Filtered by:
Series: Brandpunte
April 6, 2016
Series: Brandpunte
Speaker: Petrus Kriel
Hierdie is ʼn bondige weergawe van 08.
April 5, 2016
Series: Brandpunte
Speaker: Petrus Kriel
Hierdie is ʼn kort motivering om teen die Belharbelydenis te stem, wat voorberei was op versoek van die moderatuur van die Noordelike Sinode, maar nie gedien het omdat die Sinode na ʼn geestelike eenheidmaal alle verdere bespreking geveto het.
April 4, 2016
Series: Brandpunte
Die Algemene Sinode van 2015 het die poging om staatskerk te wees wat deur die lidmate met die voorgestelde Belharbelydenis verwerp is, weer voortgesit in die poging om die staat se burgerlike verbintenisse as kerklik te heilig. Hierdie Ring het dit aangespreek.
April 3, 2016
Series: Brandpunte
Speaker: Petrus Kriel
Met hierdie verklaring het ds. PJ Kriel die gronddwaling in die Belharbelydenis aangespreek. Dit is die identifikasie met God as die God van die armes. Identifikasie met God is die geestelikheid van die moderne Christelikheid, en nie geloof in Christus nie.
April 2, 2016
Series: Brandpunte
Speaker: Petrus Kriel
Die kerkrade van die NG Gemeente Levubu en die NGKA Itsani het die verklaring uitgereik na die AS se nuwe visie vir ʼn nuwe spirituele gemeenskap waarin die belydenisse misken word maar op die naam en bates van die NG en NGKA kerk beslag gelê word.
April 1, 2016
Series: Brandpunte
Speaker: Petrus Kriel
In hierdie voordrag het ds. Kriel aan hierdie kerklike vergadering uitgewys dat die fakulteit se rol verander het. Dit gaan nie meer predikante oplei in die geloof van die NG Kerk nie, maar nuwe profete vir die nasiegodsdiens van die staat en intellektueles.
February 1, 2011
Series: Brandpunte
Die kerndwaling in die NG Kerk oor die doop is dat bekering verkondig word as wyse waarop jy gered en vergewe word. Dit is in stryd met die NG Kerk se geloofsbelydenis dat jy alleen deur geloof in die evangelie gered en vergewe word en dat bekering net uit dankbaarheid is. Daarom soek die kerk altyd maniere om die herdoop te akkomodeer sonder dat dit ‘n herdoop is. Na die mislukte poging om ‘n sogenaamde bekeringsdoop naas die sogenaamde verbondsdoop in die kerk te regverdig, het die NG Kerk het besluit om rituele vieringe in te stel vir die opstanding van die nuwe en afsterwe van die ou mens, soos bekering in sy belydenis beskryf word. Daarmee het die NG Kerk die genoegsaamheid om hierdie opstanding van die nuwe en afsterwe van die ou mens in ‘n eenmalige doop te bevestig, ontken. Daarmee het die NG Kerk ook sy eie belydenis dat alle rituele naas die doop en nagmaal afgeskaf is, oortree. Die kerkraad van Levubu het hierdie geloofsafwyking in hierdie besluit aangespeek. Die genoegsaamheid van die doop teenoor nuwe rituele vieringe vir alles wat in die doop eenmalig bevestig word, het nooit deel van die kerklike debat geword nie.
August 13, 2010
Series: Brandpunte
In die vergaderinge van die NG Kerk in 2010 is die disfunksionaliteit van die regering en staat op baie maniere kerklik verskoon gewees weens die heersende mening dat die verhouding tussen kerk en staat oor versoening sou gaan, in plaas van die wet van God. Die Ring van Louis Trichardt het teen hierdie waanbeeld die innerlike teenstrydigheid van waardes en reg van ‘n revolusionere staat binne ‘n regstaat as die werklike probleem van die disfunksionele regering vir sy lidmate aangetoon
July 28, 2010
Series: Brandpunte
Die Algemene Moderatuur van die NG Kerk het twee streeksinodes, Noordelike en Oostelike , gevra om ‘n verslag oor grondeise op te stel. Na hierdie verslag opgestel is, het die bestuur van die taakspan grondhervorming van die Algemene Sinode eensydig besluit om hierdie verslag nie aan die Algemene Sinode voor te le nie. Die verslag het die waanbeelde en onreg van die regering se grondeise ontbloot en aangespreek. In plaas daarvan het hulle net weer die grondeise van die regering met ‘n paar kerklike riglyne ondersteun. Dit was omdat hulle nog steeds in die Afrikavisie van die NG Kerk en die “versoeningsgees” as verhouding tussen kerk en staat ingebind was. Met hierdie skrywe het ds. PJ Kriel die voorsitter van hierdie kommissie op die ligsinnigheid van hierdie gees en optrede, en die dringendheid om die werklikheid van hierdie grondeise aan te spreek, gewys.