Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • January 17, 2015

    Inhoud Hierdie preek stel die verskil aan die ore van wie ons as mense dink en voel ons is teenoor wie God ons vir hom as Here laat wees. Die mens se waarde lê en kan nie gevind word in wie ons in en met mekaar is nie. Die waarde van ons menswees gaan oor dat ons aan God behoort en Hy ons in sy raadsplan altyd meer en anders laat wees as wat ons self kan dink en voel. Daarom kan ook die dood ons nie definieer vir wie ons is en wat ons lewe beteken nie. Wie Christus ons altyd vir God laat wees bepaal wie ons is. Daarom kan die wyse waarop ons doodgaan ook nie wat ons vir God beteken verlore laat gaan nie.

  • January 11, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen God as Onderdrukker en God as Versorger van sy kinders. God is deur sy wet elke goddelose mens se groot Onderdrukker. Hy verniel hul goddeloosheid en maak hulle gevangenes van hul eie wetteloosheid. Goddeloses probeer met afgodsdiens God as hul bevryder voorhou om hul goddeloosheid te regverdig. God is terselfdertyd vir sy kinders Versorger. Hy voed en lei sy kinders in hulle diens en liefde vir
    Hom. Hulle sonde maak hulle nie maar dieselfde as goddeloses en God hul Verdrukker nie. Hy bly ten spyte van hul sonde Hul Versorger.