Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • August 27, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek is ʼn verwerking en uitbreiding van Martin Luther se preekinleiding: “ʼn Kort handleiding van wat ʼn mens in die evangelie moet soek en verwag”, wat hy in 1521 tydens sy verblyf in Wartburg geskryf het. Jesus Christus is in sy heilswerk: sy geboorte, lyding, kruisiging, sterwe en opstanding, God se gawe aan ons. Hy is nie in sy heilswerk vir ons ʼn voorbeeld van wat ons self moet wees en doen nie. Hierdie onderskeid tussen gawe en voorbeeld wys weer wat die evangelie is. Dit is die inhoud van ons apostoliese geloofsbelydenis, alles wat Jesus doen en wie Hy is. Die wet, al God se gebooie, liefde vir God volgens die groot gebod, gebed, getuienis en die geskiedenis van Israel is nie die evangelie nie. Net wie Christus is en die beloftes wat Hy in die Ou Testament vervul, is die evangelie in die Bybel. Net deur die evangelie, sonder die wet, laat die Here ons heilig en heiliges wees. Almal wat glo of wys hulle is heilig omdat hulle Jesus se voorbeeld volg, is huigelaars.

  • August 27, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek is ʼn verwerking en uitbreiding van Martin Luther se preekinleiding: “ʼn Kort handleiding van wat ʼn mens in die evangelie moet soek en verwag”, wat hy in 1521 tydens sy verblyf in Wartburg geskryf het. Jesus Christus is in sy heilswerk: sy geboorte, lyding, kruisiging, sterwe en opstanding, God se gawe aan ons. Hy is nie in sy heilswerk vir ons ʼn voorbeeld van wat ons self moet wees en doen nie. Hierdie onderskeid tussen gawe en voorbeeld wys weer wat die evangelie is. Dit is die inhoud van ons apostoliese geloofsbelydenis, alles wat Jesus doen en wie Hy is. Die wet, al God se gebooie, liefde vir God volgens die groot gebod, gebed, getuienis en die geskiedenis van Israel is nie die evangelie nie. Net wie Christus is en die beloftes wat Hy in die Ou Testament vervul, is die evangelie in die Bybel. Net deur die evangelie, sonder die wet, laat die Here ons heilig en heiliges wees. Almal wat glo of wys hulle is heilig omdat hulle Jesus se voorbeeld volg, is huigelaars.

  • August 25, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen hulle wat die Here roep om sy gemeentes as leraars te bedien en hulle wat hulle as selfbemagtigde geestelike leiers in die Naam van God wil voorhou. Leraars is hulle wat met die evangelie na lidmate kom en hulle lidmate liefhet as medegelowiges. Geestelike leiers is hulle wat met die krag van God ʼn wêreldwye massa aan hulle geestelike mag wil onderwerp. Die Here rus gemeentes toe met die gawe van gewone leraars om in liefde lidmate met die evangelie te bedien. Dit is die werklike saak wat Paulus in die bekende 1 Korinte 13 aan die orde stel. Hierdie preek was gehou as gedenkdiens vir die werk wat ds. Harm Bonnema as gewone dominee in die gemeente Soutpansberg en Louis Trichardt gedoen het en die lewe wat hy saam met sy gemeentelede geleef het.

  • August 20, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie preek wys op die verskil tussen die nagmaal as teken en die nagmaal as offerfees. Die nagmaal is ʼn teken waarmee die Here ons verseker van ons vereniging met Hom as mens in die hemel waardeur Hy ons insluit in sy liefde as God. Die nagmaal kan nooit ʼn offerfees wees nie. Offerfeeste is wat die Bybel tempelprostitusie noem. Dit is die innigheid met die krag en lewe van God, om deur sy goddelike krag ons sondige begeertes te kan bevredig en met sy goddelike lewe ons begeertes as ware liefde te kan uitleef. Hierdie hoerery met God was die bedreiging van die nagmaalsgebruik in die gemeente Korinte en dit is vandag ook nog steeds binne die moderne Christelikheid die manier waarop hulle nagmaal hou. Hulle hou offerfeeste om deel van God se krag en lewe te word om daarmee hul sondige begeertes te kan bevredig. Met hierdie feestelikhede met God, vermy hulle die oomblik waarin God ons van sy liefde verseker sodat ons met sy gebooie in sy liefde kan leef.

