Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • March 7, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die toerusting om ’n getuie vir die Here te wees, en die toerusting van die Kerk met die Heilige Gees. Die prediking, sakramente en tug is die krag waarmee die Heilige Gees die Kerk van die Here toerus. Hierdie drie bedieningsmiddele is die kragtige instellings van die Here waardeur Hy mense, in Sy volle genade laat deel en hulle deur Sy genade regeer om in hulle volkome verlossing te leef. Die gawe waarmee die Here sy dissipels toerus om sy getuienis te wees, is hulle geloof in Hom. Dit is twee verskillende soorte toerusting. Die dissipels was deur die gawe van geloof in die evangelie, ten volle toegerus om die Here se getuies te wees. In hulle geloof in Sy lyding en opstanding, deel die dissipels die volle verlossing van en deur die vergifnis van sonde. Naas hierdie magsdaad van die Here op die Sondagaand, waarin Hy hulle met Hom verenig en in hulle die kennis en vertroue skep as Here, is daar geen ander geestelike ervaring met die Here wat hulle meer verlos, meer gelowig en meer gehoorsaam aan die Here gemaak het nie. Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag het niks toegevoeg aan hulle geloof en gehoorsaamheid aan die Hom nie. Dit het drie nuwe bedieningsmiddele toegevoeg aan die kerk wat die kerk nooit voorheen gehad het nie. Om te getuig vir die Here kan daar nooit weer ’n wag-opdrag wees nie! Die kerk is eenkeer vir altyd met die bedieningsmiddele van die prediking van Christus, die tekens van Christus en die tugtiging na Christus toegerus. Net so min as wat die Kerk eers weer moet wag dat die Here moet ly, gekruisig word, dood moet gaan, begrawe moet word en uit die dood moet opstaan om na die Hemel op te vaar, net so min sal die Kerk van die Here ooit weer hoef te wag vir die toerusting van die Kerk!

  • March 1, 2015

    Inhoud Die diepste greep van sonde en die mag wat die mens die mens van God vervreem, is skaamte. Die diepte van skaamte is die vrees dat God Hom vir my skaam. Skaamte gaan oor die werklikheid dat my Skepper vir my as mens skaam is vir wie en wat ek is, en dat Hy skaam is om my God genoem te word. In die afgodsdiens van die moderne Christelikheid verkondig hulle ʼn nuwe god: hierdie god het skaamteloos geword vir sondaars in hulle sonde. God het nie meer ʼn afkeur in die sonde van sondaars nie. Hy self het ʼn skaamtelose God geword. Met hierdie nuwe skandegod omhels mense hulle eie onheiligheid, om skandelike drifte as ware liefde te glo. Christus het in ons plek mens geword om die skaamte van ons verwronge liefdes, ons misplaasde liefdes en ons skewe liefdes op Hom te neem sodat Hy ons onheiligheid met sy heiligheid as mens kan bedek. In sy barmhartigheid bedek Hy ons skaamte en maak ons weer innerlik verbonde aan liefde wat liefde en nie begeertes is nie. So help Hy ons uit ons skaamte om trots mens vir God in heiligheid te wees.

  • February 28, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen ware predikers van die evangelie en valse predikante. Predikante wat die lewe van Christus in sy geboorte, lyding, kruisiging, sterwe en opstanding verkondig, is getuies van die Here. Predikante wat hulle eie lewensverhaal aan gemeentes voorhou is valse predikante. Paulus wys hoe dit verkeerd is om jou eie lewensverhaal ʼn middel te maak waardeur God sy genade sou bewerk deur self te roem in sy eie geestelikheid, maar dit dan dadelik as dwaasheid uit te wys. God gebruik nie sulke geestelike verhale oor mense om mense deel van sy genade te maak nie. Dit is alleen deur die verkondiging van die Here se lewe dat God mense met Christus verenig. Daarom mag ʼn leraar nooit hom self aan lidmate voorhou asof lidmate in en deur sy lewe nader aan God sal kom of enige heilservaring sal beleef nie. Hy mag nie sy eie geestelike lewe voorhou asof dit ’n heilsmiddel is waardeur God werk nie. Hy moet ook in sy leiding aan die kerkraad hierdie dwaasheid uit die kerkraad en byeenkomste van die gemeente weer.

