Filtered by:
Series: Preke manuskripte
April 22, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die vrug van die Gees wat die deugdes is waarmee ons God se wet gehoorsaam en die ondeugdes wat die deugdes van die gees ʼn magsvertoon van God se goddelike lewe en goddelike krag binne mense maak. Dit wys dat die moderne Christelikheid dit wat die Woord van God noem “om te swig voor die begeertes van jou sondige natuur”, aan die kerk voorhou asof dit die nuwe Christelike lewe sou wees. Hulle preek die gees van afgodsdiens en maak Jesus die afgod wat in Pinkstertyd mense met goddelike krag bemagtig, terwyl Christus die Here is wat aan ons die Gees gee wat ons met die vrug vervul waarmee ons God se wet kan gehoorsaam. Hulle laat mense swig voor hulle sondige natuur in die bygeloof dat dit ʼn beter en kragtiger manier is as om God deur die vrug van sy Gees te gehoorsaam.
April 19, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat God ons in sy voorsienigheid vir Homself meer laat wees as wat ons van ons self kan aanvoel, bedink of van kan glo. In God se verbondstrou laat Hy ons wees wie Hy ons voor geskep het. Daarom is ons ook meer as net hierdie lewe tot en met ons dood. Want God laat ons meer wees as net hierdie lewe. Christus se heilswerk is die wyse waarop God ons ook meer en anders vir Hom laat wees as wat ons onsself maak deur ons sonde. Selfmoord kan nie die meerwaarde wat God ons gee vernietig nie. Ons kan ook nie met selfmoord ons buite God se liefde stel nie, want ons leef in God se liefde deur dit wat Christus elke dag, die hele dag vir ons is en doen, en ook aanhou doen terwyl ons selfmoord pleeg.
April 15, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus die verbondsbeloftes van God vir ons waarmaak sodat God God met ons en ons sy kinders met Hom kan wees. (Esegiël 36: 24 – 30) Christus laat ons met God saamleef as ons liefdevolle, goeie, barmhartige, genade en lankmoedige Vader. Daarom gee Christus nie vir ons geestelike goed nie. Hy laat ons met God saamleef in sy liefde. Hierdie saamleef met God in sy liefde, noem Paulus “wandel deur die Gees.” Deur met ons te wandel en ons met Hom te laat wandel, breek God in ons, ons verdraaide deugdes en skep Hy in ons die vrug van sy Gees. So vervul God in Christus vir ons die verbondsonderneming dat Hy ons kliphart uit ons sal uithaal en in ons ʼn nuwe hart sal gee. God rus ons nie toe vir ons eie geestelike staptogte met geestelike goed nie. Hy wandel met ons en laat ons met Hom wandel in sy liefde.
April 8, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat mense mekaar verontmenslik net soos hulle God ontheilig. Dit doen hulle deurdat hulle God die bedoeling van God vir mense te verdraai sodat mense hulle self moet vind en moet leef binne mense se verdraaide opvattings. Wie God se bedoeling as God verdraai sodat God aan mense behoort en mense nie aan God behoort nie, verdraai ook mense se bedoeling om aan God te behoort op so manier dat mense mekaar besit. Met hierdie verdraaiing regverdig mense hulle sondige geaardheid asof dit hulle goeie geaardheid sou wees. Christus verbeek hierdie verdraaiing in ons deur ons in wie Hy as mens is in te sluit en só weer binne God se bedoeling met ons te laat leef. In hierdie vereniging met Christus skep die Heilige Gees in ons die gewone menslike deugdes waarmee ons mense aanvaar en ag binne met die bedoeling wat God vir hulle as mense het.
March 30, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons losgekoop het uit ʼn lewenswyse waarin ons met verdraaide bedoelings met God leef. Christus het nie net ons skuld kom afskryf soos arbeiders se skuld deur hulle werkgewers afgeskryf word nie. Hy het arbeiders losgekoop uit ʼn lewenswyse om God se arbeiders te wees, dat God hulle as kinders aan neem. Die preek wys dat wanneer God ons aanneem, vernader Hy ons lewenswyse van God se arbeiders na God se kinders toe, maar wanneer mense God as hulle God aanneem, is dit niks anders as arbeiders wat hul werkgewer kaap om hulle werknemer te wees nie. Christus het nie met sy kruisiging op Goeie Vrydag, God vir sondaars gekaap nie. Christus het met sy kruisiging op Goeie Vrydag sondaars God se kinders gemaak.
