• October 17, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe gelowiges die Here se liggaam in die tekens van brood en wyn in die Nagmaal onderskei. Hulle sien en glo dat Christus vandag nog steeds mens van vleis en bloed in die hemel is, en dat Hy deur die krag van sy Godheid hulle met Hom só verenig dat hulle sonde sy sonde is en sy gehoorsaamheid hulle gehoorsaamheid is. In die tekens van brood en wyn onderskei gelowiges wie is die een wat vir sondes gebreek en uitgegiet is, Christus en wie vir God se liefde heel is, ons wie in Christus is. In die moderne Christelikheid is die Nagmaal ʼn teken dat jy soos Jesus moet wes en leef en só word die Nagmaal die teken waarmee mense God se oordeel oor hulleself bring.

  • October 10, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil om in droomland of binne die beloftes van God in sy skepping te leef. In droomland is alle berigte oor die werklike land en gemeenskap vir mense skrikbeelde wat hulle in hul roeping en dagtaak laat vries, laat veg met mekaar en uit God se beloftes vlug. In ons vertroue in God se beloftes sien ons nie skrikbeelde van eie magtiges en wetteloses se grootsheid en ons nietigheid nie, maar hoe maklik hulle die prooi van hul eie goddeloosheid is, en maklik verslaan kan word. Wie God vertrou, besef die werklikheid van God se skepping, neem besluite oor hul roeping en bestuur en beplan hul dagtake.

  • October 3, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat God in sy voorsienigheid met sy raadsplan besig is en ons met ons gewone daaglikse roeping en dagtake. Ons roeping en dagtake is nie ʼn manier waarop ons betrokke raak saam met God in sy voorsienige besluit en beskikking van alles nie. Ons kan ons aan ons dagtake toewy in die rus dat God altyd ons met ons gewone lewe en dagtake in sy voorsienige raadsbestuur insluit. Daar is geen geestelike bedrywighede wat ons God se raad kan laat ken en ons daarin inspraak of samewerking in gee nie.

  • September 26, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die kerk se geloofsbelydenis dat Jesus Here en Christus is en die geestelikes se slagkreet “Jesus is Here!” Hull regverdig hul slagkreet vir Jesus uit 1 Kor. 12: 3, maar die Here verwerp hul slagkreet in Matteus 7: 21 – 24. Dit wys dat Jesus as Hoof van sy liggaam vervul sy lidmate met die volle liefde van God en genadegawes, terwyl deur die slagkreet “Jesus is Here” mense Jesus hul organisasie se heerser maak en God sy dienaars die kerk se bemagtigde leiers maak. Dit roep die gelowiges op om nie hierdie heerser te aanvaar nie maar te bly vashou aan die Here Jesus Christus, en die kerk nie met ʼn wettelose geestelikheid te laat oorspoel nie.

  • September 19, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud hierdie preek wys hoe God self as Here oor alle magte in hemel en op aarde vir Hom bedienaars van sy Woord skep en vorm. Ook hoe God hulle wat sy diens vir hulle goddeloosheid en losbandigheid kaap, uit sy diens verwyder. God self maak predikante en professore wat Hom, sy offer en aanbidding minag, veragtelik. Hulle moet met in hierdie veragtelikheid gesien en hanteer word deur gelowiges. Gemeentes moet God vertrou om self predikers vir die evangelie-bediening te vorm, ook deur die goddeloosheid van geestelike magte in die kerk heen, en net hulle tot diens roep wie God self vir sy diens gevorm het.