  • August 13, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Derde Reformasie preek. Hierdie preek wys dat Christus se offerdood vir ons sonde ons deel maak van God die Vader se liefde. Die tempel wat die Here bou is die liefde van God die Vader waarin ons tuis is. Vir hierdie liefde gee en doen ons niks nie. Dit skep in ons ʼn wederliefde wat ook niks kry of verdien by God wat Hy nie uit liefde aan ons gee nie. Daarom is die liefde van God vir sy kinders en hulle liefde vir Hom handelsvry. Die moderne Christelikheid maak van God en sy liefde ʼn besigheid. Dit doen hulle deur voor te gee dat die liefde tussen God die Vader en sy kinders werk deur ruilhandel. Op hierdie wyse word hulle God se markagente wat as middelmanne hul eie binnehandel bedryf met alles wat God uit vrye guns en liefde aan sy kinders gee. Christus het deur sy lyding en opstanding al hierdie geestelike bedrywe vernietig sodat sy kinders God handelsvry kan liefhê en aanbid.

  • August 6, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die wyse waarop ons bid word bepaal deur die geloof in Hom tot wie ons bid. Martin Luther het eers geglo God is regverdig om hom aan te kla en te straf sodat hy moet vergoed vir sy sondes. Daarom het hy gebid as skuldige voor God om by God sy skuld met God te verreken. Toe ontdek hy die evangelie dat God reg is om ons nie aan te kla en te straf vir die sondes wat ons doen nie, omdat Christus in ons plek vir ons die aangeklaagde en gestrafte mens was. God laat ons vir Hom en sy liefde reg wees nog voor ons vra. Daarom kon hy, en ons nou ook soos hy, anders bid. Gebed is vir ons deel van ons dankbaarheidslewe, nie die manier waarop ons van die oordeel en straf van ons sonde verlos word nie. Ons glo deur die evangelie in vergifnis en dan bid ons dankbaar volgens die wet om vergifnis. Ons vra God vrymoedig om ons ons oortredings te vergewe omdat ons geen staf of skuld van God verwag nie.

  • July 30, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die wyse waarop die Here ons vergewe is om ons heilig te maak. Hy het mens geword en heilig geleef, maar het sy lewe as offer gegee om as onheilige mens te sterf onder die toorn van God. Hy vergewe ons deur ons in te sluit in sy verdienste sodat ons uit sy verdienste vir God kan leef. Vergifnis is nie boetedoening nie. Boetedoening beteken dat Jesus gesterf het sodat mense in skuld mag leef voor God net solank hulle hul skuld weer regmaak. Christus vergeef ons op so wyse dat ons uit sy verdienste heilig is en nooit weer enige skuld voor God sal hê vir enige sonde van die hede, verlede of toekoms nie. Hy vergewe ons so dat ons liefde met al ons tekortkomings vir God volkome liefde is deur Christus se verdienste. Boetedoening in om by God ʼn kredietkaart te kry met jou naam op waarmee jy tot ʼn sekere limiet skuld mag maak en in skuld mag leef. Heiligmaking beteken dat Christus jou op sy kredietkaart wat nooit skuld op kan hê nie, laat leef.

  • July 2, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. In hierdie preek word gewys dat babas as dissipels van die Here gedoop en geleer moet word. Die twee magsverklarings in Mat. 28: 16 – 20 gaan oor die vervulling van die Dawidsbelofte in 2 Sam. 7: 11 –, “aan my is alle mag gegee” en die Abrahamsbelofte in Eseg. 36: 24, “Ek is met julle”. Christus is met al die mag van sy kruisiging en opstanding God met ons en ons kinders. Daar is nie ʼn ander manier waarop Christus God met ons is, as deur sy kruisiging en opstanding nie. Daar is ook nie seëninge wat Christus ons by insluit buite sy kruisiging en opstanding nie. Babas is ingesluit in die Here se onderneming om God met ons te wees. Hy is met alle mag God met ons en ons kinders. Omdat ouers en kinders met God leef wat met hulle is, is hulle hele lewe van geboorte as dissipelskap. Elke vorm van onderrig van ouers is om kinders te leer om in te pas in die lewe met God.

  • June 25, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud In hierdie preek word gewys dat die ontkenning van God as Skepper en die ontkenning van die mens as God se skepsel gebeur omdat mense glo hulle kan van God ʼn uitbeelding maak. Mense wil God uitbeeld en dan moet God God wees soos mense Hom uitbeeld. Hierdie is ironies genoeg die God wat die goddeloses verwerp sowel as die God wat die geestelikes hulle self mee vereenselwig. Daarom moet hulle of God as Skepper ontken en glo die mens is maar net die produk van natuurkragte, of glo dat God kon nie die mens deur die evolusie van die lewe geskep het nie. Ons as gelowiges ken God as Skepper en kan daarom ook erken dat Hy ons deur die proses van die evolusie van die lewe gemaak het soos Hy ons wou hê terwyl ons terselfdertyd onsself as mense aanvaar wat God as ons Skepper eer, loof en dank.