Filtered by:
Series: MP3 Preke
December 10, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud hierdie preek wys dat die wyse waarop God kinders van God maak is om hulle te verenig met sy Eniggebore Seun. Om ingesluit te word in wie die Eniggebore Seun vandag as mens in die hemel is, is die skeppingsdaad waardeur God mense as sy kinders verwek. Wie ingesluit is in wie die Eniggebore Seun is, is uit God gebore. Vertroue in God is ʼn skepping van God, net soos vertroue van kinders in hulle ouers deur hulle ouers geskep is deur hulle as kinders te verwek. Daarom is Christene kinders van God: hulle is uit God gebore, verwek deur hulle vereniging met wie Christus as mens vir hulle is. Vandag word hierdie karakter van geloof Christene ontsê deur die magshouding van ʼn goddelose gemeenskap dat hulle moet aanvaar dat hulle self besluit en gekies het om te glo soos hulle glo, nes ander godsdienste. Daarom moet Christene verklaar dat hulle glo soos ander glo: hulle maak vir hulle self ʼn god om in te glo. Christene het nie ʼn god met hulle geloof verwek nie. Hulle is uit God self gebore.

December 3, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die verskil binne die Christelike gemeenskap vandag tussen God se spesiale kinders en sy gewone kinders, reeds aangepreek was deur die apostel Johannes in sy eerste brief. Die moderne Christelikheid skep die verskil tussen gewone bekeerde Christene en spesiale godsvervulde Christene. Die geestelike oordeel van hierdie godsvervuldes oor gelowiges is die broederhaat wat Johannes uitwys. Johannes wys dat hulle ervaring van goddelikheid hul in die waan van oorwinning oor hul sondigheid laat leef, hul ervaring van goddelikheid nie die liefde van die wet is nie en dat hul intieme eie wees met God nie kennis van God is nie. Teenoor die gewaande onderskeid van God se spesiale kinders en sy gewone kinders stel die apostel die werklike verskil: die verskil tussen kinders van God en kinders van die Duiwel. Hy wys dat hierdie godsvervulde geestelikes is kinders van die Duiwel, nie God se spesiale kinders nie. Op hierdie wyse bevestig Johannes die onderlinge verbondenheid van gelowiges met Christus en met mekaar as die ware gemeenskap van die kerk. Johannes wys dat vandag se godvervuldes is kinders van die Duiwel.

December 2, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat volgens die getuienis van Johannes lewe lig gee. Lewe gee betekenis en doel, nie andersom nie. Daarom is Christus ons lig. Hy gee vir ons lewe. Hy skep ons lewe as mens en Hy sluit ons in om met Hom die lewe te deel wat Hy as mens in ons plek is, deur sy geboorte op Kersdag. Só laat Hy ons met Hom as God saam leef in sy skepping. Die lewe wat die Here met ons deel gee ons weer ʼn duidelike roeping, taak en diens in sy skepping. Sy lewe as Here met ons in sy skepping laat ons weer ons plek in die skepping vind. Lewe gee lig. In afgodsdiens wil mense hul self tempels vir God maak. Hulle wil aan hul afgod hul lewe gee sodat hierdie afgod sy doel, taak en plek in die lewe van mense sal vind. Christus se koms breek hierdie tempels af. Mense gee nie aan Jesus sy doel, taak en plek in hul lewe nie. Hy gee mense hul doel, taak en plek in die skepping.
November 26, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud. Hierdie preek wys dat Christus is God. Hy is nie goddelik soos die Jode Hom van beskuldig het nie. Dit is juis omdat hy nie goddelik is, dat hulle Hom nie aanvaar nie. Die eer wat mense vir mekaar gee, is om mekaar as mense lief te hê soos hulle God moes liefhê, met hul hele hart, siel, verstand en al hul krag. Daarom het hulle nie hierdie liefde vir God nie, want hulle het dit vir mekaar. Christus sluit ons weer in in die liefde van God sodat ons God se liefde ken en glo. Omdat ons God se liefde ken en glo, kan ons nie die eer wat mense vir mekaar gee, of gee of ontvang nie. Ons gee aan die Seun die eer dat Hy ons insluit in God se liefde en ken mense as ons naaste. Mense soos ons, wat ons as mens liefhet nes soos ons self, nie soos God nie.

November 19, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud. Psalm 102 is die klag en geloofsbelydenis van ʼn jongmens wat God alles laat verloor het en wie sy lewe Hy gebreek het. In hierdie geloofsworsteling met God vind hierdie jongmens weer binne God se verbondsbeloftes. Vind hy dat hy nog steeds mag aanroep met die verwagting dat God sy gebed sal verhoor. In hierdie verlies en pyn ontdek hy weer dat God sorg omdat Hy God is en nie omdat hy vir God sorg nie. Ontdek hy dat God ʼn nuwe toekoms en geloofsgemeenskap uit niks skep nie, dit terwyl alles wat hy doen soos ou klere is wat verslyt. Ontdek hy dat God nie verslyt nie maar vir ewig getrou bly van geslag tot geslag om vir sy kerk goed te wees. Daarom kan hy binne sy verlies en pyn steeds op God vertrou en nie die nuwe gode van die magsbedeling wat hom onderwerp aanvaar en dien nie.
November 12, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud. Hierdie preek wys dat God vir sy kinders ʼn eie waarde skep met ʼn eie diens, eie plek en eie ruimte, al leef hulle onder magte wat hulle van alle eie waarde probeer stroop. God doen dit deur goddeloses se sonde, sowel as die sonde en die gehoorsaamheid van sy kinders te gebruik vir sy bedoeling vir hulle binne sy raadsplan met hulle. God is nie beperk om net sy kinders se gehoorsaamheid te gebruik om sy raadsplanne op aarde uit te voer nie. Daarom mag ons nie in die absolute magte van goddeloses glo asof dit ons lot deur God is of ons eie vroomheid sien as die enigste middel waardeur God sy wil vir ons kan laat geskied nie. Met hierdie geloof sal ons as landbougemeenskap met ʼn eie waarde in God se raadsplan kan koers hou binne die dreigende burgeroorlog waarin “wittes” en “swartes” die landbougrond van landbouers as die slagveld en die landbouers se kinders as kanonvoer vir hulle burgeroorlog opgeëis het.