Filtered by:
Series: Preke manuskripte
November 29, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Met die doop stel Christus Homself aan sy kinders bekend as die Een wat hulle in sy liefde insluit en laat bly. Dit is hoe die leraars dit moet bedien. Die doop is nie ʼn teken waarmee die geestelikes hulle bekeerlinge bekendstel nie.
November 15, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Christus bevry ons van sonde tot diensbaarheid. In moderne Christelikheid word mense vry gemaak van diensbaarheid aan God en die eis gestel dat die kerk nie mag onderskei tussen verlossing en bevryding van aanspreeklikheid teenoor God nie.
November 8, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Biddag vir reën. God se eer is sy oorvloedige sorg. Mense onteer God deur sy skepping te verniel en die tekorte van hierdie sonde aan God toe te skryf. Wie bid vir reën moet bid dat God goddeloosheid sal vernietig.
November 6, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Gelowiges begryp die liefde wat God vir hulle in Christus Jesus het, maar hulle verstaan nooit die raadsplan van God met hulle lewe. Daarom kan hulle met die lewenskuns leef om alles te begryp sonder om die raadsplan van God te verstaan.
November 3, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die openbaring van die Here as Herder maak Hom bekend in sy omvattende sorg. Die geloof in hierdie om vattende sorg word bely met die woorde: Ek kom niks kort nie.
October 4, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Ons bekerings van sonde en ons geloof in Christus is hoe ons met die Gees wandel. Ons sonde doen en bekeer is die wandel met die Gees. Daar is nie ʼn wandel met die Gees waar sonde die wandel stop nie. God wandel met ons terwyl ons sondaars is en doen.
September 26, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die Here verbind man en vrou in egte, spontane liefde waarin man en vrou hulle self mekaar gee in ʼn eenheid van lewe, toekoms, liggaam, inkomste en tuiste. Hierdie liefde kan net as gawe gevind en gegee, dit kan nie kunsmatig opgewek word nie.
September 20, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Geloof in Christus is ons toekeer tot die verbondsbeloftes wat die Here waarmaak. Gehoorsaamheid aan die wet is ons wegkeer van sonde. Met hierdie twee bekerings keer ons tot God die hele tyd. Daar is nie ander spesiale bekerings vir besondere gawes tot God nie.
September 6, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die geloof in Jesus Christus is hoe ons ons tot God toekeer. Daarom word geloof in die Bybel ook bekering genoem. Wanneer dit gaan oor God se genade en liefde is geloof en bekering sinonieme. Afgodsdiens noem die wegkeer van Christus die “eerste bekering”.