit is wat geestelikes met die Here Jesus doen wanneer hulle van Hom hul bekerings – en doopsmaatjie maak. Hulle maak Hom die afgod wie hulle Hom in hulle lewe wil hê. Vir hulle laat die Here Hom hul afgod wees, sodat hulle hul nie tot Hom as die Here wat vir hulle as mens gely en uit die dood uit opgestaan het, kan bekeer nie. Sy kinders hou die Here só in sy liefde vas dat hulle hul altyd tot Hom as Here en God in aanbidding bekeer.