Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • December 25, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus, die Seun van God as mens gebore is om die kerk se Sterk Verlosser te wees. Die Here is nie swakkelinge, sosiaal wanaangepastes, innerlike gekrenktes of politieke onderdruktes se Sterk Verlosser nie. Hy is ook nie Sterk omdat Hy mense breek en aan sy Almag onderworpe en ondergeskik maak nie. Hy is die sterk Verlosser omdat Hy sondaars wat sterk is in hulle sonde, sterk maak in hulle diens en liefde aan God. Sondaars se krag is hulle oog waarmee hulle alles wat goed is donker maak, alles waar liefde is en moet wees sien as sondige begeertes. Die Here word sy kinders se Lig omdat Hy hulle insluit en laat deel in sy heiligheid en regverdigheid as mens en vir hulle die gestrafte sondaar te word. So heilig God hulle en hul liefde vir Hom. ʼn Liefde waarin hulle weer sondigheid as donkerte kan herken en liefde as lig.

  • December 18, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons vir God se liefde volkome maak en ons gebroke liefde ook vir God volkome maak. Dit is wat dit beteken dat Christus ons heilig. Hy heilig vir God se liefde en heilig ons liefde vir God. Dit doen Christus deur ons in wie Hy as mens vir God is in te sluit. Omdat ons deur sy lyding vir God se liefde heilig is, is God nie skaam vir ons en ons liefde vir God nie. Ons mag vrymoedig God liefhê. Christus laat kinders ook vir Hom heilig wees en Hy skaam Hom ook nie om Here vir kinders te wees nie. Dit is wat hulle doop verseël.

  • November 20, 2016

    Series: MP3 Preke

    2016.11.20 Inhoud. Hierdie preek is gelewer tydens die openbare belydenis van vier volwassenes waarvan twee elkeen saam met hulle kinders gedoop is. Die preek wys wat die seëninge van die Heilige Gees is waarvan die doop ʼn verseëling is en waarvan die Heilige Gees die waarborg is. Dit wys ook dat Jesus se handelende gelykenis waarin Hy die kindertjies seën ʼn openbaring is van hoe Hy self hierdie kinders in die seëninge van die Gees laat deel. Ouers en kinders deel in dieselfde seëninge van die Gees. Daar is nie verskillende stelle seëninge vir kinders en volwassenes nie. Die doop verseël dat kinders in hierdie seëninge deel terwyl die inseëning van kinders in die moderne Christelikheid kinders uitsluit van die seëninge van die Gees. ʼn Voorbeeld van hoe ʼn papier ʼn amptelike dokument word en nie net ʼn papier met ʼn mooi prentjie is nie, verduidelik die verskil tussen die doop en die inseëning van kinders.

  • November 6, 2016

    Series: MP3 Preke

    2016.11.06 Inhoud Hierdie preek verduidelik die openbare belydenis van geloof van die apostel Johannes “Ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin.” in Joh. 4: 16. Dit is vir die openbare belydenis van 10 jongmense in Levubu. Openbare belydenis is ʼn getuienis oor die liefde waarin Christus jou insluit en laat leef. Dit is nie ʼn kerklike bevestiging van jou opinie of opvatting oor Jesus of jou eie openbare onderneming oor hoe jy God sal liefhê nie. Want Christus se liefde waarin Hy ons insluit en laat leef, is werklike liefde, nie ons liefde vir God nie en sy liefde bly in ons lewe altyd die eerste liefde. Ons eie liefde vir God is net ʼn skepping van God se liefde in ons. Ons geloofsbelydenis gaan oor die Here se liefde vir ons, ʼn liefde waarin Hy ons werklik laat deel, vir ons altyd eerste liefde laat wees en ʼn liefde waarin Hy ons altyd laat bly.

