Clear

Filtered by:

Series: Brandpunte

  • April 20, 2001

    Series: Brandpunte

    Hierdie artikel was ‘n voordrag aan die Ringe van die Noordelike Sinode wat die gesekulariseerde versoening van die NG Kerk vir gemeente uitgewys het. Daarmee was gepoog om gemeeentes ‘n vrye keuse oor hierdie saak te gee binne die NG Kerk se verklaarde beleid van spirituele diversiteit. Daardeur kon gemeentes hulle distansieer van die gesentraliseerde bedryf van versoening soos dit deur gemagtigde leiers as gemeenskapsaak voorgehou was.

  • October 20, 2000

    Series: Brandpunte

    Die NG Kerk het met sy visie van Afrikanisering van die NG kerk, om weer die nuwe staatskerk te wees, die evangelie van versoening van Jesus Christus as ‘n gemeenskapsbedryf gesekulariseer. ds. PJ Kriel het dit van die begin af uitgewys en ook die alternatief van die Woord op hierdie Afrikavisie verwoord. Hierdie artikel was die alternatief wat binne die Noordelike Sinode hierdie sekularisering van die evangelie uitgewys het.

  • October 10, 2000

    Series: Brandpunte

    Die NG Kerk het met die beleidstuk VAM, Versoening, Armoede en Moraliteit, sy lidmate en werksaaamhede verbind tot die ideologie van Afrikanisering. Hierdie ideologie wil die lidmate ‘n vrywillige werkerskorps maak in diens van die Afrika-gemeenskap. Dit word bedryf deur bemagtigde leiers as die kerk se nuwe missionale uitreik. In hierdie artikel kry u ds. PJ Kriel se eerste kritiek op die aanvanklike VAM verslag in 2000.

  • January 15, 1999

    Series: Brandpunte

    Hierdie werkstuk oor geloof en bekering is aanvaar as amptelike inligtingstuk van die Ring van Louis Trichardt op sy 27 ste vergadering soos gehou op die 15 de Augustus 1998. Dit was die afsluiting van ʼn debat in die Ring van 1984 tot 1998 na aanleiding van die ondersoekkommissie van Levubu NG Kerkraad oor die herdoop in die gemeente in 1984, die klagtes teen ds. Kriel se standpunt oor geloof alleen, sonder die bekering uit dankbaarheid, om gered te word en die Gemeentebouverslag van die NG Kerkraad van Levubu in 1986 oor Bybelkor se propagering van die valse bekering van die moderne Christelikheid.

  • July 27, 1998

    Series: Brandpunte

    Met hierdie standpunt in hierdie dokument het die NG Kerkraad van Levubu eers met die Ring van Louis Trichardt en toe met die Sinode van Noord Transvaal ‘n eie posisie binne die bedryf van die kindernagmaal beding. Die kerkraad is deur die sinodale kommissie gelyk gegee dat die eenvoudige geloof wat nodig is tot redding, die inhoud van die Twaalf Artikels of Apostoliese Geloofsbelydenis is volgens die NG Kerk se geloofsbelydenis; daar is geen een van hierdie artikels wat moeiliker as ander is om te glo nie; daar is nie so iets soos ‘n “eenvoudige geloof” waar net enkele van hierdie artikels afsonderlik geglo kan word asof die ander nie nodig is vir die redding nie; daar is geen een van hierdie artikels wat onverantwoordbaar geglo kan word terwyl ander verantwoordbaar geglo moet word nie; daarom moet alle kinders wat aan die nagmaal deelneem hul self aan hierdie geloofsinhoud moet kan verantwoord; die kerkraad behou hom die reg voor om kinders toe te laat tot die gebruik van die nagmaal volgens hierdie geloofsinhoud; ouers mag nie ‘n ander geloofsinhoud gebruik om teenoor die gesag van die kerkraad kinders tot die nagmaal toe te laat nie. Daarmee het die kerkraad hom van die visie van ‘n gesinsherlewing deur die nagmaal gedistansieer, asook van die gesinsgeestelikheid wat hierin gedroom was.

