Filtered by:
Series: Preke manuskripte
February 18, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die die kerk as die vrou wat straal deur die liefde van die Here en die duiwel se sedelose vrou, die prostituut wat blink wat uiterlike mag, wat hierdie sondige wêreld is. Die Here het reg en geregtigheid vir sy vrou laat geskied deur alle sonde en klagtes teen haar in een dag met sy oordeel en dood in haar plek finaal af te handel. Daardeur is die duiwel se mag in die hemel verbreek om gelowiges in ʼn staat van beskuldiging te hou. Hy wil gelowiges in ʼn staat van beskuldiging hou om sy vrou se sedeloosheid as ware liefde te regverdig en die Here se kerk se liefde te krenk. Die Here laat deur sy liefde sy kerk bo hierdie staat van beskuldiging uitstyg. Hy laat ook die woede van die gemeenskap wat die duiwel deur hierdie staat van beskuldiging teen die kerk opbou, versand in die werklikheid van die lewe wat God laat gebeur.
February 11, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die dier uit die aarde in Openbaring 13 is dierlike godsdiens. Afgodsdiens is altyd dierlike godsdiens want dit wil God nie liefhê nie, maar God se krag, mag, planne en wil mense se eie krag, mag, planne en wil maak. Die mag van die Bose vir hierdie dierlike godsdiens is pastore, predikante en priesters. Hulle mag is altyd om magtige gemeenskapsleiers se magtigheid te verteenwoordig. Hulle kan herken word as geestelikes wat soos Jesus wil lyk maar soos die duiwel praat as hulle preek: hulle probeer Jesus se liefde uitbeeld maar praat altyd oor goddelike krag en mag. Hierdie geestelikes verplig mense om die merk van die dier te dra: om te leef en te dink soos die dierlike magtiges dit wil hê. Hiervoor maak hulle geestelike magsbeelde op wat hulle met herlewings lewendig maak en met wonders mense van oortuig. Gelowiges leef en dink volgens die liefde van die Vader en Seun en ken hierdie dierlike godsdiens altyd as die mag van die Bose, nie as godsdiens nie.
February 4, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys wat die is mag van die Bose, die duiwel, volgens Openbaring 13. Die mag van die Bose is die dierlikheid van die mens. Die dierlikheid is die brutale geweld waarmee die goddelose ander mense verniel, verskeur en verslind om hulle aan hul sondige drifte te onderwerp. Die mag vir hierdie brutale geweld is die gesagsinstellings van die gemeenskap en die gesagsposisies van hierdie gesagsinstellings van die gemeenskap. Goddeloses neem hierdie posisies in en maak dit die wyse waarop hulle mense verniel, verskeur en verslind deur en vir hul sondige drifte. Christus is die Here wat hierdie instellings en posisies skep en laat werk as God, maar die Bose hou dit voor as magte wat hy gee om sondigheid as lewenswyse in die openbare gemeenskap mee kan afdwing. Gelowiges glo nie in hierdie magte nie, maar bly toegewyd aan die Here wat hierdie gesag en ampte skep en bestuur. Hulle verduur hierdie geweld omdat hulle met die werklikheid van die lewe besig is saam met die Here.

January 28, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat met Christus se wederkoms Hy self alle mense wat klaar veroordeel is, sal inbring vir die uitdiening van hul vonnis: om ewig godverlate te wees. Christus se veroordeling vir sondaars onder Pontius Pilatus was die hofsaak van God teen sondaars gewees. Daarom sal almal wat ingesluit is in Christus se veroordeling in hulle plek, nooit veroordeel word nie. Hulle wat nie in Christus ingesluit is nie, is daarom klaar veroordeel. Christus het die mag om almal wat klaar veroordeel is, met sy wederkoms byeen te bring vir die uitdien van God se vonnis oor hulle. Die doop is ʼn teken dat ons gewas is in die bloed van Christus, nooit veroordeel sal word nie en dat ons name in die boek van die lewe geskryf is. Die doop kan nie ʼn teken wees dat jou dade opgeteken word in die groot boeke van die voltrekking van die oordeel nie of dat daar vir jou nog ʼn hofsaak tussen jou en God wag nie.
January 21, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe is Christus volgens die boek Openbaring die Leeu en die Lam. Hy is vir die konings van al die goddelose nasies, tale, stamme en volkere, die Leeu wat hulle met sy mag as Skepper verniel en verskeur. Hy is vir sy kerk uit alle nasies, tale, stamme en volkere, die Paaslam wat vir hulle sondes geslag is sodat hulle altyd in God se liefde kan leef. Christus is die Here wat die geskiedenis van volke, nasies, stamme en tale ontvou. Hy laat die toekoms waarop Hy besluit het, gebeur as elke dag se geskiedenis. Daarom verskrik Hy goddeloses in wat Hy laat gebeur met sy mag, maar terselfdertyd skep Hy vir kerk elke keer weer die teenwoordigheid van God in sy liefde. Die preek wys ook hoe geestelikes Christus probeer voorhou as die Leeu wat sy kerk verskeur en die Lam wat met die goddeloses probeer vrede maak en versoen.

January 14, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons as mens in elke deel van ons menswees breekbaar is. Ons is liggaamlik, sielkundig en geestelik breekbaar. Dit wys Paulus deur ons te vergelyk met kleipotte wat maklik breek. Die krag wat ons deur al die swaarkry van die lewe behoue laat bly is God. Dit doen God omdat ons hierdie skat dra dat Hy ons insluit en laat deel in die lewe en sterwe van Christus as mens. Christus se lewe as mens in die hemel gee waarde aan ons menslike lewe. Dit maak dat God ons as houer vir sy skat gebruik en ons met die sorg hanteer om sy skat te bewaar. Dit verbind ons tot ʼn nuwe lewe van glo en doen, in plaas van moedeloos word oor die terugslae van die lewe. Ons is nie kunsvase wat bokant die terugslae van die lewe verhewe is of ysterpotte wat die krag het om self deur die terugslae van die wêreld te kom nie. God is ons eienaar wat vir ons sorg en ons vir Hom in sy diens behoue laat bly.
January 7, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges die gesag van owerhede erken, nie soos regerings hul self sien of in hul self glo nie, maar soos Christus die Here is. Christus is die Here wat die kerk deur die evangelie regeer. Daarom laat die Here nie toe dat die sonde van sy kinders keer dat Hy vir hulle lief is en vir hulle goed is nie. Hy het self hul sondes op Hom geneem sodat niks hulle van God se liefde en goedheid kan skei nie. Die wyse waarop Christus die Here is van wêreldse owerhede maak dat gelowiges die gesag van owerhede aanvaar as ʼn gewetensaak teenoor Christus as Here. Christus gebruik hulle met hul sonde as sy dienaars tot beswil van sy kinders. Hulle wie glo dat Christus hulle aan sy mag onderwerp het, kan nooit die gesag van heidense regerings aanvaar as ʼn gewetensaak teenoor Christus as Here nie. Hulle beveg die regerings as onwettige en onregmatige owerhede in die Naam van God of onderwerp hulle net deur die dwang van hierdie regerings sonder om hul gesag te erken.