Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • June 18, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe die tweede skeppingsgetuienis God openbaar as Skepper en ontwikkelaar van sy koninklike park. Die skepping is God se koninklike park. Dit is waar Hy Homself as God is soos Hy God is. Die mens is ook geskep om homself as mens te wees binne God se koninklike park, sy skepping. Mense is geskep om liggaamlik deel van God se skepping te wees – menslike liggaam en liggaamlik mens. Dit is ons ewigheidsbestemming om saam met God mens in sy skepping te wees. Daarvoor het Christus as mens uit die dood opgestaan – om ons ook weer liggaamlik uit die dood te laat opstaan om deel van die nuwe skepping te wees. Die mens wil nie met God mens wees in God se skepping nie. Hy wil God uit sy skepping verwyder en isoleer in ʼn gefantaseerde godepark buite die skepping.

  • June 11, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud God verheerlik Homself deur die evolusie van sy skepping. Die getuienis van Genesis 1 openbaar hoe God alles uit niks geskep het, en toe ontwikkel het tot die lewensvolheid wat vandag bestaan en ons elke dag al meer van leer ken. In God se verbondstrou waarin Hy met volmag onderneem om vir ons God te wees en ons sy kinders te laat wees, herken ons God se volmag waarin Hy alles volgens sy wil maak en ontwikkel. Hy verheerlik Homself deur sy skepping – daarom is die sewende dag deel van die skepping. God se heerlikheid is die voltooiing en vervolmaking van alles wat Hy ontwikkel en onderhou. Vir goddeloses is die hoogtepunt van die skepping die sesde dag, die mens, nie die sewende dag, God se rustige verheuging in sy skepping nie. Alle lewe wat God deur evolusie vorm, getuig van die heerlikheid van God. Goddeloses ontneem God hierdie eer deur in die skepping ʼn selfaangedrewe krag en selfgenoegsame bestaanswyse te vind wat hulle “die natuur” noem. In hierdie natuurkrag en natuurlike bestaanwyse sien hulle die mens as die hoogtepunt van alles wat is.Inhoud God verheerlik Homself deur die evolusie van sy skepping. Die getuienis van Genesis 1 openbaar hoe God alles uit niks geskep het, en toe ontwikkel het tot die lewensvolheid wat vandag bestaan en ons elke dag al meer van leer ken. In God se verbondstrou waarin Hy met volmag onderneem om vir ons God te wees en ons sy kinders te laat wees, herken ons God se volmag waarin Hy alles volgens sy wil maak en ontwikkel. Hy verheerlik Homself deur sy skepping – daarom is die sewende dag deel van die skepping. God se heerlikheid is die voltooiing en vervolmaking van alles wat Hy ontwikkel en onderhou. Vir goddeloses is die hoogtepunt van die skepping die sesde dag, die mens, nie die sewende dag, God se rustige verheuging in sy skepping nie. Alle lewe wat God deur evolusie vorm, getuig van die heerlikheid van God. Goddeloses ontneem God hierdie eer deur in die skepping ʼn selfaangedrewe krag en selfgenoegsame bestaanswyse te vind wat hulle “die natuur” noem. In hierdie natuurkrag en natuurlike bestaanwyse sien hulle die mens as die hoogtepunt van alles wat is.

  • June 4, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat alle mense God ken vir sy krag en wysheid waarmee Hy besig is om sy skepping, te maak, te bestuur en te onderhou. Hierdie kennis is nie tot enkele geestelikes of slimmes beperk nie. God se liefde deel Hy nie met elkeen nie. Dit stort Hy net in sy kinders se harte uit. Wanneer ongelowiges God se krag en wysheid in alles wat Hy gemaak het, raaksien, wil hulle God se krag en wysheid hulle eie krag en wysheid maak. Geestelikes wil God se krag kry om net soos God wonderwerke te doen en slimmes wil die kragte waarmee Hy sy skepping bestuur, lewenskrag, atoomkrag, swaartekrag, magnetiese en elektriese krag, ook hulle eie kragte maak. Gelowiges wil nie God se krag hul eie krag maak nie. Hulle sien God se liefde vir sy skepping raak en eer Hom vir die liefdevolle wyse waarop Hy alles maak en onderhou. Hulle sien God is lief vir sy skepping net soos vir hulle as sy kinders.

  • May 28, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christene weer God as Skepper kan herken en erken in sy skeppingswerk deur die wyse waarop God hulle vergewe. Die wyse waarop God ons vergewe is ook die wyse waarop Hy Skepper van sy skepping is: uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge. Daarom kan nie een deel van God se skeppingswerk ons in ʼn geloofskrisis bring oor God en ons verlossing nie. Die gewaande geloofskrisisse wat kennis van God se handewerk vir die kerk sou skep word deur die ongeloof van mense veroorsaak. Ongeloof in die tipe ingesteldheid dat God gee vir jou wat jy wil hê wanneer jy vir Hom gee wat Hy wil hê. Hierdie tipe afgod en afgodsdiens word vernietig deur elke stukkie kennis van hoe God Skepper is en hoe sy skeppingswerk is. Elke deel van God se skeppingswerk getuig teen so valse godsbeeld en godservaring. Goddeloses onteer God deur sy skeppingswerk tot selfaangedrewe godlose krag te maak wat hulle met die skyn van wetenskaplikheid oor die skepping “die natuur” noem. Met hierdie selfopgemaakte natuurkrag wil hulle die kerk belaglik maak deur die skeppingswerk van God. Die kerk leef nie in konflik met die skeppingswerk van God nie. Die kerk erken en herken God as Skepper in elke nuwe stukkie kennis oor sy skepping.