  • May 15, 1998

    Series: Brandpunte

    In 1984 het die kerkraad van Levubu die bekering as wyse van die aanvaarding van die heil in Christus uitgewys as die rede vir die herdoopprobleem wat toe in die gemeente ‘n krisis was. In 1989 het die kerkraad ‘n werkstuk aan elke lidmaat gegee oor die onderskeid, inhoud en werking van die wet en die evangelie. Dit het in die Ring van Louis Trichardt tot ‘n gesprek tussen ds. PJ Kriel en dr. Phillip Venter gelei wat die twee botsende standpunte binne die NG Kerk aan die ringspredikante gestel het: redding deur geloof alleen teenoor redding deur die inisieele bekering. Op inisiatief van ds. Albert Cruywagen is hierdie gesprek toe in die teenwoordigheid van dosente van die fakulteit gevoer op 15.05.1998. Die Ring het op 15.08.1998 die standpunt aanvaar dat redding alleen deur geloof aanvaar word en dat die aanvaarding van die heil deur geloof en bekering ‘n geloofsdwaling is. Daarmee het die Ring van Louis Trichardt die sogenaamde inisieele bekering van dwaling verwerp. Dit het die kerkraad van Levubu 14 jaar lank gevat om so oop gesprek binne die NG Kerk te beding. Hierdie geloofsdwaling van die sogenaamde inisieele bekering bly die kern van die NG Kerk se huidige verwarring waarin kunsmatige uitkomste gesoek word sonder die oop gesprek oor die verskil tussen geloof en bekering.

  • September 9, 1997

    Series: Brandpunte

    DIe instel van die kindernagmaal in die NG Kerk was die wegbeweeg van die geloof in Christus wat vandag mens in die hemel is na ‘n ‘n spirituele Christus. Dit het die nagmaal van ‘n sakrament wat ons eenheid met die menswees van die Here in die hemel vandag verseel, verander na ‘n spirituele seremonie. Die nagmaal is op hierdie wyse verander van ‘n genademiddel na ‘n spirituele godservaring, onder die voorwendsel dat dit oor die regte van kinders gaan. Dit was ‘n openlike breuk met die geloofsinhoud van die NG Kerk in sy belydenisse. Die persone wat hierdie saak aangevoer het, het hierdie breuk verduister deur doodeenvoudig net die inligting oor die Reformatore se standpunt oor die kindernagmaal van die kerklike gemeenskap te weerhou. Hierdie voorstel was ‘n poging om die inhoude van Calyn, en ander Reformatore, deel van die gesprek te maak. Dit het nooit gebeur nie. Hierdie spirituele nagmaal het hom toe later gewreek in die spirituele opvatting van prof. Muller oor hoe Jesus se werklike volledige menswees, na liggaam en siel, vandag, vir die geloof onbelangrik sou wees. In die kindernagmaal is die NG Kerk gelei om hierdie geloof in Christus se menswees vandag, na liggaam en siel, te verlaat as onbelangrik vir die nuwe spirituele godservarings.

  • July 2, 1997

    Series: Brandpunte

    Met die instel van die sogenaamde kindernagmaal het die NG Kerk die geloof waarin hierdie teken ontvang word, verander na ‘n kinderlike houding van afhanklikheid. Hierdie kinderlike afhanklikheid is die demoedigheid van die moderne Christelikheid. Hulle noem hierdie kinderlike afhanklikheid die “eenvoudige geloof” teenoor die geloof in Christus wat hulle die “ingewikkelde geloof” noem. In hierdie spirituele kinderlike afhanklikheid gaan dit oor lidmate se nase en nadoen van spirituele leiers. Hierdie spirituele afhanklikheid is nou die wyse waarop die teken ontvang word, nie meer die geloof in die eenheid met die menswees van die Here vandag, na liggaam en siel, in die hemel nie. Om hierdie verandering te kon deurvoer moes die voorstanders van die moderne Christelikheid die standpunte en oortuigings van die Reformasie van die kerklike vergaderinge en lidmate weerhou en verduister.

  • January 15, 1997

    Series: Brandpunte

    Hierdie voorlegging was ‘n poging tot ‘n oop gesprek oor die ideologie van regstelstellende aksie volgens die geloof en waardes van die NG Kerk. Die kommissie het hierdie voorlegging ter syde gestel en die Sinode van Noord Transvaal bedien met riglyne oor hoe regstellende aksie “Christelik”bedryf moet word. Die sinode het toe hierdie riglyne goedgekeur as riglyne vir die owerheid. Dit is omdat die sinode hulle self nog as staatskerk sien wat aan die regering die riglyne gee van hoe hy moet optree. Die misgissing met die godloosheid van owerheid en die uitgediende rol van die NG Kerk as staatskerk bly die NG Kerk ontwyk. Hy wil in die geestelikheid van die moderne Christelikheid staatkerk wees. In hierdie selfaangestelde posisie is die NG Kerk medeskepper van die ellendes van regstellende aksie. Binne die magsdrif om staatskerk te wees kan daar geen oop gesprek oor die godloosheid van die owerheid wees nie.