  • October 30, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Martin Luther in sy 95 stellings bekering losgemaak het van die godsbedryf van die Rooms Katolieke Kerk deur bekering uit die biegpraktyk te verwyder en weer deel van die lewe met God te maak. Daardeur is bekering weer deel van ʼn lewe in die liefde van God. Bekering is deel van gelowiges se kruisdra. Omdat Christus die kruis van sonde en die straf op sonde dra, is die moeilike eis tot bekering nou weer deel van vreugdevolle gehoorsaamheid. Dit is nie meer ʼn manier om vergifnis te verkry nie. Martin Luther het bekering losgemaak van die magspreuke waardeur priesters God se vergifnis self bedryf het en so God self aan die gang gehou het op aarde. Dit wys ook hoe die moderne Christelikheid skynheilig Hervorming vier as hul fees, terwyl hulle ʼn totale godsbedryf
    opgerig het waardeur hulle alles wat God is en doen op aarde aan die gang hou.

  • October 26, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys uit Psalm 10 dat Christene nie goddeloses se geweldslagoffers kan wees nie. In die doodsoomblik van geweld gee gelowiges hulle aan God oor, nie die mag van moordenaars nie. God is nie vir of sy kinders of hulle geweldenare ooit ʼn afwesige afgod nie. Vir sy kinders is Hy in die dood en geweld hulle teenwoordige Vader en vir moordenaars die teenwoordige Regter. Dit spreek ook die Stockholm sindroom aan waarmee geestelikes van die NG Kerk en die magtiges van die land boere en landbougemeenskappe die oorsaak van hulle eie moord wil uitmaak om hulle self van hierdie geweld te isoleer en daarbo te verhef. Hierdie preek is deel van die medelydsaamheid van die Levubu en Soutpansberg se geloofsgemeenskap met die moord op Hennie Bonnema as boer op die 18 de Oktober 2106.

  • October 23, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie preek wys op die valse nasie hoop binne die NG Kerk. Dit wys dat
    Afrikaanse gemeenskapsleiers en kerkleiers met ʼn valse hoop besig is om lidmate te laat
    aanhou hoop in wat nie reg is of reg sal kom in die land nie. Teenoor hierdie valse nasie hoop
    word die vertroue in God se verbondstrou gestel waarin gelowiges met hierdie nasiehoop kan
    breek en in die wete dat niks meer reg is in die land nie, met hulle diens, toewyding en liefde
    in God kan aanhou

  • October 9, 2016

    Series: MP3 Preke

    2016.10.09 Inhoud Hierdie preek wys dat bekering is nie iets wat ons met Christus doen nie. Bekering gaan oor hoe ons God lief het, wat in sy liefde met ons is. Daarom gaan bekering oor hoe om in God se liefde te leef en nie om God wat deur ons sonde te ver of te hoog vir ons is, naby te maak nie. Alleen Christus se heilswerk het God se liefde naby gemaak, by en met ons. Wat Christus is sy heilswerk gedoen het om God naby te maak, mag ons nie met bekerings probeer nadoen nie. Bekerings wat van ʼn ver en hoë God ʼn naby liefdevolle God maak is nie bekerings nie. Dit is ʼn magspel met God.

  • October 2, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die bekering van die koninkryk van Christus en die bekering van die koninkryk van geestelikes. Die Here skep sy eie gesag waardeur Hy aan die regterhand van die Vader alles wat God onderneem as ons Vader vir ons vervul. Geestelikes skep ʼn magsposisie waarin hulle self mense se geestelike vaders, leiers en leermeesters word. Hulle gee voor dat hierdie magsposisie is die gesag van Christus maar dit is nie. Gelowiges keer hulle tot Christus aan die regterhand van die Vader in die vertroue dat Hy God is wat doen wat God onderneem. Om Christus as Here te vertrou is die koninkryksbekering. Geestelikes en hul bekeerlinge wil Christus wegkeer uit sy gesag as Here om hul eie magsposisie te bekragtig as vaders, leiers en leermeesters. Wie hulle tot hierdie Christus bekeer is besig met die bekering waardeur jy hel toe gaan.