  • February 22, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys wat is die verskil tussen die gesag van Jesus as Christus en Here teenoor die gesag van geestelike en morele leiers. Net Christus sit aan die regterhand van God terwyl geestelikes altyd op die stoel van Moses sit. Christus se gesag is om die las van die wet van God self op Hom te neem en die oordeel en eis om heiligheid self te dra. Geestelikes se gesag is om die wet van God se liefdeseis self op mense te plaas en self die oordeel van liefdeloosheid van hulle te eis. Met hierdie voorbeeld wat hulle stel, bind hulle altyd skuld-, oordeel-, vloek- en verwerpingslaste op hulle volgelinge. Christus verwerp hulle gesag om voorbeelde te wees want hulle vertoon van geestelikheid en moraliteit sal altyd iets anders wees as gehoorsaamheid aan die wet van God en sal altyd ʼn uiterlike vertoon wees van simbole waarvan hulle die leermeesters is. Hulle vertoon is nooit gehoorsaamheid aan God se wet nie. Die kerk van die here luister nie net na geestelike rolmodelle nie. Die Kerk van die Here luister onbevange na enige mens, ongeag sy posisie of eie geestelike lewe, indien hierdie persoon wys hoe God se Wet gehoorsaam moet word.

  • February 7, 2015

    Inhoud Die werklik saak waaroor die koningskap van Christus gaan, die belangrike saak van die koninkryk is om in die gawe dat ons en ons liefde vir God reggemaak is, in die vrede en blydskap van liefde wat nie verwerp word nie, te kan leef en die Here te kan dien. Gelowiges ontdek mekaar as mense binne hierdie gawe van God – liefde wat God reg laat wees in Christus. Wie ingestel is op hierdie gawe van God en wat hierdie gawe ons vir God laat wees, onderskei tussen onbelangrike en belangrike sake. Belangrike sake is die regte liefde waarin God ons laat leef: die liefde van Christus volgens die Wet van die Here. Dit is die sake waarin ons mekaar as reg vir God vind en ontdek. Daarom doen Paulus die beroep op gelowiges om nie onbelangrike sake dieselfde waarde te gee as hierdie regte saak nie: om
    deel te wees van die gawe van reg-gerekende liefde, ten spyte van eie gebroke en halfhartige liefde. Daarom kan gelowiges in onbelangrike sake met mekaar verskil, soos régtig verskil ook in die huwelik.

  • February 1, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen Christelike liefde en goddeloses se goddelike liefde. Christelike liefde is altyd liefde wat dink en doen, liggaamlik doen en verstandelik bedink. Christelike liefde is meningsvormend, waardebepalend en verantwoordelik. Christelike liefde is nie ’n misterieuse onbekendheid of ’n geestelike ervaring wat nie as liggaamlike daad geken mag word nie. Goddeloses het anders lief. Wêreldse liefde is liefde wat nie bedink en gedoen word nie. Wêreldse liefde is altyd een of ander geestelike ervaring waar jy nie mag dink of doen nie. Hierdie wêreldse liefde word vandag in afgodsdiens “oorgawe” aan God genoem. Hierdie oorgawe beteken jy moet “niks vir God doen” nie. Hierdie “niksdoen” is glad nie geloof in die Evangelie nie. Geloof is nooit “niksdoen” nie. Geloof is om God te ken in Sy liefde, en ook mense te ken in hulle liefde. Geloof is om God te vertrou vir Sy liefde, en ook mense te vertrou vir hulle liefde.

  • January 25, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys dat die wyse waarop die owerheid Christene se lewe beïnvloed deur hulle as misdadigers te brandmerk terwyl hulle diensbaar probeer leef, nie hul bestemming kan verander nie. God bepaal ons bestemming in sy diens. Hy is die skeepskaptein wat ons gekies het vir die vrag wat ons moet dra en hawe waarheen Hy ons met die vrag neem. In hierdie openbare geweld teen ons mag ons nie toegee aan die kollektiewe skuld waarmee die owerheid en geestelikes ons van ons roeping wil vervreem nie. Ons moet bly leef met die heerlikheid: “Ek het ’n vrag!”, “Ek het ’n hawe, ’n bestemming” en “Ek het ’n kaptein wat my deur die storms stuur.”

  • January 24, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys dat die dood van ʼn mens ook vir God ʼn verlies is: Hy word die eer en dank van sy dienaar binne sy skepping ontneem. Mense is nie gesiglose karakters binne ʼn massa wat God aanroep nie. Vir God is sy kinders se eer en dank in hierdie skepping belangrik. Daarom is Christus die skadebeheer en skadevergoeding op die dood van die mens. In sy regverdigmaking behou God die eer en dank van sy kinders vir ewig en bestem God dit om weer deel van die nuwe skepping te wees. In hierdie geloof kan ons van mekaar met die dood afskeid neem.

  • January 18, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen gelowiges en goddeloses se hoor van die evangelie. Christene hoor die evangelie as verslossing van sonde. Goddeloses hoor dit as veroordeling van hul liefdes. Daarom soek goddeloses ʼn ander evangelie waarin hulle nie van sondeskuld verlos word of van die mag van sonde verlos word nie. Hulle soek ʼn evangelie in die Naam van Jesus wat sonde as liefde regverdig. Hierdie verskil word verduidelik met die voorbeeld van die verskil tussen insekdoders en velverfrissers.