  • May 22, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die kontras tussen die mens se breekbaarheid en God wat sy kinders heel hou in hulle breekbaarheid binne die geweld van hierdie wêreld. Niks in die mens, nie sy liggaam, siel of gees is onbreekbaar nie. God belê sy liefde as Vader in ons menslike breekbaarheid. Dit doen Hy deur ons te laat deel in die sterwe en lewe van Christus as mens in die hemel vandag. Daarom hanteer God ons met die sorgsaamheid waarmee ʼn besigheidsman die kleipotte wat sy kosbare lewensmiddele binne in hou, sorgsaam hanteer. Hy sorg dat die skat wat Hy in ons belê het, sy liefde vir ons, vir Hom ewig behoue bly. Daarom is dit Hy wat ons nie laat vaspen wanneer ons verdruk word nie, wat ons nie sonder raad los wanneer ons radeloos is en ons nie laat vernietig word wanneer ons val nie, ook nie deur die dood nie. Met sy krag as God wat alle ander kragte oortref, versorg en bewaar Hy ons om sy belegging van liefde in ons vir Hom self ewig te behou.

  • May 14, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen volwassenheid in die geloof in Jesus Christus en onvolwassenheid in die geloof. Onvolwassenheid gaan oor die soeke na geestelike ervarings met God terwyl volwassenheid gaan oor die God self. Volwassenheid in die geloof gaan oor die onderskeid tussen wat binne is en wat buite is, wat innerlik van waarde is en wat uiterlike waardeloosheid is. In die geloof is Christus ons binneste, nie ons geestelikheid met God nie. In die geloof is Christus se Gees ons binneste en hou Hy ons besig met die dinge van Christus: sy lyding, kruisiging, sterwe en opstanding en ons vereniging daarmee. In geestelike ervarings is mense vandag met die uiterlike waardelose dinge besig as die innerlike van hulle geestelikheid. Hulle keer wat binne is om na buite en maak so van bekering ʼn geestelike selfervaring in plaas van ʼn daad wat soek na die wil van God, van gebed wat God eer maak hulle meditasie wat soek na godservarings en van die luister na God se Woord maak hulle geestelike rituele.

  • May 1, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die mag van die dood is om ons lewe in diens en in liefde met God tevergeefs te maak. Deur die dood gaan al ons handewerk vir God verlore en tot niet. Christus het as mens uit die dood opgestaan en leef vandag as mens onsterflik en onverganklik. Hy sluit ons in hierdie lewe in en sal met ʼn magsdaad ons ook as mense met onsterflikheid en onverganklikheid beklee om ewig as mense in God se liefde te leef. Daarmee breek Christus die mag van die dood om ons lewe en diens aan God tevergeefs te maak. Die kortstondigheid, tydelikheid en moeitevolheid van die lewe is ʼn lewe met God in sy goedheid vir ewig.

  • April 23, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ware aanbidding van Hom as Here en God geskep het in en deur sy lyding en opstanding uit die dood. Deur ons in al God se verbondsseëninge te laat deel en in te sluit, maak Christus die aanroep van God gebed en maak Hy mense se aanbiedinge aan God offergawes. Daarmee vernietig Christus alle ruilhandel tussen God en mens. Die Here wys in sy vervulling van God se verbondsondernemings dat mense se geestelike feeste is niks anders as rowersspelonke waar mense God probeer vereer met alles wat hulle van God gebuit en geroof het nie. Hierdie geeste en spirituele feeste van die moderne Christelikheid vandag, is nie eredienste nie: hulle aanroep van God is nie gebede en hulle aanbiedinge aan God is nie offergawes nie. Dit is geestelike geweld waarmee hulle God wil roof en wil deel in wie en wat God as Here is.

  • April 23, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ware aanbidding van Hom as Here en God geskep het in en deur sy lyding en opstanding uit die dood. Deur ons in al God se verbondsseëninge te laat deel en in te sluit, maak Christus die aanroep van God gebed en maak Hy mense se aanbiedinge aan God offergawes. Daarmee vernietig Christus alle ruilhandel tussen God en mens. Die Here wys in sy vervulling van God se verbondsondernemings dat mense se geestelike feeste is niks anders as rowersspelonke waar mense God probeer vereer met alles wat hulle van God gebuit en geroof het nie. Hierdie geeste en spirituele feeste van die moderne Christelikheid vandag, is nie eredienste nie: hulle aanroep van God is nie gebede en hulle aanbiedinge aan God is nie offergawes nie. Dit is geestelike geweld waarmee hulle God wil roof en wil deel in wie en wat God as Here is.