Clear

Filtered by:

Series: Brandpunte

  • August 18, 2009

    Series: Brandpunte

    Inhoud Die NG Kerk se keuse vir “versoening” as die verhouding tussen kerk en staat in die nuwe Suid Afrika het die NG Kerk ʼn mederolspeler gemaak in die disfunksionele staat op pad na ʼn mislukte staat. Die alternatief vir die verhouding kerk ens staat is naasteliefde volgens die Woord van God. Voorgelê aan die ring van Louis Trichardt in sitting 2009.

  • October 17, 2008

    Series: Brandpunte

    Tydens die Sinode van Noord Transvaal in 1997 het ds. PJ Kriel die volgende voorstel ingedien wat goedgekeur was: “Die sinode gee opdrag aan SKLAS (Sinodale Kommissie vir leer en aktuele sake) om riglyne vir gereformeerde verset teen onregmatige handelinge van owerheidsinstansies op te stel vir gemeentes en na voorlegging aan die moderatuur aan gemeentes te stuur.” Die kommissies van die sinode het in die “versoeningsgees” wat in die sinode geheers het, hierdie opdrag elke keer op sy gestoot tot in 2003 waarin hulle aanbeveel het dat: “2.4.1 “Die Sinode handhaaf sy vorige standpunt dat daar in ons huidige situasie geen regverdiging vir verset is nie.” Na ʼn betoog deur ds. PJ Kriel is hierdie voorstel ter syde gestel en het die sinode opdrag gegee dat: “SKLAS het ʼn samespreking gevoer met almal wat bydraes wou lewer en het onder die indruk gekom dat die saak met die aansluiting van Zimbabwe en die verwikkelinge in die platteland wyer dimensies aangeneem het. Besluit: SKLAS stel so gou as moontlik ‘n verslag op wat aan die Moderamen voorgelê word met die oog op verspreiding aan die gemeentes. Die volgende verslag het die verslag en aanbevelings van die Noordelike Sinode van die NG Kerk geword.

  • December 11, 2007

    Series: Brandpunte

    Die Ring van Louis Trichardt het op 07.08.2007 ‘n vertrouensbreuk tussen die Ring en die kuratorium en dosenteraad van UP verklaar oor die stellings en opvattings wat deur dosente aan die fakulteit oor die opstanding van die Here uit die dood gemaak is. Dit het gelei tot ‘n dagberaad tussen die Ring en die dosente van die teologiese fakulteit UP op 20.06.2011. Hierdie is die Ring se amptelike standpunt oor die opstanding van die Here as mens uit die dood.

  • September 28, 2006

    Series: Brandpunte

    Hierdie verslag was deur twee Sinodes opgestel op versoek van die ASM (Algemene Sinode Moderatuur). Dit het egter toe nie voor die Algemene Sinode gedien nie. Dit is ook nie aan die minister oorhandig soos aanvanklik aan hierdie sinodes meegedeel was nie. Die moderator van die Noordelike Sinode het ook probeer keer dat ds. PJ Kriel hierdie verslag tydens ‘n ontmoeting met die premier van Limpopo aan die regering oorhandig omdat dit volgens hom die gees van versoening tussen die kerk en regering sou benadeel. Die moderator het aan die premier ‘n suikerlepeltjie met die Noordelike Sinode se embleem oorhandig as teken van versoening. ds. PJ Kriel het die verslag met fotos van die grondverval in die provinsie in dieselfde vergadering aan die premier oorhandig en ‘n beroep op hom gedoen dat die regering hierdie vergrype moet aanspreek in belang van al die inwoners van die land.

  • August 9, 2006

    Series: Brandpunte

    In 2006 was die Ring van Louis Trichardt onder die druk van die verwagting om die herdoop as sogenaamde “bekeringsdoop” as ‘n tweede doop te akkomodeer asof dit nie ‘n herdoop sou wees nie. In hierdie gespreksdokument word gewys dat die “bekeringsdoop”die doop van die Pinksterbygeloof is en die standpunt van twee soorte dope uitgewys as ‘n breuk met die hele Christelike kerk.

  • March 6, 2006

    Series: Brandpunte

    Die ring van Louis Trichardt is een van die gebiede wat onder plaasaanvalle onderhewig is. Die ring het in 2006 leiding geneem om ʼn eerste teologiese verantwoording op te stel oor die etiese karakter van die tipe geweld wat hom in plaasaanvalle voordoen. Ons het die SDR (Sinodale Diensraad van die Noordelike sinode) versoek om die vrug van die ring se arbeid met al die gemeentes in die sinode te deel. Met hierdie godsdienstige besinning het die ring ʼn wesenlike bydrae in die besinning van landbou organisasies oor plaasaanvalle gemaak. Graag deel ons dit met alle belangstellendes.

  • February 22, 2004

    Series: Brandpunte

    ds. PJ Kriel het na afloop van die regering se verduideliking oor sy grondeisebeleid tydens ‘n gemeenskapvergadering in die Levubu ‘n gebed gedoen waarin hy gebid het: “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Die Kerkraad het ds. Kriel die opdrag gegee om homself teenoor die Levubu gemeenskap te verantwoord omdat dit tydens ‘n gemeenskapsvergadering was. Hier kry u hierdie voordrag.

  • April 30, 2001

    Series: Brandpunte

    Hierdie brief het ‘n oop gesprek aangevra oor die instel van ‘n nagmaalsbeoefening in die NG Kerk wat teen die NG Kerk se geloofsbelydenis oor die betekenis van die nagmaal is. Hierdie gesprek het nooit plaasgevind nie. Binne die spiritualiteit van die moderne Christelikheid kan daar nie oor die inhoud van geloof en die Woord ‘n gesprek plaasvind nie. Moderne Christelikheid gaan oor ‘n driftigheid om met God te identifiseer, nie om sy Woord te gehoorsaam nie.

  • April 30, 2001

    Series: Brandpunte

    DIe krag van die Reformasie is ‘n oop gesprek binne die geloof in Christus. Die krag van die moderne Christelikheid is ‘n goddelike visie en missie waarin geen geloofsgesprek moontlik is nie. Hierdie brief wou die gesprek oor lidmate se posisie binne die visie van die NG Kerk as die nuwe staatskerk aan die orde stel. Dit het nooit gebeur nie. Die saak wat in 2001 hierin aangespreek is, is in 2016 nou die “missionale” visie van die NG Kerk waarin al sy werksaamhede moet inpas: lidmate moet ‘n vrywillige arbeiderskorps wees vir Afrika.