Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • July 2, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Jesus Christus is saai die saad van sy lyding, kruisiging en opstanding waardeur Hy sondaars kinders van God laat wees. Satan skep ‘n valse Christus vir skyn-christene in die Here se kerk. Die Here voer nie suiweringsveldtogte teen skyn-christene in sy kerk nie, maar Satan voer suiweringsveldtogte teen Christene in die Here se kerk. Die skyn-christene is die godsvervuldes wat die kerk van sogenaamde kraglose Christene wil suiwer. Hulle is die slim wetenskaplike Christene wat suiweringsveldtogte teen gelowiges as “ fundamentaliste” aanvoer. Hulle is die magtige christene wat die kerk van kamstige “ Sondag-christene” wil suiwer vir hulle godsdienstige politiekery. Hulle is altyd die ware, egte, opregte, wedergebore, slim en innige Christene wat veldtogte hou om die Here se kerk van Kommuniste, liberales, rassiste en sataniste te wil suiwer.

  • June 25, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Here Jesus die Saaier is wat ons oë, ore en harte oopgemaak het vir sy lyding en opstanding vir sondaars sodat ons Hom aanbid as God met ons. Hoe geestelikes in hulle geestelikheid skielik opkom en verdwyn is omdat hulle nie die evangelie hoor en glo nie, dit is nie omdat Jesus nie alle mag op hemel en aarde het om die Christus vir ons te wees nie. Jesus is nie God se party-organiseerder vir massabyeenkomste, God se bemarkingsagent of God se generaal wat vromes teen goddeloses aanvoer nie. Hy is die Christus, God met ons.

  • June 18, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons aanvaar het deur ons deur sy offerdood reg te maak vir sy liefde en sy liefde in ons harte uit te stort as sondaars en goddeloses. Christus aanvaar ons nooit as mense wat onsself tot God bekeer, reggemaak of ons liefde oor God uitgestort het nie. Daarom aanvaar ons mekaar nooit volgens die liefde wat ons vir mekaar het nie maar in en deur die wat Christus vir ons het. Christus se kerk is nooit een van die liefdes kultusse van hierdie goddelose wêreld nie.

  • June 11, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen God se voorsienigheid as die krag waardeur Hy sy hele skepping volgens sy wil regeer en sy koninkryk as sy kerk waar Hy sondaars in sy liefde insluit en laat leef. Dit wys ook hoe spirituele leiers van God se voorsienigheid sy koninkryk maak sodat gelowiges nou God se koninkryk buite sy kerk moet gaan soek – in gemeenskapsdiens en politiek. Dit doen hulle met die skeiding van God se liefde en God se heerlikheid. Hiervolgens kan gelowige God se liefde in sy kerk vind, maar sy heerlikheid moet hulle in die wêreld buite die kerk gaan vind.

  • June 4, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die Here Jesus skep in ons toewyding aan God deur ons deur die Heilige Gees in te sluit by wie Hy as die Christus is. Die Here rus sy kerk deur die Heilige Gees toe met die bedieningsmiddele van die evangelie verkondiging, doop en Nagmaal. In die valse kerk word elke mens met God se goddelikheid vervul en moet elke mens se persoon, lewe, krag en beeld die bedieningsmiddele word waardeur God nou kamstig werk.

  • May 28, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die Heilige Gees verheerlik Christus deur ons met Hom as mens in die hemel te verenig en met Hom as God met ons te leef in sy liefde. Die gees van die antichris is die geestelikheid waarin mense een met Christus in sy godheid wil wees sodat God deur hulle in die wêreld Homself moet uitleef.

  • May 21, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe God ons roep om in ‘n vyandige en kwaadwillige gemeenskap ons roeping volgens sy wil te vervul. Hy is nie die god wat die massas tot bekering bring met magsvertoon en vrees nie. Hy is die Here wat oor alle gemeenskappe so regeer dat sy kinders Hom in hierdie wêreld kan liefhê en dien. Ons kan nie God inkeer in ons eie geestelike isolasie op spesiale plekkies waar ons wonderlike godservarings wil beleef in ons onttrekking uit die wêreld nie.

  • May 14, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe ons as gelowiges buite die goddeloosheid (ateïsme) van die moderne skrifkenners of die fundamentalisme van die bygelowige massas staan. Ons aanbid Jesus Christus in die geloof dat Hy God met ons is en stort al ons nood elke dag voor Hom uit. Ons eer Hom nie as geestelike rolmodel of begeer sy goddelike krag en mag as ons eie krag en mag nie.

  • May 7, 2023

    Series: MP3 Preke

    Inhoud God oordeel goddeloosheid en ongeregtigheid deur mense só oor te gee aan hulle eie sondige begeertes dat hulle dit as ware liefde vir God en mense ervaar. God oordeel hulle deur vir hulle die afgod te wees wat hulle van Hom maak. In hierdie godsverduistering laat God hulle glo dat hulle geestelike reëls waarmee hulle hulself met sy goddelikheid bemagtig, is God se wil. So kán hulle nooit God se wil herken of dit gehoorsaam nie. Dit is die oordeel dat hulle sal hoor en hoor, maar God nooit ken nie en kyk, en kyk maar God nooit sal vind nie. (Jes. 6: 9,10; Matteus 13 – 15; Joh. 12: 37 – 41; Hand. 28: 24 – 28; Rom. 11:8.