Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • August 31, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Wat is die verskil tussen godsdiens en afgodsdiens? Die verskil gaan oor wie is die heiligdom en wie betree die heiligdom. Vir ons a kinders van God is God self ons heiligdom. Die wyse waarop ons die heiligdom betree en binnegaan is Christus aan die regterhand van die Vader wat ons saam met Hom inbring in die teenwoordigheid van God sy Vader: Hier is ek en die kinders wat U vir My gegee het.” So roep ons as mense God as God aan. So leef ons met God en vir God: Deur die Vader gegee vir die Seun en deur die Seun toegewy aan die Vader. So aanbid ons God, deur ons geloof dat die Seun ons heilig om die heilige God te mag nader en met God geheiligde kinders in sy liefde te mag leef. (Heb. 2: 10 – 13) God is ons heiligdom en ons betree sy teenwoordigheid as sy geheiligde kinders.

  • August 25, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die Here maak in die Nagmaal die wyn teken van sy menslike bloed en die brood teken van sy lewende menslike liggaam. Brood en wyn saam is tekens van die Here se lewende menslike liggaam met bloed, wat sy lewe in is. Die brood en wyn is tekens dat ons verenig is en deel is van die Here se lewende menswees vandag in die hemel. Met hierdie tekens herinner die Here ons wie ons in ons vereniging met Hom is. Die Nagmaal is nooit ‘n offerfees nie.

  • August 18, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus ‘n nuwe bedeling gebring het vir van die kleinste tot die grootste – deur sy offer heilig Hy sondaars om God se geliefde kinders te wees in wie Hy ‘n welbehae het. Ons doop ons kinders as God se geliefde kinders in wie Hy ‘n welbehae het en so is hulle bevry van ‘n slegte gewete van dooie werke om God vrymoedig te nader. Ouers mag hulle kinders nie van God wie in hulle ‘n welbehae het vervreem asof hulle nie God se geliefde kinders is nie.

  • August 11, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die doop verseël dat God die Vader regtig ons kinders se Vader is en daarom regtig sy liefde as Vader in hulle kinderharte ook uitstort. (Rom. 5:1 5) En hierdie verseëlde Vaderskap red ons kinders. Die doop verseël dat Jesus Christus die Seun ons kinders regtig van al hulle sondes gereinig het. En hierdie verseëlde reiniging red ons kinders regtig. Die doop verseël aan ons kinders dat hulle regtig deur die Heilige Gees geheilig is om aan God gehoorsaam te mag wees. En hierdie verseëlde heiligmaking red ons kinders regtig nou. So red die doop regtig nou ons en ons kinders. Die doop gee op hierdie wyse ‘n besondere betekenis aan ons kinders se lewens. Dit maak dat hulle God kan aanbid met ‘n skoon gewete. Die moderne christelikheid verklaar dat niks wat God aan hulle verseël het, regtig is voordat hulle nie die Vader kies, die Seun met offers in hul lewe innooi en die Heilige Gees se goddelike krag kry met ‘n totale oorgawe nie. So bevuil hulle ons kinders se gewete,

  • August 4, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe die Westerse heidendom Christus en Christene uit die openbare gemeenskap en lewe verdring om losbandigheid as verdraagsaamheid te vier en verdraagsaam met die wêreld se sonde as onderdrukking te verguis. Dit wys hoe christene aanhou goed doen en so die hart van die openbare gemeenskap bly, terwyl die openbare gemeenskap self perversie uit die gemeenskap verdring. Dit wys dat die triomftog van die Woke-kultuur met die Olimpiese spele God se oordeel oor hulle is.

  • July 28, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Omdat Christus ons nooit weer vir enige sonde veroordeel nie, verander dit die wyse waarop onsself, ander gelowiges en die toekoms toets. Ons toets onsself of ons reg of verkeerd is, deur ons vereniging met Christus, nie ons dade nie. Ons aanvaar dat ons mede-gelowiges self verantwoording teenoor God en nie ons doen nie en ons toets die toekoms aan ons hoop vir die wederkoms van die Here sonder enige vrees vir veroordeling.

  • July 15, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus as Here vir ons sy wet voorskrifte, verordeninge, bepalings en beslissings maak maar die goddelose reëls. Met sy wet oefen die Here ons in sy bedoeling as God vir ons maar goddeloses reguleer, kontroleer, straf en beheer Hy met sy wet. Dit doen Hy nooit met ons as sy kinders nie. Die Here is deur sy wet ons Afrigter maar deur dieselfde wet die wêreld se Skeidsregter.

  • July 13, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hoekom breek Christene nie onder die uitermatige hoë druk om te leef met ‘n geloof en leefwyse wat teenstrydig is met alles in die heidendom waarin hulle leef? Want dit gaan nie oor hoe sterk ons as kruike is nie, maar hoe die sterk die Een is wat sy skat in ons belê het. Die Eienaar van die skat maak die verskil tussen breek of nie breek nie, nie die verpakking nie. Die eienaar sorg vir die sorgsame hantering van die houers waarin sy skat is. Hy behou, beveilig, bewaar en beskerm sy skat in die verpakking, deur almal te beheer en te bestuur wat die verpakking hanteer.

  • June 30, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die Heilige Gees die Gees is wat ons leer en rig volgens die Tien Gebooie en nie ‘n gees van godservarings is nie. Die hele geestelikheid in die moderne wêreld skei die Heilige Gees van die Tien Gebooie.