August 11, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen geloofsekerheid en absolute selfversekerdheid. Christene het geloofsekerheid dat God hulle en hul liefde vir God regverdig gemaak het, in en deur Jesus Christus. Hulle het sekerheid oor geregtigheid. Ongelowiges het absolute selfversekerdheid oor hoe hul vir hul self die hemel verkry of oor hoe hul eie besluite, planne en oortuigings God se eie besluite, planne en oortuigings is. Alles wat Christene uit die geloof in God se regverdigmaking doen, met al die foute, gebreke en oortredings daarin, is vir God volmaakte gehoorsaamheid. Alles wat ongelowiges uit absolute selfversekerdheid reg doen, is sonde vir God.
August 9, 2019
Series: Preekdagstukkies
August 4, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe ons openlik bely wie Jesus is omdat Hy net die waarheid en werklikheid is oor hoe God God is. Christus is hoe God is wat Hy is volgens Exodus 3: 14. Ons bely nie maar net hoe ons oor Jesus voel, dink of Hom ervaar nie. Ons erken Hom vir wie Hy werklik is. Daarom verwerp ons alle eise en verwagtings dat ons erkenning van Hom só moet wees dat ons Hom nie mag erken soos werklik Hy is nie, maar Hom net moet erken as iets of iemand in ons eie gemoed. Christus laat ons wees wie ons is en Hy sê wie ons is. Ons verloën Hom nie sodat ander magte en mense sal sê wie ons is nie. Christus sê nie vir God die Vader dat Hy vir ons intree, wanneer ons Hom nie erken as die Here wat openlik vir ons intree nie.
August 4, 2019
Series: Preke manuskripte

August 2, 2019
Series: Preekdagstukkies
July 28, 2019
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges uit God se liefde en genade in Christus geskep, gevoed en beveilig word. God se liefde is ons tuiste en leefwêreld. Dit wys hoe goddeloses God se genade en liefde die lêplek wil maak vir hul afgodsdiens, maar dit nie kan regkry nie. Want sodra hul vry hul self in hul goddeloosheid wil wees, is dit juis God se liefde en genade wat hul in hul goddeloosheid onderdruk en verstik. Daarom breek hulle dramaties uit die geledere van die kerk van Christus asof hul liefdeloos deur lidmate behandel sou wees, maar eintlik ontuis voel in God se liefde en genade. Gelowiges moet teenoor hierdie goddeloosheid wat die Here se kerk as ʼn slegte plek probeer uitmaak waaruit jy moet wegkom, hul weer tuis vind binne die liefde en genade van God in sy kerk.

July 26, 2019
Series: Preekdagstukkies
July 21, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys wat die verskil is tussen sogenaamde kampvegters vir God en God se koninkryksake, en getuies en dienaars van God. Dit word gedoen deur te wys hoe God van Paulus, as kampvegter vir God se saak in die Naam van die Joodse Messias, sy getuie en dienaar op die Damaskuspad gemaak het. Getuies bedryf en veg nie vir God sy sake nie. Hulle vertel net van die lyding en opstanding van Jesus Christus. Christus alleen bedryf God se koninkryksaak, die vergifnis van sonde, sonder enige mede-koninkryksbestuurder, – organiseer of vegter. Geestelikes wil vandag gelowiges as getuies van Christus, kampvegters vir God en God se koninkryksake maak, deur hulle van hulle geloof en belydenis oor die lyding en opstanding van Jesus Christus kamstig te bevry asof dit fundamentalisme sou wees.