Filtered by:
Series: Brandpunte
July 27, 2016
Series: Brandpunte
In hierdie artikel word gewys wat die werklike mag van die werklike Bose is. Dit is die wet van God, die Tien Gebooie. Dit wys dat Jesus Christus ons volledig van hierdie mag verlos het. Dit wys ook hoe geestelikhede wat die wet van God en bekering as weg van saligheid voorhou, die werklike mag van die Bose vandag is. Dit wys dat die sogenaamde Satanisme net ‘n skepping van die moderne Christelikheid is om die werklike mag van die Bose te verskans. Dit is die bekering volgens die wet wat hulle as redding verkondig.
July 25, 2016
Series: Brandpunte
Hierdie dokument ontknoop die verwarring oor wat die evangelie is. Die evangelie is nie slagspreuke oor Jesus wat jou onderwerp aan die wet nie. Slagspreuke oor Jesus is feitlik die enigste wyse waarop die evangelie vandag nog in kerke gehoor word. Die inhoud van die evangelie is ‘n baie spesifieke saak in die Woord van God. Daarom moet hierdie verwarring tussen evangelie as slagspreuk en evangelie as die inhoud van ons verlossing ontknoop word. Die geskiedenis van hoe hierdie ontknoping binne die NG Gemeente Levubu plaasgevind het, word ook weergegee.
July 22, 2016
Series: Brandpunte
Die eerste nuwe veroordeling van gelowiges as Christene sonder die gewilligheid en bevoegdheid om versoening prakties in die land te kan maak, het nou van die kant van dr. Isak Burger van die AGS gekom in Die Beeld van 22 Junie 2016. In hierdie veroordeling word die Christelike Kerk in die land veroordeel omdat hulle nie die massabyeenkoms van 11 Junie op die Orlando Stadium in Soweto bygewoon het nie. In hierdie artikel word hierdie veroordeling en hierdie geestelikheid se waanbeeld oor versoening aangespreek.
July 22, 2016
Series: Brandpunte
Een van die motiverings vir die bywoning van die massademonstrasie van 11 Junie 2016 in Soweto is dat Christene moet demonstreer hulle is nou “Africans”. Hierdie nuwe geestelike kulturele indentiteit word as die bekering voorgehou wat die nuwe grondslag van ‘n nuwe gemeenskap in die land moet wees. Hierdie nuwe geestelike identiteit word gesien as die wyse waarop die land vredevol en welvarend sal word. Hierdie visie word hier aangespeek.
July 14, 2016
Series: Brandpunte
In hierdie dokument kry u die standpunt van die NG Kerkraad Levubu wat ingeneem is toe die Algemene Sinode leraars wou verplig om as voorgeskrewe plig God na te boots, in plaas daarvan dat hulle Christus moet navolg. U kry ook die volledige weergawe van hoe die kerkraad homself met hierdie standpunt kerkregtelik moes handhaaf teen die druk om hulle aan die mag van die geestelikheid van die moderne Christelikheid kerkordelik te moes onderwerp. Met hierdie verset het die kerkraad die druk om later die Belharbelydenis te moes aanvaar, omdat lidmate die predikante as geestelike bemagtigde leiers moes naboots, afgeweer.
May 23, 2016
Series: Brandpunte
‘n Verkenning van die massademonstrasie van wit Afrikaners en swartes wat die NG Kerk se bemagtigde leiers beplan op 11 en 16 Junie 2016 om hul self as die nuwe versetleiers te posisioneer teen die regering
May 14, 2016
Series: Brandpunte
May 13, 2016
Series: Brandpunte
May 13, 2016
Series: Brandpunte