February 13, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons in Christus en aan sy kerk glo. Dit is hoe ons die evangelie glo. Dit wys in die dubbele betekenis van die woord “liggaam” by Paulus waar dit tegelykertyd beteken die liggaam van Christus as mens in die hemel vandag en die kerk. Ons glo in wie Christus as mens is en aan die kerk wat met Christus verenig is. Die moderne Christelikheid verdraai die evangelie na “ons glo aan Christus en in die kerk. Hulle glo aan Christus as ʼn voorbeeld hoe geestelik hulle soos Jesus kan wees en in die groepe mense wat kamstig God se goddelikheid beliggaam, uitbeeld, uitleef en meedeel aan ander mense.
February 6, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus sy salwing met olie om Here te wees, verander het as ʼn salwing deur sy doop met water. Christus se doop met water is sy salwing om Here te wees. Daarom kan ons nooit soos Jesus gedoop word nie. Ons kan nie soos Hy as die Christus gedoop word nie. Ons word gedoop om te wys dat Christus ons so reg gemaak het dat ons alles kan onderhou wat God ons beveel. Ons onderhou alles wat God ons beveel as mense wat reg en heilig gemaak is.

January 30, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe God ons in ʼn vyandige openbare lewe instuur om Hom te dien, terwyl Hy self vir ons die uitkomste uit die gevare en bedreigings in ʼn vyandige openbare gemeenskap bewerk. Dit wys hoe goddelose predikante en pastore ons verlei om Christus as lewende Here te verloën om onsself teen vyandigheid en gevare uit die openbare gemeenskap te beveilig. Dit wys ook hoe Christus van hierdie geestelikes, hul byeenkomste en ondersteuners wyk om sonder hulle voort te gaan om Here van sy kerk te wees.

January 23, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here Jesus die lewende God is aan wie alle oorlog, botsings en konflik behoort. Hy beskik en bestuur dit alles om vir sy kerk die rus en veiligheid binne al die magte van hierdie wêreld te gee om Hom te aanbid. Die lewende God het een klip wat Dawid gegooi het in die geloof in die Here, gebruik om die Filistyne weermag te breek. In ons geloof in die lewende Here Jesus Christus sien ons die botsing van magte in die wêreld as dié van goddeloses teen die lewende God en sy kerk. Ons staar onsself nie blind teen die magte van die wêreld wat ons sien nie. Die Here oefen ons van kleinsaf in die vertroue dat ons Hom kan dien omdat Hy ons red uit die magte van hierdie wêreld.

January 16, 2022
Series: MP3 Preke
Inhoud. Biddag vir oorvloedige reën. Hierdie preek wys uit Ps. 104 dat God sy hele skepping met oorvloed van water, kos en tuistes versorg. God voorsien meer as genoeg deur wisselende uitermatighede soos donkerte en lig, te veel en te min water. Goddeloses eer God nie hiervoor nie maar wil net alles hê soos wat hulle planne en onmiddellike behoeftes loop. Daarom verklaar hulle sommer wat is te veel en te min en blameer God as Een wat chaos in hul lewe veroorsaak. Vandag wil mense aardverwarming beheer asof hulle daardeur God se wisselende uitermatighede waarmee Hy alles versorg onder hulle beheer kan bring. Ons loof God met sy hele skepping vir die oorvloed wat Hy skep deur al die uiterstes van sy skepping.