• January 9, 2022

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen om vrede te maak en die vrede te bewaar. Ons as gelowiges maak vrede met God se wet as hoe ons moet lief hê omdat God ons in Christus vir sy liefde geheilig het. God se wil is ons vrede! Vrede bewaar gaan daaroor om mense gemaklik te laat voel in hul self tevredenheid oor hul sondigheid. Dit is die nuwe eis van ʼn nuwe heidendom in Suid Afrika: ons mag mense nie in nie oor hul sondigheid ongemaklik laat voel nie want dit is hulle liefdes. Christus se koms as ons Here was nooit om die wêreld tevrede te laat wees in hul sondigheid nie, maar om sondaars vrede te laat vind om volgens God se wil te leef.

  • January 2, 2022

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Ons toekoms is Christus se liefde en ons diens aan Christus as sy kerk. Christus self sal alle kragte en magte in sy voorsienigheid só bestuur dat alles sal meewerk om ons toekoms in sy liefde en diens te verseker. Daarom sien ons nie ons toekoms is die kragte en magte van die owerhede van hierdie wêreld nie. Ons soek dit ook nie in ons eie gesinne en gemeenskap nie. Meer en totaal anders as wat ons kan dink of beplan is Christus besig om ons deur alle kragte en magte na ons toekoms met hom te lei.

  • December 25, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus die Kneg van God is wat uit Maria as geringe diensmeisie gebore is. God maak Maria nie ʼn magtige vrou deur haar Jesus se ma te maak nie. God maak haar kosbaar, heilig in sy liefde en diens. God word mens deur Maria. God word nie god binne in Maria nie. So word God mens tussen mense sodat ons vir sy liefde geheilig is om mens tussen mense vir God te wees. God maak ons kosbaar vir sy liefde sodat ons liefde as sondaars vir God volhoubaar kan wees. Christus maak God die Vader ons Vader, nie sy ma ons koningin- of oermoeder nie. Die Rooms Katolieke Kerk soek ʼn magtige godsmoeder en die Pinksterbeweging ʼn oermoeder om goddelik te wees, nie ʼn Kneg van ʼn diensmeisie wat hulle diensbaar maak nie.

  • December 12, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen gelowiges se Kersfees en goddeloses se Krismis. Kersfees is die fees dat God ons sy Seun gegee het om sy reg en geregtigheid weer vir ons as sondaars te laat werk. Sy Seun se reg en geregtigheid is om vir ons die straf vir ons sondes te wees en ons in sy beloning vir sy liefde te laat leef. In hierdie reg en geregtigheid van die Christus is God in sy wet weer vir ons Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors. Goddeloses vier Krismis: die fees waarin God die pateet word wat op sy reg en geregtigheid opgegee het en ʼn menslike afgod geword het wat hulle die presente gee wat hulle begeer.

  • December 5, 2021

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges met Christus se wederkoms bestem is vir die bruilofsfees met Hom as Lam, nie vir oordeel nie. Christus is vir ons met sy wederkoms die Bruidegom en sy kerk is sy bruid wie Hy openbaar Homself vir ewig in sy liefde mee gaan verenig. Christus is bruidegom vir sy hele kerk, wat was, wat is en wat nog sal kom. Christus verwerp en verniel die groot prostituut van hierdie wêreld wat maak asof sy ook een van sy geliefdes is. Die ruim huis van die valse kerk is ʼn geestelike bordeel, nie die stad waarin Christus met sy bruid saam leef nie. Hulle maak van die Here ʼn ontroue Bruidegom, ʼn bigamis wat vir sy kerk en die prostituut man moet wees en ʼn poligamis wat alle godsdienste van die wêreld omhels.