2015.01.24 God laat ons eer en lof vir Hom nooit verlore gaan nie (Roudiens Hans Beetge)

January 24, 2015
Notes Download

Inhoud Hierdie preek wys dat die dood van ʼn mens ook vir God ʼn verlies is: Hy word die eer en dank van sy dienaar binne sy skepping ontneem. Mense is nie gesiglose karakters binne ʼn massa wat God aanroep nie. Vir God is sy kinders se eer en dank in hierdie skepping belangrik. Daarom is Christus die skadebeheer en skadevergoeding op die dood van die mens. In sy regverdigmaking behou God die eer en dank van sy kinders vir ewig en bestem God dit om weer deel van die nuwe skepping te wees. In hierdie geloof kan ons van mekaar met die dood afskeid neem.