• October 27, 2019

    Series: MP3 Preke

    Inhou Hierdie preek wys dat ons heiligmaking is om aan te hou sukkel met ons roeping teenoor God in die sekerheid dat ons reg en heilig is vir sy liefde. Wie in hierdie geloof leef, word nie moeg en sak nie uit sy roeping teenoor God uit nie. Wie glo dat hulle vir God beter moet word sodat God hul nie meer moet laat sukkel met hul roeping nie, sak uit en gee op teenoor die eise van die lewe. Gelowiges gee hulle nie oor aan die vernieling van die “Afrika-droom” nie, maar bly hul roeping vervul ten spyte van die vernieling deur die “Afrika-droom”

  • October 25, 2019

  • October 20, 2019

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat God se getrouheid om ons met sy skeppingsmag en kragte te versorg, beteken dat God landbouproduksie op aarde waarborg. God doen dit deur steeds te sorg vir slegte se voedselsekuriteit. Dit is ʼn afgodsbeeld wat God voorhou as ʼn god wat mense vir hul slegtheid aanval en verniel met sy skeppingskragte soos lug- en seestrome, hitte en koue en insekte. Net so sorg God vir voedselsekuriteit deur owerhede in te stel wat slegte mense tot verantwoording moet bring. God gee ons nie oor aan die magtiges wat hul bokant aanspreeklikheid verhef en landbou daardeur bedreig nie. In hierdie sorg van God is Hy die offer vir ons sonde sodat ons in en deur alle verliese in God se bestuur van sy skepping steeds sy volkome en heilige dienaars bly. In hierdie geloof kan ons volhard in ons roeping terwyl ons verliese ly.

  • October 18, 2019

  • October 13, 2019

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here sy kinders se sondes straf en bestraf as tugtiging. Die doel van die Here se tugtiging van sy kinders oor hul sondes is om die onsienlike dinge te kan sien: die Here as hul barmhartige Hoëpriester wat die enigste offer vir hul sonde, eens en vir altyd gebring het, om hulle vir sy liefde altyd heilig en volmaak te laat wees. Ons bring nooit weer offers vir ons sondes om ons vir God reg en goed te maak nie. Daarom straf en bestraf God nou ons as sy kinders se sondes om ons te keer om sonde as om geluk te glo en om ons heiligheid vir Hom te kan sien. Tug is nooit iets wat ons oor bly kan wees of verstaan nie. Dit is bedoel om ons aan ons roeping en diens aan God vas te hou. Die moderne Christelikheid wil ʼn nuwe straflose tug sonder enige bestraffing deur God oor ons sonde instel omdat hulle nie meer weet wat is die onsienlike wat ons moet sien nie: God het ons vir sy liefde geheilig.

  • September 22, 2019

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek ter geleentheid van Anton O’Reilly se openbare belydenis in die NG Gemeente Kimberley wys dat ons getuig deur wat ons oor Christus sê en hoe ons lewe wys dat ons in sy liefde leef. Ons bely dat Hy ons met Hom verenig sodat Hy ons sonde was en ons sy heiligheid en regverdigheid as mens is. Só is ons en ons liefde vir God reggemaak. God se liefde vir ons wys in die goeie werke waarin ons sommer net gehoorsaam is aan sy wet, sonder enige verwagting van straf of beloning, met die regte wet wil by sukkel en wil luister na ons oortredings en eise van die wet sonder dat ons skuldig of sleg is daaroor. In afgodsdiens word hierdie getuienis só verwring dat mense oor hul spesiale liefde vir God praat, nie meer oor sy liefde vir hulle nie en hulle God se goddelike mag wil uitbeeld en nie meer hul menslike goeie werke volgens God se wet wil wys nie.