March 25, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die opvatting dat mense met goeie bedoelings sukkel met God se wet, omdat God se wet so moeilik sou wees om te gehoorsaam, is ʼn waanbeeld. Om God se wet te gehoorsaam is makliker as om in sonde te leef. Wat God se wet moeilik maak, is mense se verdraaide opvattings, hulle verdraaiing van God se bedoeling met hulle as mense. Afgodsdiens is om die bedoeling van God met mense om te draai. God maak mense om aan Hom te behoort, Hom te dien, te wees soos wat Hy hulle as mense gemaak het om mens te wees, en met Hom in sy liefde te leef. Afgodsdiens verdraai hierdie bedoeling van God sodat mense maak dat God aan hulle behoort, God hulle begeertes dien en hulle God in hulle lewe uitbeeld soos hulle God wil laat wees. Hierdie verdraaide bedoeling met God is minagting vir God. Mense hou hulle minagting vir God voor as hulle goeie bedoelings met God. Christus het gekom om mense te verlos van hulle sondige geaardheid om God se bedoelings te verdraai asof dit hulle goeie bedoelings met God is.
March 11, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat God nie soos die afgode van mense ʼn afgod van die verlede is nie. God is nie mense se mite van God en wat Hy as Skepper doen, is nie mense se legendes oor God nie. Hy is die Skepper wat alles laat gebeur soos Hy dit wil laat gebeur. Daarom maak God vir sy kerk paaie deur watermassas en woestyne om ʼn toekoms saam met God in sy skepping te hê. Daarom is dit goddeloos om te glo dat wat in die wêreld gebeur, gebeur volgens die mag van mense en die mag van die natuur op so ʼn wyse dat mense bevange is in hierdie magte. Dit is hoe afgode opgemaak word. Hulle moet aan alles wat volgens die mag van mense en die natuur gebeur, dieper betekenis gee. So word God die God van menslike ervarings en betekenisvolle lewens, maar kan Hy niks doen wat gebeur nie. God is nie ʼn god van die verlede nie, nie mense se storie van en oor God nie. Hy skep deur sy skeppingskrag vir sy volk paaie deur menslike en natuurkragte heen sodat hulle met Hom ʼn toekoms in sy skepping het.
March 4, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Hierdie preek wys die verskil uit tussen God die Vader en God as vaderfiguur. Christus maak sy Vader bekend as ons Vader deur die prys vir ons sondes te betaal volgens die opdrag van God die Vader. Christus maak ons kinders van sy Vader deur ons in te sluit en te laat deel in wie Hy as offer vir ons sondes was. Geestelikes wil nie God die Vader as hul Vader ken nie. Hulle wil van God die vaderfiguur maak wat moet pa-staan vir hulle sondes en geestelikheid. Hulle maak dat God pa-staan vir hul bekering. God moet hul berou oor sondes, hul onderneming om nie sonde te doen nie en hul belofte om volgens God se wil te leef, goedmaak en goedpraat as die wyse waarop hulle God hul vaderfiguur gemaak het. Die Here noem hierdie vaderfiguur die leuen van die duiwel en hulle wie van God ʼn vaderfiguur maak deur hulle geestelikheid, kinders van die duiwel. Hierdie kinders van die duiwel aanvaar ook nie die doop met water vandag as teken dat Christus met die Gees doop nie. Hulle maak die doop en ander waterspeletjies teken van hoe jy God jou vaderfiguur gemaak het deur jouself ʼn kind van God te maak met jou geestelikheid.
February 25, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here die liefde van hierdie wêreld vir Hom veroordeel en verwerp. God laat Hom verheerlik deur die liefde van sy kerk, nie die liefde van hierdie wêreld vir God nie. God beklee sy kerk met die heiligheid en regverdigheid van Jesus as mens sodat sy kerk se dade vir Hom regverdige dade is. Daarom is die Here vir die wêreld die Regter wat hulle klaar veroordeel het en met sy wederkoms sal bymekaar maak om hul vonnis uit te dien. Vir die Kerk is die Here die bruidegom wat vir hulle ʼn bruilofsmaal voorberei het. Hy sal Hom deur hulle liefde laat verheerlik en saam met hulle in hierdie liefde vir ewig lewe. Daarmee verwerp God die magshouding van hierdie wêreld dat hulle God die God van hul kragtigheid en magtigheid kan maak deur Hom te verneder as net nog ʼn afgod van mense. God is nie die god wat mense laat voel en laat lyk soos god nie.